Hy beweeg vooruit, Hy is al klaar daar

Die Here, die Almagtige, sê: “Bring al die tiendes na die stoorkamers sodat daar genoeg kos in my tempel kan wees. Toets My hierin of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak nie. Ek sal voorspoed op julle laat reën wat meer as genoeg vir julle sal wees!” ‭‭M3:10

My liefling Hemelse Man het een oggend vir my gesê om Hom te prys oor my kind se skool borgvorm wat nog nie in gegee kan word nie. Later toe is die vorige jaar se agterstalige skoolvervoer geld afgeskryf. En Wow daar het my Man voor my uit beweeg sonder dat ek dit weet.

Daardie selfde aand toe sê my kind se pa hy gaan my nie die bedrag kan gee wat hy gesê het hy sal gee nie, dat hy vir die maand net 'n 3de daarvan kan gee maar ek vertrou my Liefling Man want ek weet Hy sal voor my uit gaan en my las ligter maak.

SY NAAM KRY ALL DIE GLORIE.

Liefste bruid gee net alles oor vir jou Hemelse Man, Hy sal voorsien in als. Wanneer daar nog nie genoeg is om alles te kan betaal nie, gee nog steeds jou tiende aan jou stoorkamer, Vertrou Hom in alles, Hy sal voor ons uitgaan.

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. ‭‭J29:11

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Hy beweeg vooruit, Hy is al klaar daar”

  1. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis deel kosbare Kristy, dit laat my dink aan hierdie pragtige belofte:
    Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel. J45:2-3 https://www.bible.com/af/bible/5/ISA.45.2-3.AFR53
    Net gister toe sê ek vir iemand om ons tiende te betaal is om God met al ons finansies te vertrou, want dit behoort in elk geval alles aan Hom.
    Meer oor ons verskerings beskerming wanneer ons, ons tiendes betaal: https://uiteindelikhoop.com/kursus/k2/d10/

  2. Dankie Kristy, dit is so belangrik om ons Hemelse Man altyd eerste in ons finansies te hou en gehoorsaam te bly aan die beginsel van tiendes en gee uit gebrek. Toe my reis begin het, het ek niks gehad nie, net die geld wat my voormalige man uit die skikking betaal het. Maar daaruit het ek begin tiendes gee, en stadig maar seker het Hy vir my geleenthede oopgemaak om geld te verdien om my rekeninge te betaal. En alhoewel dit aan die begin net baba treetjies was, het ek en die kinders altyd gehad wat ons nodig gehad het, Hy het altyd op wonderbaarlike wyses voorsien. En so sal Hy ook vir jou voorsien.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui