‘N SKIELIKE KRISIS

Het jy jouself in ‘n skielike krisis bevind?

Of vind jy dat jy neerslagtig is, baie huil en net depressief is? Ons hoop hierdie bladsy sal jou leer hoe om gelei te word langs “stille waters” waar die Here jou “siel kan herstel”.

Krisis Hoekie

Toe my aardse man jare gelede besluit het om my te los, het ek ongelooflik baie gehuil, so baie dat my werk my vir berading gestuur het, wat natuurlik nie gehelp het nie, want al wat ek wou hê was my man, maar vandag besef ek dat ek meer van die Here nodig gehad het!

Liewe vriendin, as jy seer het, as jy uitmekaar val, as jy geskud is of bewe, dan benodig jy eenvoudig meer van Hom.

Ewige Liefde

Ek het die laaste tyd genoem dat dit voel of ek in 'n storm is, want dinge rondom my loop net verkeerd en boonop gaan ons blyplek soekery nie soos wat ek sou wou hê dit moet gaan nie (want ek wou al teen hierdie tyd net rustig 'n blyplek gehad het waarheen ons moet trek), toe 'n kosbare vriendin my herinner aan die visioen wat ek jare gelede juis in 'n storm tydperk van die Here afgekry het. Onthou die Here is besig, Hy is die Een wat die storm sal stil maak.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui