My Doop Getuienis

Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel.‭‭E36:25-27‬‬

‬‬Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop.Toe Paulus sy hande op hulle sit, het die Heilige Gees op hulle gekom en hulle het in ander tale gepraat en geprofeteer.H19:5-6

Almal wat deur die doop met Christus één geword het, se lewe word nou heeltemal deur Christus bepaal.G3:27

Vandat ek al die waarheid geleer het in die Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel boek, en al die lesse wat ek by RMI gedoen het wou ek so graag groot gedoop word.

Ek en 'n eVennoot het dit 'n saak van gebed gemaak en ja die tyd was nog nie reg gewees nie, so het weke en maande verby gegaan.

In die nuwe jaar het die Here al meer met my gewerk op verskillende plekke in my lewe. Stap vir stap het Hy my gereed gemaak om gedoop te word en my meer gevorm soos klei.

Maar daar was nog 1 ding wat in die pad gestaan het, ja dit was rook wat my nog geblok het van so baie. En die Here het my gehelp om op die reis te gaan van verlossing van rook. Wat ek laas week gedeel het.

Maandag oggend die 4de het die Here weer met my gepraat en gewerk, ek het die Here gevra vat als Here en vir die Here gesê ek wil 'n nuut gebore wees en dat Hy my ou self moet doodmaak en my 'n nuwe gebore laat word in Hom. So later die middag bring die Here doop onder my aandag.

So het ek 2 mense se nommer gekry. Ek sê toe by myself as dit die Here se wil is sal ek die naweek gedoop word. Dinsdag oggend het ek dit weer gesê voor ek die 2 mense gekontak het.

En so het als by mekaar gekom en in plek begin val. Die pastoor het my laat weet dat ek sondag die 10de gedoop kan word.

10 Maart Sondag oggend is ek en my meisie kind gedoop. Ek weet die Here en die Heilige Gees was by gewees. Elke siekte en seer is genees. Elke slegte gees en vloeke is van ons as gesin afgebreek.

Die doop was vir my meer as net n doop. Is my en die Here se datum,Ek is sy bruid. Is skoon gewas en weer reinig gemaak deur die Here en die heilige gees. Ek lewe n nuwe lewe saam met Hom. En ek wil doen wat hy wil he ek moet doen en om vir hom te werk. Ek wil gevul wees met als van Hom en wees soos wat Hy wil he ek moet wees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “My Doop Getuienis”

  1. Dankie liefste Kristy dat jy jou getuienis gedeel het. Ek het dit ook in my Geliefde se hande gelos, en Hy het dit so skielik laat gebeur. Dit is so spesiaal dat jy dogter ook saam met jou gedoop is! Dit is die begin van ‘n nuwe lewe saam met jou Hemelse Man, die ou dinge is verby!

    ‘Broers, ek reken nie dat ek dit self reeds my eie gemaak het nie, maar een ding doen ek: Ek vergeet die dinge wat agter is, en strek my uit na wat voorlê. ‘

    Filippense 3:13
    https://www.bible.com/bible/3499/PHP.3.13

  2. Kosbare Kirsty. Dis sò mooi getuie. Jy èn jou dogter! Groot doop is iets waaraan ek ook begin dink het (ek was klein gedoop) maar ek weet nou dat ek met my Hemelse Man daaroor moet gesels en dat Hy my die pad sal wys. Dankie dat jy dit gedeel het!

  3. Dankie dat jy jou getuienis met ons deel kosbare Kristy en hoe ons kosbare Here jou gelei het om gedoop te word, dis baie spesiaal.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui