KOSBARE BEMINDE OUER EN KIND – 5 OKTOBER

“U geregtigheid het ek nie vir myself gehou nie; ek het vertel van u trou en van u reddende mag. In die groot vergadering het ek nie geswyg oor u goedheid en getrouheid nie” (Ps. 40:11).

Oktober

My Beminde Kind – Oktober

Kosbare ouer en kind moenie versuim om dit te deel wat ons wonderlike Here vir jou gedoen het nie. Moenie eers wag vir iets groter om te gebeur voor jy dit sal deel nie. Loof en prys die Here nou saam met my, want Hy verdien al ons lof en eer.

Here ek loof en prys U dat U elke sekonde saam met my die pad stap, ek loof en prys U vir U voorsiening in my lewe, ek loof en prys U dat U my nie los nie, U loof en prys U vir al U liefde, ek loof en prys U vir al U genade, ek loof en prys U vir die voorreg om U deel van my lewe te kan hê en dat U op so baie manier met my praat en vir my leiding gee, ek loof en prys U vir vrede en vreugde wat all verstand te bowe gaan, ek loof en prys U dat U my nie net so los nie, dan ek die klei is in die Pottebakker se hande.

Ek het U ongelooflik baie lief my Liefling Here.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui