Ons Bitterheid Sal Verdwyn…

"As iemand lelik teenoor jou optree, moet jy nie op jou beurt lelik wees nie. Hou jou skerp tong in, al beledig iemand jou. God het julle die spesiale opdrag gegee om liewer mooi te praat van ander mense en om God te vra om vir hulle goed te wees. As julle dit doen, sal julle ook van God al die goeie dinge kry wat Hy beloof het." 1P3:9 (Boodskap Bybel)

Terwyl ek die les "Restore Your Relationships" - Hoofstuk 9 gelees het, het hierdie gedeelte vir my uitgestaan, omdat soveel van ons met bitterheid loop, wat ons nie eens veronderstel is om saam met ons te dra nie (ons kan so maklik bitterheid in ons harte laat kom en as jy voel ek praat met jou, weet net ek praat met myself ook):

Verlang om jou genadig te wees. “Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.” (Jes. 30:18). Nie net seën God jou wanneer jy jou vyand seën nie, maar die wonderlikste verskynsel is dat enige seer of woede of bitterheid onmiddellik, ja, dadelik weg is. Net onlangs het ek gevind dat die oomblik wat ek besluit om daardie persoon te seën, vreugde my hart oorneem! Wat 'n manier om te lewe!

Wow, hierdie gedeelte het vandag so met my gepraat, deur jou vyand te seën, verdwyn enige seer of woede of bitterheid onmiddellik en ek glo jy wil ook nie met enige bitterheid loop nie, ek wil beslis nie en ek wil beslis ook hê dat vreugde my hart moet oorneem en ek glo dat jy dit ook wil hê.

Kosbare liefste bruid kom ons maak 'n punt daarvan om juis die mense wat teenoor ons verkeerd optree te seën, want ek weet almal van ons wil deur ons kosbare Here geseën word en kom ons doen dit nie net om geseën te word nie, maar juis omdat ons Hom ongelooflik lief het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Ons Bitterheid Sal Verdwyn…”

  1. Dankie Janine, dit was ‘n moeilike konsep aan die begin, maar ek het ‘n punt daarvan gemaak om dit te begin doen, en dit werk. Dit maak mens se hart sag en vat die bitterheid weg. Dit is nie altyd maklik nie, maar ons kan ons Geliefde vra om ons te help, en Hy sal.

    1. Ja kosbare Adina, ek stem saam met jou en ek moet erken vir my is dit moeilik want dis so in ons menslike natuur om nie ons vyande te wil seën nie, maar met ons kosbare Here se hulp kan ons dit doen.

  2. Kosbare Janine. Dankie dat jy hierdie gedeel het.
    Ek het nooit besef met watter bitterheid ek rondloop nie. Veral omdat ek dit nie gewys het nie, en omdat ek dit nie gewys het nie, het ek gedink ek het vergewe, maar ek het nie.
    My hart was nog vol bitterheid en onvergifnis.
    Ek moes dit vir my Hemelse Man gee en Hom vra om my daardeur te help en te lei, want net HY KAN!
    En jy is reg, die vrede kom dadelik!
    Hoe dankbaar is ek nie teenoor my God dat Hy al hierdie dinge wat in my pad staan aan my openbaar èn my ‘n uitkoms gee nie.
    Nèt by Hom kan jy die vrede en vreugde ervaar!

    1. Dankie dat jy jou pragtige getuienis nou met ons deel kosbare Betty, want ja Hy kan ons help en dis net by Hom wat ons dan daardie vrede en vreugde ervaar wat Hy vir ons in stoor het. En vir my is dit onbeskryflik op watste reis Hy ons vat en aan ons openbaar wat tussen ons en Hom staan, juis omdat Hy ons so verskriklik baie lief het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui