Opgewonde

Vandag begin ek weer werk. Dit is absoluut God en genade van Bo want uit my eie sou ek dit nooit kon doen nie.
Dit het vir my gevoel of die vyand my die laaste maand en 'n half meer aangeval het as ooit tevore en ek het heeltemal geval daarvoor.
Ek het my AM en my kinders aangeval soos ek nie gedink het ek kon nie. Ek het tot so ver gegaan om God te begin bevraagteken. Wat 'n groot fout was dit nie!
Deur die loof van die naweek het Hy 2 dinge vir my uitgewys wat my hart in stukke gelos het.
'n Eenvoudige boodskappie van 'n vriendin ... Hoe jy ander laat voel sê baie van jouself ... dit het my so diep geraak en ek het besef hoe ek my AM en my kinders moes laat voel het.
En toe weer uit Sy Woord ... Moet die Here jou God nie beproef nie .... Dit was duidelik 'n persoonlike boodskap vir my want al wat ek die laaste ruk gedoen het was om Hom te beproef ... Dit het my geruk.
Vanoggend kan ek met 'n dankbare hart my lof plaas omdat ek Sy stem agter my gehoor het en omdat Hy my nie gelos het dat die duiwel oorhand kry nie, Hy het my weereens kom haal waar ek is en bo dit alles my weer opgewonde gemaak oor Hom en Sy groot genade en liefde vir ons!
Dankie my Here!

Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. M4:7

Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” J30:21

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Opgewonde”

  1. WOW! Hoe wonderlik is God nie, dat Hy jou terug na Hom toe gedraai het deur 9 woorde “Hoe jy ander laat voel sê baie van jouself” Weereens vanoggend besef ek hoe die Here in wonderlike maniere werk, en dat Hy op sy regte tyd dinge sal laat gebeur. Ek is saam jou opgewonde, die Here het vir jou die pad gewys, maak nie saak hoe ver heen ons is of hoe seer ons het nie – Hy is ALTYD daar!

  2. Dankie dat jy gedeel het Betty, my HM het my ook al so baie dinge oor myself gewys, gewoonlik deur ‘n vers wat in my gedagtes opkom. Baie keer wou ek iets se of doen en dan net voor ek reageer, kom die vers by my op en stop my om enigiets uit die vlees te doen. Ons HM sit ons voorwaar op die Pottebaker se wiel gedurende hierdie reis en vorm en verander ons heeltemal.

  3. Ek is so dankbaar kosbare Betty vir jou werk, ons wonderlike Here voorsien beslis. Ek ek is so dankbaar dat die Here ons so mooi sagkens ons foute wys, die Here het ons so ongelooflik lief en daarom los Hy ons nie net waar ons is nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui