LL Week 24 “n Vreugdevolle Hart”

“Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs? Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die HERE en teen sy gesalfde . . . Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle” (Ps. 2:1-4). 

Verlede week het ek my tevredenheid gedeel om nooit uit te gaan nie, en te verkies om eerder by die huis te bly. Soos altyd het ek die weeklikse boodskap ‘n paar weke vooruit geskryf, so toe ek dit weer lees voordat ek dit plaas, moes ek weer lag omdat ek nog onlangs omtrent elke dag uitgegaan het. En toe ek besef, dat ek gelag het, het ek die openings vers hier bo onthou. Ek het nie dit alles onthou nie, net “Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit.” Is dit nie lekker om te weet dat wanneer jy lag, is Hy daar en lag saam ons? Hopelik, maak dit jou hart lig en ander tye maak dit jou voel asof jou hart net kan bars dit is so vol vreugde!

‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput” (Spr. 17:22). 

Nadat ek hieroor nagedink het, het ek gelees hoe die vers begin (die deel wat ek nie uitgelig het nie). Ek het onlangs baie oor daardie gedeelte gemediteer omdat dit my vertroosting bring en moontlik nog ‘n ander rede is hoekom my HM my dit laat vind het vir hierdie weeklikse boodskap omdat Hy op daardie manier so oulik is om seker te maak daar is die waarheid wat ek saam my kan dra. 

Alhoewel ek selfs nie elke dag my “beste” voel nie, nietemin, stel Hy uitstappies op, baie wat my kleinseuns insluit, aangesien ons nou almal saam in ons groot huis bly. “En Hy het vir my gesê, “Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak mis is ek sterk.” (2 Korintiërs 12:9-10). “En uiteindelik het Hy het vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle werking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk.”

Of my uitgaan as gevolg was van Hom wat wil hê dat ek my uiterste tevredenheid met my dorings of swakhede deel of omdat dit op die ” aangestelde tyd” was vir my om nie langer ‘n huishen te bly nie. Een ding is seker—Hy sal nie misluk om Sy beloftes te hou nie. So vandag, neem vertroosting in hierdie waarheid liewe bruid.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!