1 ||2 ||3 | 4 ||5 | 6 | 7

8 |  9  |10 ||11 |12 |13

14  |15 | 16 |17 |18 |19

20 |21 |22 | 23 | 24 |25

26  |27 |28 |29 | 30 |31

1 Oktober

“Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sal daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem” (Ps. 40:6).

Beminde, wat repeteer jy in jou gedagtes? Wat oordink jy? Neem jy elke gedagte gevange om dit aan God gehoorsaam te maak? Dink jy aan die dinge wat rein en mooi is? Of repeteer jy die seerkry van die verlede en foute wat jy in die verlede gemaak het? Dink jy oor en oor in jou kop aan die planne van die bose wat iemand met astrante hoogmoed verklaar het? Repeteer jy die bekommernisse en dreigemente wat vir jou gesĂȘ was. 

Beminde, daar is so baie wonders wat die Here alreeds vir jou gedoen het! Waarom repeteer, oordink en verklaar jy nie hierdie dinge nie? Het jy ‘n plek om die dinge neer te skryf sodat die vyand dit nie in tye van wanhoop kan steel nie? Skryf hulle nou neer.  Is daar nie ontelbare wonders wat Hy alreeds om jou onthalwe bewerk het nie? Skryf nou al die gedagtes neer wat die Here teenoor jou het, die beloftes wat Hy vir jou in Sy Woord gegee het. Skryf hulle neer en lees hulle dwarsdeur die dag, elke dag.

Beminde, vertel vir God hoe goed Hy is vir alles wat Hy vir jou gedoen het. En elke seĂ«n, elke wonder wat Hy doen, voeg dit by jou lys.  Binnekort, o so binnekort, sal hulle te veel wees vir jou om te tel. Hy verheug daarin om jou te seĂ«n en lief te wees vir jou. Gee Hom plek in jou hart—Hy hunker daarna om jou te seĂ«n. Begin vandag om jou seĂ«ninge een vir een te tel en wys ander deur jou vreugde wat God alreeds gedoen het.


🎈1 Oktober

“Groot dinge het U gedoen, Here my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.” (Ps. 40:6).

Geliefde kind, wat repeteer jy in jou gedagtes? Waaroor mediteer jy? Dink jy aan die dinge wat rein en lieflik is? Of oefen jy vorige seerkry, vorige foute wat jy gemaak het? Dink jy oor en oor in jou kop aan die goddelose dinge wat iemand gebruik het om jou bang te maak? Herhaal jy die bekommernisse en dreigemente wat met jou gepraat word?

Geliefde kind, daar is soveel wonders wat die Here reeds vir jou gedoen het! Hoekom nie repeteer, mediteer en net oor hierdie dinge praat nie? Het jy hierdie waarhede opgeteken sodat die vyand dit nie in tye van wanhoop kan steel nie? Skryf hulle nou neer. Daar is soveel wonders wat Hy reeds gedoen het, te veel om te tel. Skryf nou al die beloftes neer wat Hy vir jou in Sy Woord gegee het. Skryf dit neer en lees dit deur die dag, elke dag.

Begin vandag om jou seëninge een vir een te tel en wys ander deur jou vreugde wat God reeds gedoen het.

2 Oktober

“Slagoffers of graanoffers wil U nie hĂȘ nie. U het my in staat gestel om te luister. Brandoffers of sonde-offers het U nie nodig nie” (Ps. 40:7).

Beminde, daar is geen rede om te offer nie. Dit is nie wat Hy gevra het nie. Hy het nie jou offers nodig nie; dit is nie Sy begeerte nie.  Beminde, dit is ‘n hart vol verootmoediging en berou wat die Here nie gering sal ag nie.  Is jou hart wyd oopgebreek? Laat Hom toe om jou oop te maak sodat Hy Sy helende balm kan ingooi.

Beminde, daar is nie enigiets wat jy kan doen om God te behaag nie. Geen werke—nee, hulle is slegs ‘n uitstorting van wat Hy gedoen het. Ons kom en lĂȘ ons werke op die altaar en hulle word gebrand todat niks agter bly nie. In plaas daarvan, wil Hy hĂȘ jy moet al jou begeertes en jou hele hart net daar op die altaar neerlĂȘ—en daar sal Hy dit neem en met Sy liefde vul.

Beminde, laat Hom toe om jou ore oop te maak om Sy stil, sagte stem te hoor, die stem van die Een wat vir jou wil vertel hoe kosbaar jy vir Hom is. Dit is nie in die doen nie, maar in die wees. Vandag, spandeer tyd om net in Sy teenwoordighid te sit. Moet niks doen nie. LĂȘ al jou werke buite die deur. Daar is niks wat Hy wil hĂȘ behalwe jy nie. Kan jy Hom vandag vertel dat Hy al is wat jy ook wil hĂȘ? Deel dan jou hart vandag met Hom!


🎈2 Oktober

“U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geĂ«is nie.” (Ps. 40:7).

Geliefde kind, dit is nie nodig om op te offer nie. Dit is nie wat Hy vereis het nie. Hy het nie jou offer nodig nie. Geliefde, dit is die gebroke en berouvolle hart wat die Here oop is om te verwelkom. Is jou hart gebreek? Vra Hom om jou hart oop te maak en Sy genesende balsem te gooi om die wonde te streel.

Geliefde kind, daar is niks wat jy kan doen om God te probeer behaag nie. Al wat Hy vra is dat jy al jou begeertes neerlĂȘ en Hom toelaat om jou lewe met Sy liefde te vul.

Geliefde kind, vra Hom om jou ore oop te maak vir Sy stil, sagte stemmetjie. Luister en hoor die stem van die Een wat vir jou wil vertel hoe kosbaar jy vir Hom is. Dit is nie wat jy doen nie, maar om te wees wie jy is—Sy eie Geliefde kind. Spandeer vandag tyd om net stil in Sy teenwoordigheid te sit. Daar is niks wat Hy wil hĂȘ behalwe jy nie.

3 Oktober

“Om u wil te doen, my God, is my begeerte, u woord is my hele lewe” (Ps. 40:9). 

Beminde, is jou begeerte om die wil van God te doen? Of is dit nog steeds in jou hart belangriker om jou eie wil te doen? God beweeg vir die wat heeltemal aan Hom toegewy is. Hy beweeg nie wanneer daar afgodery, ‘n toewyding aan iemand of iets behalwe Hy alleen is nie. As jou huwelik nog steeds eerste is, as jou gedagtes oor jou man jou gedagtes oor die Here vervang, dan is Hy nie eerste nie; daarom, sal jou begeerte nie wees om Sy wil te doen nie, maar joune.

Beminde, hoe sal jy hierdie situasie regstel? Deur Sy Woord te skryf, Sy wette, Sy liefde binne jou hart. O, die wonders van Sy woord!  Hoe is hulle voedsel vir die siel en gedagtes. Hoe hulle ons help om die geheime sondes van die hart te identifiseer. Hoe hulle ons lei.  Hoe hulle ons troos. O, die prag gevind in Sy mees glorieryke wet!

Beminde, sodra hierdie wet op die perkament van jou hart geskryf is, dan sal Sy wil jou wil word. Dan sal jou begeerte al die seëeninge wees wat Hy vir jou het. Jy sal nie meer soek wat nie vir jou goed is nie, maar jy sal hunker na die oorvloedige lewe wat Hy vir jou beplan het, in behoorlike orde met Hom as die middelpunt van jou bestaan.


🎈3 Oktober

“Dis my begeerte om u wil te doen, my God, want u voorskrifte is in my hart” (Ps. 40:9). 

Geliefde kind, is jou vreugde om die wil van God te doen? God versit berge vir diegene wat heeltemal aan Hom toegewy is. Onmoontlikhede gebeur nooit wanneer Hy nie eerste is nie, wanneer jou behae nie Sy wil doen nie, maar joune.

Geliefde kind, hoe sal jy hierdie situasie regmaak? Deur Sy Woord, Sy instruksies, Sy liefde in jou hart te skryf. O, die wonders van Sy wette! Hoe hulle voedsel is vir die siel en die verstand. Hoe hulle ons lei. Hoe hulle ons vertroos. O, die skoonheid wat in Sy volmaakte wet gevind word!

Geliefde kind, as Sy wet eers op jou hart geskryf is, dan word Sy wil jou wil. Dan is jou behae Sy behae. Dit is wanneer jy die oorvloedige lewe ontdek wat Hy vir jou beplan het.

4 Oktober

“Met blydskap het ek aan die die gemeente vertel U het my verlos. Ek het nie stilgebly nie, Here, U weet dit” (Ps. 40:10).  

Beminde, het jy die goedheid en geregtigheid van die Here verklaar tussen die gelowiges? Of, het jy niks anders as ‘n gekla, bekommernis en ‘n geknies om te deel met die wat jy smeek om “vir jou te bid” nie? O, Beminde, kom alleen saam met die Here. Laat Hom toe om jou te verander. Repeteer jou lof deur hulle een vir een vir Hom te tel in jou gebedshoekie. Kyk na alles wat Hy vir jou gedoen het, en jy sal maklik met goeie tydings ontplof. 

O, die droewige en ellendige staat van meeste gelowiges: vertrap, verbouereerd, gebrekkig.  Is dit enige wonder dat jou geliefdes die dinge van die wĂȘreld gekies het om hulle gelukkig te maak? Hoekom die Here kies wanneer jy noodlot verklaar deur jou aangesig en jou slegte verslae? Hoekom sou hulle kies wat jy het wanneer jy dit soos ‘n tronk vonnis laat lyk, glad nie wat dit behoort te wees nie.

Beminde, dit is omdat jy nie sonde of die volheid van die Here gekies het nie. Want in Sy volheid is daar vreugde. Jy sit, louwarm, in die middel, sonder om die Here te omhels. So hoe kan jy die ontsagwekkenheid van die Here wys wanneer jy nie genoeg van Hom het om jou te verander nie, jou aangesig en jou lewe om ‘n proklamasie te wees vir diegene in die wĂȘreld wat verlore en sterwend is en agter sonde aanhardloop?

Beminde, vandag hardloop agterna, omhels, hunker na, honger vir, begeer Hom en Hom alleen. Raak ontslae van enigiets wat jou nie nader aan Hom sal bring nie. Dan sal jy die transformasie sien, en jou lippe sal nie in staat wees om die glorie en goedheid van die Here te weerhou nie!


🎈4 Oktober

“Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. Here, U weet dit.” (Ps. 40:10). 

Geliefde kind, het jy die goeie en blye nuus van die Here saam met gelowiges aangekondig? Of spandeer jy tyd om te kla, bekommerd te wees en jou te kwel sodat jy hulle kan smeek om "vir my te bid"? O, geliefde kind, spandeer tyd alleen saam met die Here. Laat Hom toe om jou te verander. Oefen jou lofprysings deur dit een vir een vir Hom in jou gebedskas te tel, en binnekort sal jy maklik oorloop van die blye boodskap.

O, dit is hartverskeurend om soveel hartseer en ellendige gelowiges te sien: onderdruk, verlore en gebrekkig. Is dit enige wonder dat jou geliefdes die dinge van die wĂȘreld gekies het om hulle gelukkig te maak? Hoekom sal iemand kies om die Here te volg as jy en ander gelowiges net van ondergang praat, en jou gesig wys niks anders as bekommernis nie? Hoekom sal enigiemand kies wat jy het wanneer jy die lewe as gelowige, as Sy kind, soos 'n tronkstraf laat lyk?

Geliefde kind, hardloop vandag agterna, omhels, hunker na, honger vir, begeer Hom en net Hom. Raak ontslae van enigiets wat jou nie nader aan Hom sal bring nie. Dan sal jy die transformasie sien, en jy sal nie kan ophou om die blye nuus te deel nie—die goedheid van die Here!

5 Oktober

“U geregtigheid het ek nie vir myself gehou nie; ek het vertel van u trou en van u reddende mag. In die groot vergadering het ek nie geswyg oor u goedheid en getrouheid nie” (Ps. 40:11).

Beminde, het jy die geregtigheid en trou van die Here in jou hart weggesteek? Faal jy om dit met ander te deel? Wag jy vir iets groter en dan eers sal jy daarvan vertel, iets groter soos jou geliefde wat na jou terugkeer, jou verhouding wat herstel is?

O Beminde, hoe baie het ek gesien wat geseĂ«nd is, maar op ‘n klein manier, so hulle weerhou die lof wat Hom toekom! Nooit sal die seĂ«ninge vermeerder want hulle verkies om hul seĂ«ninge te begrawe in plaas daarvan om dit van die dakke af te skreeu. Hoekom?  Omdat dit nie ‘n herstelde huwelik is nie, nie ‘n genesing, nie ‘n lotery gewen nie—dit is net dat die Here ‘n klein ding in hulle oĂ« gedoen het. O ja, dit was wat hulle nodig gehad het, maar dit was nie waarvoor hulle regtig gehoop het nie. 

O Beminde as die Here nooit weer iets vir jou doen nie; Hy het jou gered, het Hy nie? Sing dan oor Sy getrouheid van Sy redding aan die gemeente. Oordink dit. Wat sou jy doen, waar sou jy sonder dit wees? Die Here onderhou jou daagliks; jy is nie meer in die jammerlike toestand waarin jy was toe hierdie hele situasie begin het om te ontvou nie. Sing! Sing van Sy goedertierenheid!!

Beminde, wat van die waarheid wat aan jou openbaar was wat jou hopeloosheid in hoop verander het? Het jy daaroor gesing en gepraat met die wat nou in die dieptes van wanhoop is? Vreugde kan joune wees as jy weier om die getrouheid, redding, goedertierenheid en die waarheid van die Here, weg te steek. Doen dit vandag, met almal wat jy ontmoet en kyk wat die Here vir jou sal doen.  


🎈5 Oktober

“Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie, ek het gepraat oor u trou en u hulp. Oor u goedheid en u trou het ek in die gemeente nie stilgebly nie.” (Ps. 40:11).

Geliefde kind, is die geregtigheid van God en getrouheid van die Here in jou hart verborge? Versuim jy om dit wat Hy vir jou gedoen het met ander te deel? Wag jy vir iets groter, en dan sal jy deel—iets groter soos jou geliefde wat terugkeer en jou verhouding met hulle wat herstel word?

O, geliefde kind, ek het so baie gesien wat geseënd is, maar op 'n klein manier, so hulle weerhou die lof wat Hom toekom! En dit is hoekom hulle seëninge nooit toeneem nie. Wanneer jy kies om jou seën te begrawe in plaas daarvan om Syne van die dakke af te skree, is dit nie gebruik hoekom Hy jou geseën het nie. Hoekom? Vir die getuienis sodat hulle die goddelose kan oorwin deur die woorde van jou getuienis!

Geliefde kind, as die Here nog nooit iets vir jou gedoen het nie, het Hy jou gered, of hoe? Dan is dit genoeg om vir die res van jou lewe te dans en te sing! Sela, en dink na oor daardie gedagte. Wat sal jy doen? Waar sou jy wees sonder om te weet dat jy nie die ewige duisternis sal trotseer sonder Sy lig nie? So, sing! Sing van Sy goedertierenheid!!

6 Oktober

“Moet my tog nie uitsluit van u ontferming nie, Here, laat u liefde en trou my voortdurend bewaak” (Ps. 40:12).

Beminde, hoe gerus is jy in die goedertierenheid van die Here om jou onthalwe? Is jy vol vertroue dat die Here nie Sy ontferming van jou sal weerhou nie. Dat Sy goedertierenheid en Sy waarheid jou deur hierdie hele beproewing kan bewaar, wat lyk asof dit talm? 

Beminde, sonder dit, sal jy moeg word om goed te doen.

Jy moet  aan hierdie waarheid vashou. Alles wat jy nodig het, het Hy. Jy het nie enigiemand of enigiets anders nodig nie. Jy het nie enigiets nodig behalwe die Here nie. Sy Woord, Sy waarheid en Sy deernis sal alles wat jy nodig het dek. Soek die beste dinge. Soek Hom eerste en Hy belowe dat “al hierdie vir jou gegee sal word.” 

Beminde, Hy sĂȘ dat Sy waarheid jou voortdurend sal bewaak. Voortdurend beteken dit sal met groot frekwensie, met getroue gereeldheid gebeur. Voortdurend beteken dat dit die heeltyd sal gebeur, sonder om te stop en sonder onderbreking. Hy belowe dat Sy goedertierenheid en Sy waarheid jou voortdurend sal bewaak. Dit beteken dat Hy jou sal beskerm van enigiets wat mag veroorsaak dat jou huidige kwaliteit of jou huidige omstandighede sal verander of verminder. Dit beteken dat jou lewe nie sal agteruitgaan nie, dit beteken dat Hy dit sal onderhou. Jou lewe sal beskerm word teen gevaar of skade.

Beminde, soek Hom, soek Sy waarheid en jy sal vind dat jy meer as genoeg het om die wedloop te voltooi, meer as genoeg om jou prys te ontvang. Jou lewe, jou lippe, jou aangesig en die seĂ«ninge wat in jou lewe sal oorvloei, sal veroorsaak dat jy ander na jou en die Here toe aantrek—Halleluja!


🎈6 Oktober

“U, Here, moet tog nie u ontferming van my weerhou nie. Laat u troue liefde en waarheid my altyd veilig hou” (Ps. 40:12).

Geliefde kind, hoe veilig is jy in die goedertierenheid en tere ontferming van die Here? Is jy vol vertroue dat die Here nooit Sy medelye van jou sal terughou nie? Sy liefderyke goedhartigheid, lojale onfeilbare liefde, getrouheid en Sy waarheid sal jou bewaar deur hierdie hele beproewing wat skynbaar sonder einde voortduur.

Geliefde kind, sonder hierdie waarheid sal jy moeg word om goed te doen.

Geliefde kind, soek Hom, soek Sy waarheid, en jy sal vind dat jy meer as genoeg het om die wedloop te voltooi, meer as genoeg om jou prys te ontvang. Jou lewe, jou lippe, jou uitdrukking en die seĂ«ninge wat in jou lewe sal oorloop, sal veroorsaak dat jy ander na jou en na die Here toe trek—Wees bly!

7 Oktober

“Want ramp op ramp het my oorval, my ongeregtighede het my ingehaal; ek weet nie meer waarheen nie. Hulle is meer as die hare op my kop” (Ps. 40:13).

Beminde, omsingel die bose van hierdie wĂȘreld jou, ontelbare booshede? O die vyand, hoe hy daarvan hou om die gelowiges te martel, veral die wat dade vir die Here doen. Hoe hewig is sy gebrul, hoe ellendig is sy planne. Hoe kry hy dit reg om ‘n hopelose prentjie te verf sodat ons kan kwel, bekommer sodat ons iets sal doen, enigiets om ons angs te verlig. Dit is sy plan sodat hy ons wonderwerk kan steel. Want hy is ‘n dief en dit is in sy natuur om te steel.

Beminde, het jou ongeregtighede, jou sondes—selfs ‘n gedagte of ‘n optrede wat teen die Woord van God gegaan het---begin om jou te verteer? Word jy God se genade ontken omdat jy misluk het om jou ongeregtighede van jou af weg te sit? Is dit afguns of jaloesie wat jou maklik in besit neem? Kyk jy met afguns na ander; die wat oĂ«nskynlik goeie huwelike het, met mans wat getrou is aan hulle, en wens jy dit was jy? Kyk jy na die oĂ«nskynlike gemak en goeie geluk van die wat jou seergemaak het en dink dat jy die een is wat sulke “geluk” verdien? Het dit jou denke in so mate verblind dat jy nie meer die goedheid van die Here in die land van die lewendes, kan sien nie?

Beminde, hierdie boosheid wat jou omsingel het, hierdie ongeregtighede wat jou inhaal—is hulle meer as die hare op jou kop? O, Beminde, solank as wat jy na die boosheid kyk, hulle tel en kies om aan hulle erkenning te gee, hoe meer sal jou hart jou faal.

Beminde, dit is die tyd om jou geloof in aksie te sit. Onthou, geloof is alles wat onsigbaar is. Alles wat jy sien kan in ‘n oomblik verander word; daarom, hoekom daarna kyk asof dit ‘n permanente situasie of omstandighede is? Dit is nie die oĂ« van geloof nie; dit is die oĂ« van “realiteit in die gesig te staar” wat jou geloof sal doodmaak, jou nutteloos los vir God en Sy doel om ‘n getuienis in jou te skep. Wys vandag jou geloof deur te glo wat jy nie sien nie—ignoreer die realiteit van jou skynbare hopelose situasie. God sal jou geregtigheid teweeg bring soos die middagson.  Gisteraand was daar nog trane en vanmĂŽre lag ek weer! Halleluja!!  


🎈7 Oktober

“Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof” (Ps. 40:13).

Geliefde kind, omring die moeilikhede in die wĂȘreld jou, probleme te veel om te tel? O, hoe die vyand daarvan hou om God se kinders bang te maak – veral diĂ© wat op Hom alleen vertrou. Hoe hewig sy brul klink, hoe ellendig is sy planne – om 'n hopelose prentjie van jou toekoms te skets sodat jy jou kan bekommer, dryf ons om iets te doen, enigiets, om ons nood te verlig. Dit is sy plan sodat hy ons wonderwerk kan steel. Onthou, hy is 'n dief, en sy natuur is om te steel.

Geliefde kind, dit is die tyd om jou geloof in aksie te bring. Onthou, geloof is alles wat onsigbaar is. Alles wat jy sien kan in 'n oomblik verander word. So, hoekom kyk na jou probleme asof dit 'n permanente situasie of omstandighede is? Jy moet die oĂ« van geloof hĂȘ, wat nie die oĂ« van "die realiteit in die oĂ« kyk nie" is nie, wat jou geloof sal doodmaak, wat jou nutteloos laat vir God en Sy doel om jou 'n getuienis te gee om met ander te deel wat hoop nodig het.

Geliefde kind, wys vandag jou geloof deur te glo wat jy nie sien nie – ignoreer die realiteit van jou oĂ«nskynlik hopelose situasie. God sal jou geregtigheid bewerkstellig soos die middag. Huil kan vir 'n nag duur, maar jubelkrete sal in die oggend kom! Jubel!!!

8 Oktober

“Here, red my tog asseblief! Here, kom my tog gou te hulp” (Ps. 40:14).

Beminde, glo jy dat dit Sy plesier is om jou te verlos uit jou huidige situasie? Om jou te verlos van diĂ© wat teen jou kom? O kosbare gelowige, dit is Sy goeie plesier om Homself sterk te wys om jou onthalwe. Dit is Sy vreugde.  Hy is lief vir jou—jy is een van Sy kinders. Is dit nie jou begeerte as ‘n moeder of ‘n vader, om vir jou kinders alles te gee wat hulle nodig het nie? Maar jy stop nie daar nie; jy hunker ook om vir hulle alles te gee wat hulle wil hĂȘ.  

Nietemin, Beminde, weerhou jy nie ook of maak dat jou kind wag, vir daardie dinge waarvoor hulle nie gereed is nie of vir die dinge wat nog nie vir hulle gereed is nie? Wie sal vir hulle kind vleis gee wat nog nie gekook is nie? Of ‘n kledingstuk wat nog nie klaar gestik is nie, of ‘n stoel wat gemaak was wat nie al die spykers in dit het om dit stewig te maak vir hulle gewig nie? Maak nie saak hoe baie ons kind sou kerm en huil nie, ons sal daarop aandring dat hulle wag.

Beminde, is dit nie dieselfde met jou nie? Sien jy nie dat daardie ding waarvoor jy wag nog nie gereed is vir jou nie, of jy is nog nie gereed daarvoor nie? Sal jy nie ‘n motor van ‘n jong persoon weerhou totdat hy goed geleerd en goed vertroud is om dit te bestuur nie? So is die manier van ons Vader. Jy het die handboek, tog steur jy jou nie daaraan om dit te lees nie. Jy het die tyd om te studeer, tog vind jy ander dinge om jouself mee besig te hou. So daar is die sleutels, net buite bereik, terwyl jy dikmond is en huil vir wat jou Vader jou sou gee, as jy gereed was daarvoor.

Beminde, vandag, en in die weke wat kom; spandeer tyd om die weĂ« van die Here te leer vir hierdie wonderwerk waarna jy smag. God sal “vinnig maak” wanneer Hy jou getrouheid sien. Dit sal nie net jou wagtydperk verminder nie, maar dit sal ook veroorsaak dat die tyd vinniger verbygaan. Jy mag vind dat jou wagtydperk, daardie oomblikke wat in Sy Woord gespandeer is, meer kosbaar is as wanneer die wonderwerk uiteindelik opdaag.


🎈8 Oktober

“Laat dit U behaag, Here, om my te red; Here, maak tog gou om my te help!” (Ps. 40:14).

Geliefde kind, glo jy dat Hy jou sal verlos van jou huidige probleme? O, dierbare gelowige, Hy vind plesier daarin om Homself sterk namens jou te wys. Dit is Sy vreugde. Hy het jou lief—jy is een van Sy kinders, en Sy vertraging het 'n doel.

Geliefde kind, spandeer vandag en in die weke wat kom tyd om die weë van die Here te leer vir hierdie wonderwerk waarna jy smag. God sal "haastig maak" wanneer Hy jou getrouheid sien. Dit sal nie net jou tyd van wag verkort nie, maar die tyd sal ook vinniger verbygaan. Jy mag dalk vind dat jou tydperk van wag, daardie oomblikke deurgebring in Sy Woord, kosbaarder is as wanneer jou wonderwerk uiteindelik aanbreek.

9 Oktober

“Laat almal wat my lewe wil neem, in skande kom en verneder word. Laat hulle wat my ondergang begeer, vlug en beskaamd staan” (Ps. 40:15).

Beminde, as ‘n gelowige, vir die wat die Here ywerig soek en hulle in Hom verheug, word daar belowe dat ons nie beskaamd sal staan nie. Alhoewel ander na ons mag kyk en ons spot—die wat ons uitlag om ons verspotte idees oor wat God vir ons gaan doen, op te gee—selfs dan belowe Hy dat ons nie beskaamd of vernederd sal staan nie. 

In plaas daarvan, Beminde, kan ons met ‘n goeie gewete vra dat ons vyande beskaamd sal staan— net soos die Psalmdigter gedoen het in hierdie vers—nie boosheid oor hulle begeer nie, maar met die doel om deur hierdie vernedering, deur hierdie skande, deur hierdie oneer, hulle te laat terugdraai van hul weĂ«, sodat Hy verheerlik kan word!

Beminde, hoe baie is daar wat lyk asof hulle vreugde vind in jou seerkry? Wees dan bly want die Here begeer dat almal van hulle beskaamd sal staan. Diegene wat saam poog om jou lewe, jou huis, jou huwelik en jou familie te vernietig—dit is niks om oor te spog nie. Ons moet spog oor die Here! Laat Hy vergroot word omdat Hy toelaat dat ons ly vir geregtigheid, Sy geregtigheid—dit is wanneer ons geseĂ«n word! Dit is wanneer die Here alles uithaal en seĂ«ninge oor ons koppe gooi. Dit  is wanneer ons sĂȘ, “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae!”


🎈9 Oktober

“Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word” (Ps. 40:15).

Geliefde kind, omdat ons Syne is, het Hy belowe dat ons nie in die skande sal kom nie. Alhoewel ander ons dalk bespot en probeer om ons in die verleentheid te stel—is dit diegene wat baie gou sal terugdraai en skaam wees.

Geliefde kind, hoeveel verheug hulle dalk in jou seer? Baie? Wees dan bly, want die Here wil hĂȘ dat hulle almal in die skande moet kom. Diegene wat poog om jou lewe, jou huis, jou toekoms en jou gesin te vernietig—onthou, Hy laat ons toe om te ly ter wille van Sy geregtigheid—sodat Hy skielik Sy seĂ«ninge oor ons hele kop kan uitstort. Dit is wanneer ons sĂȘ: “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.!”

10 Oktober

“Laat diĂ© wat my spot, verbysterd staan omdat hulle self in die ellende beland het” (Ps. 40:16).

Beminde is daar diegene wat geniet om jy pynlike situasie te gebruik as ‘n onderwerp van bespotting en tart? O mag hulle verbysterd staan, die wat vir geleenthede soek om die behoeftige toestand wat hulle voorspel het, uit te wys. 

Beminde, moenie dat die bewyse jou bekommer nie. Onthou, jou hoop is in die Here en Hy vind vreugde daarin om op die laaste minuut op te daag. Hy vind vreugde daarin om jou eintlik te lei en jou reg teen die Rooi See vas te druk om Homself sterk te bewys.  As Gideon se leër nie uiteindelik so klein was nie, het God geweet dat Hy nie verheerlik sou word daarin nie, so Hy het doelbewus van Gideon se leër weggeneem! 

Maak dit jou bang? Dan, Beminde, het jy meer van God nodig. Jy moet in Sy Woord kyk en uitvind net hoe Magtig die God is wat jy dien. Jy moet Sy metodes en Sy natuur ken om jou geloof te bou. Lees hulle, en merk hulle, lees hulle weer om die geloof te verkry wat berge kan versit. Abram en Sarai se belofte was so ontsagwekkend omdat God gewag het, doelbewus, sodat dit sou lyk asof dit te laat was. Jesus het gewag nadat Hy van Lasarus se dood gehoor het, sodat God verheerlik kon word toe Hy hom uit die dood opgewek het, eerder as ‘n siekbed. Wat wil Hy in jou lewe en situasie doen wat Hom sal verheerlik?  Wat dit ookal is, Hy sal dit vir  jou al hoe slegter laat lyk en wag totdat dit hopeloos lyk voordat Hy opdaag, sodat almal kan weet dat dit God alleen is wat dit gedoen het! 


🎈10 Oktober

“Die mense wat vir my spot en hulle tong uitsteek, moet groot skrik omdat U hulle so verneder” (Ps. 40:16).

Geliefde kind, is daar baie wat dit blykbaar geniet om jou pynlike situasie as 'n onderwerp van bespotting en tergery te gebruik? Ag, mag hulle eerder in hul eie skaamte gevang word.

Geliefde kind, moenie dat dit wat jy sien of hoor jou bekommer nie. Onthou, jou hoop is in die Here, en Hy geniet dit om op die laaste oomblik op te daag. Hy geniet dit om jou eintlik te lei en jou teen die Rooi See te ondersteun om Homself sterk te wys. As Gideon se leër nie so klein was soos dit uiteindelik was nie, het God geweet dat dit nie so duidelik sou wees nie, dit was Hy en Hy alleen wat die stryd gewen het. So doelbewus het Hy manne van Gideon se leër afgetrek!

Nog bewyse is Abraham en Sara se belofte wat God verskerp het deur hulle ver verby hulle jare te laat wag om met hulle beloofde seun geseĂ«n te word. Selfs Jesus het gewag nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek was sodat ons kan getuig dat Hy net sy siekte genees het nie—maar Hy het hom uit die dood opgewek!

Wat is God se plan vir jou lewe en watter situasies stel Hy op om dit te vergroot om te bewys dat dit net Hy kan wees, God alleen wat dit gedoen het?!

1 Oktober

“Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat diĂ© wat op u hulp staatmaak, altyddeur sĂȘ; ‘Die Here is groot!’” (Ps. 40:17). 

Beminde, soek jy die Here? Jubel jy en is jy voortdurend bly in Hom, jou Redder?  O die vreugde wat gevoel word in die harte van die wat die Here soek. Tog, van die wat eis om gelowiges te wees, sal die wat nie die Here “soek” nie, die vreugde kort omdat hulle Hom nie soek nie. Hulle hoor van God wat ‘n wonder of ‘n wonderwerk doen en hulle is verstom, maar nie tot op die punt van jubel nie. Of erger, sommige bevraagteken selfs die geldigheid van die omstandighede.  

Beminde, was dit nie hoe dit met jou was, nie so lank terug nie, voor hierdie vreeslike situasie in jou lewe plaasgevind het? Is die beproewing waardeur jy loop, saam met Hom, die bewuswording in jou gees werd? O, as ons in hierdie perfekte ingesteldheid kon bly, hoe genotvol sal die reis nie wees nie, hoe voldaan sal ons word—vol vreugde, vol vrede.  Maar in plaas daarvan laat ons ons vlees toe om rusteloos te word nadat ons ons gedagtes toegelaat het om op dinge te verwyl wat nie mooi en prysenswaardig is nie. Ons laat ander toe wat nie die Here soek nie, om in ons lewens te praat.  

Beminde, soek die Here vandag met jou hele hart, gedagtes, en siel. Oordink al die goedheid van die Here, alles wat hy vir jou gedoen het, groot en klein, en sĂȘ voortdurend hierdie week, “Die Here is groot!” 


🎈11 Oktober

“Maar mag almal wat U dien, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat by U hulp soek, voortdurend sĂȘ: “Die Here is groot!’” (Ps. 40:17). 

Geliefde kind, jubel jy voortdurend en skree jy herhaaldelik: 'Groot is die Here!'? O, die blydskap wat in die harte van diegene is wat die Here soek.

Geliefde kind, soek die Here met jou hele hart, verstand en siel – doen dit vandag. Peins oor al die goedheid van die Here, alles wat Hy vir jou gedoen het, groot en klein, en sĂȘ hierdie week aanhoudend: "Groot is die Here!"

12 Oktober

“Ek is arm en behoeftig, maar die Here dink aan my. U is my hulp en my redder. My God, moet tog nie uitstel nie” (Ps. 40:18). 

Beminde, Hy is ‘n baie teenwoordige hulp in tye van moeilikheid. O, hoe goed ken Hy jou teistering en hoe behoeftig jy is. O, hoe hy jou op die voorpunt van Sy gedagtes hou. Ja, Hy is jou hulp en jou verlosser.  Roep na Hom. Hy is gereed om jou te troos en te red.

Beminde, Sy vertraging het ‘n spesiale doel.  Hy hunker om jou alles in alles te wees, om jou Vertrooster te wees, om jou Vriend te wees. Dit is nie totdat jy heeltemal alleen is, met almal wat afsydig staan teenoor jou pyn, wat die Here jou werklik kan wys wie Hy vir jou kan wees nie—jou Alles!

Dierbare Beminde, roep uit na Hom, vanoggend! Hy is daar reg by jou, hy wag vir jou om te roep. Laat Hom diep in jou hart en siel bediening gee. Laat Hom toe om jou te troos met die genesende salf wat jy nog nooit geken het nie. Sy goedertierenheid is beter as enigiets wat jy nog ooit ervaar het, so roep na Hom. Moenie versuim nie. 


🎈12 Oktober

“Al is ek ellendig en behoeftig — die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!” (Ps. 40:18). 

Geliefde kind, God is 'n baie teenwoordige hulp in tye van benoudheid. O, hoe goed weet Hy hoe onderdruk en behoeftig jy is. O, hoe hou Hy jou in die voorfront van Sy gedagtes. Ja, Hy is jou Helper en jou Verlosser. Roep na Hom. Hy is gereed om jou te troos en jou te red.

Geliefde kind, Sy uitstel is vir 'n baie spesiale doel. Hy smag daarna om jou alles tussen almal te wees, jou Trooster en jou Vriend. Dit is eers as jy heeltemal alleen is, met almal wat nie omgee vir jou pyn nie, dat die Here jou werklik kan wys wie Hy vir jou kan wees – jou Alles!

Liewe Geliefde kind, roep vandag, vanoggend na Hom! Hy is net daar by jou en wag vir jou uitroep. Laat Hom tot diep in jou hart en siel bedien. Laat Hy jou troos met die genesende balsem wat jy nog nooit geken het nie. Sy liefdevolle goedheid is beter as enigiets wat jy nog ooit ervaar het, so roep uit na Hom. Moenie uitstel nie.

13 Oktober

“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie!” (Ps. 1:1). 

Beminde, is jy werklik geseën? Het jy jou weerhou om die raad en voorstelle van dié wat die Woord van God skend, te soek en te aanvaar, hulle wat geïnterresseerd is om jou te lei om jou vlees te voed? Het jy gepoog om in die pad te staan, jou geliefde te blok om die bose te doen, self wanneer daardie kwaad teen jou gerig is? Het jy gesit en met ligsinniges saamgespan, en in jou geestelike hoogmoed ander oor hulle bose dade gespot?  

Beminde, God se weĂ« is perfek. As jy wil hĂȘ seĂ«ninge moet vloei in jou lewe en vir guns om jou te bedek, vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is. Hou jou oĂ« op Hom gerig. Aanvaar niks in teenstryd met Sy woorde van nederigheid van gedagtes nie. Hardloop weg van diĂ© wat ‘n poging aanwend om jou gekrenkte vlees te voed. Hou op om vir ander van jou treurige situasie te vertel, maar in plaas daarvan, maak jou lippe oop met psalms en gesange en lof aan God.

Beminde ‘n persoon wat neig na die kwaad sal net harder probeer om daardie kwaad te soek, veral wanneer iemand wat sĂȘ hulle is geestelik, hulle teenwerk. Onthou, ook, dat wanneer aantygings na jou kant toe gewerp word, moet jy die ander wang draai wanneer hulle jou met daardie pynlike en beskuldigende woorde slaan. En moet nooit die sondaars spot nie, want is ons nie sondaars gered deur genade nie? Is ons nie net ‘n tree weg van oortreding sonder die Here wat ons met Sy eie Hand red nie?    

Soek die Here. Doen reg. Sy Woord is volmaak, dit gee lewe.


🎈13 Oktober

“Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie” (Ps. 1:1). 

Geliefde kind, voel jy geseĂ«nd? Het jy die versoeking weerstaan ​​om raad te soek of te aanvaar van die einste mense wat die Woord van God skend—wat jou lei om jou vlees te voed? Het jy probeer om in die pad te staan ​​en jou geliefde te blokkeer om te doen wat verkeerd is? Het jy al gesit en spot met ander, hulle bespot oor hul goddelose dade as gevolg van jou geestelike trots?

Geliefde kind, God se weĂ« is volmaak. As jy wil hĂȘ dat seĂ«ninge in jou lewe moet invloei en dat guns jou sal bedek, soek Hom gretig terwyl Hy gevind kan word. Hou jou oĂ« op Hom gerig. Aanvaar niks in teenstryd met Sy woorde van nederigheid van gedagtes nie. Hardloop weg van almal wat probeer om jou seer vlees te voed. Hou op om enigiemand van jou hartseer situasie te vertel, maar begin eerder om net psalms of liedere, lofsange en lofprysings tot God te spreek.

14 Oktober

“Maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink” (Ps. 1:2).

Beminde, waar is jou vreugde? Is dit in die praat oor jou ander? Is dit in die dagdroom van wanneer iemand vir wie jy liefhet, terugkom en hoe die lewe dan sal wees? Jy moet in die woord van die Here jou vreugde vind. Dit is deur onkunde van die woord, die woord waarop die hele heelal gevestig was, wat veroorsaak het dat ons hierdie eensame en pynlike pad loop. Sal jy nie hierdie tyd wyslik gebruik nie?  

Beminde, om te oordink is om die gedagtes leeg te maak en te konsentreer op een ding om sodoende jou gedagtes en gees te ontwikkel. Die wat meditasie gebruik, selfs die wat op ander dinge as die Here mediteer, soek meditasie vir ontspanning. O, hoe wonderlik vir die wie se gedagtes op Hom gevestig is of op ‘n spesiale deel van Sy Woord om regtig daardie Woord diep in elke skeur van hulle harte te begrawe! Watter vrede sal hulle vind.

Beminde, neem tyd om te dink oor wat Hy gesĂȘ het, kalm, ernstig en vir ‘n tydperk—moenie haastig deur hierdie proses gaan nie. O, die dringendheid van jou hart, jou siel en gedagtes—dit is wat veroorsaak dat jy angstig word en nood veroorsaak wat verkeerde dade tot gevolg het, wat veroorsaak dat jou hoop val.

Vandag, dink, oorweeg en oordink die Here. Neem ‘n spesiale deel van Sy Woord en oordink dit. Doen dit elke dag en laat Hom en Sy Woord diep in jou siel begrawe word.


🎈14 Oktober

“Maar sy behae is in die wet van die HERE; en in sy wet oordink hy dag en nag” (Ps. 1:2).

Geliefde kind, waar is jou vreugde? Is dit om oor jou aaklige situasie met ander te praat? Is dit dagdroom van wanneer iemand vir wie jy lief is sal terugkeer en hoe die lewe dan sal wees? God sĂȘ om geseĂ«nd te wees, moet jy jou verlustig in die wet en gebooie van die Here. Dit is nie die ken van God se wette, die wette waarop die hele heelal gegrond is, wat ons op baie pynlike en eensame reise laat loop het nie.

Geliefde kind, om te mediteer is om jou gedagtes leeg te maak en op een ding te konsentreer om jou verstand en jou gees te ontwikkel. Diegene wat meditasie gebruik, selfs diegene wat mediteer oor dinge anders as die Here, soek meditasie vir ontspanning. O, hoe wonderlik vir ons wie se gedagtes gevestig is op Hom en Sy Woord, Sy beloftes, en Sy Woord diep in elke kraak van ons harte begrawe! Watter vrede ervaar ons tog!

Dink, oordink en mediteer vandag oor die Here. Vra Hom vir 'n belofte en peins daaroor. Doen dit elke dag, en laat Hom en Sy Woord diep in jou hart en siel begrawe word.

15 Oktober

“Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak” (Ps. 1:3).

Beminde, O, om ‘n weelderige boom te wees, ferm geplant by die strome van Sy lewende waters!! O, om dit in te drink deur die einste wortels van ons bestaan!

Beminde, waar is jy geplant? Is jy dors, maar soek nie om ontwortel te word uit jou woestynland waar jy nou bly nie? Hy is, Jesus is, die fontein van die lewe! Hy het gesĂȘ om te kom, te drink. Tog, ons verkies om eerder ons dors met colas en koeldrank van die wĂȘreld te les. Ons Here het gesĂȘ dat wanneer ons van Hom en Sy Woord drink, ons nooit weer dors sal word nie. O, drink van Hom! Hy is rein.  Hy sal jou siel reinig, jou gedagtes en jou verlede weg was! Die drankies van die wĂȘreld verfris of reinig nie, maar los ‘n aaklige nasmaak en jy is nog steeds dors.       

En O, Beminde, wat sal jy hĂȘ om vir daardie persoon aan te bied wat in die woestynland is, wat so ontwater is dat hulle binnekort aan hulle sondes en oortredings sal sterf?  Sal jy ware lewende waters hĂȘ om vir hul aan te bied?  Jy sal nie, tensy jy ‘n gereelde inwoner langs Sy strome is. Gaan soontoe en drink jou elke dag vol totdat jy oorvloei met die waters van die lewe.

Wat ‘n belofte gee hierdie drink uit die strome van lewende waters vir ons:  wat sy vrugte in ‘n seisoen sal produseer (wat binnekort sal kom), dan sal ons nie ons blare sien verwelk nie, maar dit sal groen bly.  En, die kosbaarste van alle beloftes:  ons sal voorspoedig wees in wat ook al ons aanpak!!  Wat ‘n geseĂ«nde en ongelooflike belofte wat ons besit as ons onsself net naby aan die oewer van Sy strome plant en elke dag, die heel dag, ten volle drink.


🎈15 Oktober

“En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” (Ps. 1:3).

Geliefde kind, o, om daardie persoon te wees wie se lewe soos 'n massiewe groen boom is, stewig geplant by die strome van Sy lewende waters!! O, om dit deur die wortels van ons wese op te drink!

Geliefde kind, waar is jy geplant? Is jy dors maar bly jy in die woestyn woon? Moet nooit vergeet dat jou Verlosser die fontein van die lewe is nie! Hy het gesĂȘ: "Kom, drink. So hoekom kies ons eerder om ons dors te stil met die drankies van die wĂȘreld? Ons Geliefde het gesĂȘ dat wanneer ons van Hom en Sy Woord drink, ons nooit weer sal dors kry nie. O, drink van Hom! Hy is rein, Hy sal jou siel en verstand reinig - jou verlede wegwas!

En o, geliefde kind, wat kan jy die dorstige siele bied wat in die woestynland woon, wat so ontwater is dat hulle binnekort in hul sondes en oortredings sal sterf? Sal jy ware lewende waters hĂȘ om aan hulle te bied? Ja, maar net as jy jouself reg langs Sy strome geplant het. Gaan daarheen en drink jouself elke dag versadig totdat jy oorspoel met die waters van die lewe.

Geliefde kind, drink Hom in.

Lekker verjaar JovieÂ đŸ„ł

16 Oktober

“So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.” (Ps. 1:4).

Beminde, neem ‘n nabye blik na die verlate toestand van diĂ© wat boosheid soek en vervul:  hulle is soos kaf. Dit beteken dat hulle droog is (het ons nie gister gedink oor hulle droĂ« en dors toestand nie?), die droĂ« bedekkings van graan, wat gedors word om van mekaar geskei te word. O, hoe verlate, hoe gebrekkig die hulpbronne benodig om te bestaan. Wat het jy om hulle te bied?  

Gou, o so gou, sal hulle deur die wind uitmekaar gewaai word, verder in die dieptes van wanhoop en sonde in. Breek jou hart vir hulle, of lewe jy nog steeds met minagtende gedagtes, met ‘n tekort aan deernis en respek omdat hulle sondaars is en hierdie paadjie gekies het? O, Beminde, waar sou ons gewees het, as ons nie ‘n God gehad het wat ons lief genoeg gehad het om ‘n Redder te stuur terwyl ons nog sondaars was nie?

Beminde, as hierdie gedagtes van minagting nog in jou gedagtes is—gevoelens of oorwegings oor diĂ© wat jou te na gekom het (en almal wat betrokke is) as waardeloos, ondergeskik of onverdienstelik van ons deernis—dan sal ek jou vertel, liewe Beminde, dat jy nie genoeg van Christus gekruisig, in jou het nie. Roep uit na Hom vir ‘n hart van vlees en vir jou om meer soos Hy te wees.

Doen dit vandag. Moenie nog ‘n dag, uur of oomblik spandeer voordat jy op jou knieĂ« val en meer van Hom soek nie.


🎈16 Oktober

“So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word” (Ps. 1:4).

Geliefde kind, neem ‘n nabye blik na die benoude toestand van die goddeloses—hulle is verstrooi soos droĂ« kaf. Wat sal jy hulle moet bied?

Binnekort, o te gou, sal die wind hulle dieper wegwaai in wanhoop en sonde in. Is jou hart gebreek vir hulle, of kort jy medelye weens hulle sondige pad? O, geliefde kind, waar sou ons wees as ons nie 'n Vader gehad het wat ons genoeg liefhet om vir ons 'n Verlosser te stuur terwyl ons nog sondaars was nie?

Geliefde kind, maak seker dat jy ekstra tyd saam met Hom spandeer om jou hart sag te hou en meer soos Hy te wees.

Doen dit vandag. Moenie nog 'n dag of uur of oomblik wag voor jy naby jou Vader kruip sodat jou hart soos Syne is nie, sodat dit maklik sal wees om Hom aan jou familie en vriende voor te stel.

17 Oktober

“Daarom sal die goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie ‘n plek hĂȘ in die vergadering van die regverdiges nie” (Ps. 1:5). 

Beminde, dit is nie die goddelose wat veroordeel sal word nie; dit sal ek en jy wees. Alles wat ons doen, goed en sleg, sal geoordeel word, ongeag of dit waardig of waardeloos is. Wanneer die vuur kom en daardie dinge verteer wat jy by die voete van Jesus gelĂȘ het, sal daar enige goud wees wat agterbly?  Waarop stel jy jou visier en doelwitte dag na dag? Die dinge wat ewig is, of die dinge wat tydelik is?

Nog minder sal sondaars toeglaat word om in die vergadering van die regverdiges in te gaan. Beminde, waar sal jou geliefdes staan?  Sal hulle buite die hekke staan, saam met die verlatenes wat tekort skiet aan wat nodig is om “binne te gaan”? En as dit so is, wat doen jy daaromtrent? Roep jy na jou Redder?  

Beminde, staan jou geliefde ver weg van die hekke of hardloop hulle weg van hulle af, omdat hulle nog steeds weghardloop van jou af? Het jy werklik laat gaan en die toestand van hulle siele bo jou begeertes geplaas om hulle terug te hĂȘ? Is jou gesig ‘n gloeiende voorbeeld van God se genade en liefde, jou stemtoon die van vrede, sodat hulle natuurlik tot jou aangetrokke is, en daarom word hulle natuurlik na die Here Homself aangetrek?

Vandag, praat met die Here oor die toestand van jou geliefde se behoeftigheid en as jy in hulle pad gestaan het, kom tot inkeer.


🎈17 Oktober

“Daarom sal die mense wat verkeerd doen, die sondaars, nie kan kom by die Here, die Regter, nie, daar waar mense wat reg doen, bymekaar is.” (Ps. 1:5). 

Geliefde kind, wanneer ons geoordeel word, sal ons dade waardig of waardeloos wees? Wanneer sy vuur kom en die dinge verteer wat jy vir Hom gedoen het, sal daar enige goud agterbly? Wanneer Hy die kosbare uit die waardelose haal, was ons Sy woordvoerder, Sy ambassadeurs?

Geliefde kind, kruip jou geliefdes weg en hardloop vir jou weg? Het jy werklik laat gaan en hulle in God se hande geplaas? Is jou gesig stralend, wat God se genade en liefde weerspieël? Wanneer jy praat, is jou woorde vol vrede en vriendelik, sodat hulle natuurlik na jou toe getrek word, en na die Here en Verlosser?

Sit vandag saam met Hom en vra Hom vir geleenthede om Sy liefde vir hulle te weerspieël.

18 Oktober

“Kom verheerlik die Here saam met my” (Ps. 34:4).

Beminde, kom laat ons die Here saam verheerlik met groot vreugde! Hy is goed en waardig om geprys te word. Is jy wanhopig, veg jy teen depressie? Dit is eenvoudig omdat jy op jou probleme gefokus is; jy spandeer jou energie op wat jy kan sien, nie dit wat binnekort kom nie. Dit sal lof en vreugde neem, om voortdurend aan Sy goedheid te smul, om die wonderwerk wat jy wil hĂȘ te bring. Bekommernis en ‘n geknies sal dit weghou; hule sal dit ver van jou huis se deur wegstoot.

Beminde, dit is die lewe van die ware gelowige wat afgesonder is en glorie aan God sal bring. Die vleeslike Christen wat soos die wĂȘreld leef, sal nooit wonderbaarlike tekens en wonders ervaar nie omdat dit geloof kos—om te glo wat onsigbaar is en tog aan hulle belowe is in God se Woord. Wees saam met my veheug;  kom ons verheerlik Sy naam vir ewig! 


🎈18 Oktober

“Maak die Here saam met my groot” (Ps. 34:4).

Geliefde kind, laat ons saam die Here met groot blydskap eer! Hy is goed en waardig om geprys te word. Is jy angstig, veg jy depressie? Geliefde kind, dit is bloot omdat jy op jou probleme fokus en nie op Hom nie. Jou energie word spandeer op wat jy sien, nie wat Hy gesĂȘ het binnekort gaan kom wanneer jy wag en Hom vertrou nie.

Geliefde kind, die lewe van die ware gelowige is die een wat afgesonder is, nie die een wat soos die wĂȘreld lewe nie. Dit verg geloof—om te glo wat onsigbaar is, maar deur God aan ons belowe is. Vier saam met my; laat ons Hom vir ewig eer!

19 Oktober

“Smaak en sien dat die Here goed is” (Ps. 34:9).

Beminde, ons God is ‘n goeie God. Jy moet hierdie konsep ken en aangryp. En Hy is nie net goed nie, maar Hy is die hele tyd goed.  Wanneer beproewings in ons rigting kom, moet ons nie hierdie waarheid laat gaan nie: God is goed. Die lewe van Job is die wonderlikste voorbeeld van ‘n man wat voortgegaan het om God te seĂ«n, maak nie saak wat op sy pad gekom het nie. En die resultaat was God se beloning van dubbel van alles wat weg geneem is en ‘n lang lewe om dit te geniet.

Beminde, te veel bevraagteken God se goedheid en verwyder daarmee die moontlikheid van die seëninge wat sou gekom het. Dink jy dat die wat knies en hulle rûe op God keer wanneer dinge nie reg gaan nie, sal geseën wees soos ons vriend Job? Verseker nie. Dit sal kos om God te seën te midde van alles wat kom om ons te vernietig. Dit sal veroorsaak dat die Here die seëninge waarvoor jy hoop en verwag, oor jou sal uitstort.  


🎈19 Oktober

“Kom ondervind en sien self dat die Here goed is” (Ps. 34:9).

Geliefde kind, ons God is 'n goeie God. Jy moet hierdie konsep ken en begryp. En nie net is Hy goed nie, maar Hy is heeltyd goed. Wanneer beproewinge oor ons pad kom, moet ons nie hierdie waarheid los nie: God is goed. Die lewe van Job is die wonderlikste voorbeeld van 'n man wat aangehou het om God te seën, ongeag wat oor sy pad gekom het. En die uitkoms was God se beloning van dubbel alles wat weggeneem is en 'n lang lewe om dit te geniet.

Geliefde kind, te veel bevraagteken God se goedheid en verwyder so die moontlikheid van die seën wat sou gekom het. Dink jy dat diegene wat toornig is of hulle rug op God draai wanneer dinge net nie reg gaan nie, geseën sal word soos ons vriend Job? Beslis nie. Dit verg om God te seën te midde van alles wat inkom om ons te vernietig. Dit sal veroorsaak dat die Here jou oorlaai met die seëninge wat jy verwag en op hoop.

20 Oktober 

“Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelĂȘ . . .” (Ps. 40:4). 

Beminde, watter liedjie sing jy soos wat jy in die oggend wakker word? Is dit ‘n loflied aan ons God?  Is jou gedagtes gefokus op die belofte dat Sy genade nuut is elke oggend? Dit alleen behoort ‘n glimlag op jou gesig te sit en lof op jou lippe. Hoe kosbaar is die beloftes van ons God. Is dit die oordenking van jou hart?

Sing ‘n nuwe loflied aan ons God. Laat Sy lof voortdurend op jou lippe wees dwarsdeur die dag. Laat die goedheid van ons Here jou hart vergroot en voortspring in ‘n lied. Dan sal jou aangesig opgehelder wees en ander sal na jou aangetrek word. Nie net jou eiewyse geliefde nie, maar almal sal kom om die lig wat binne jou straal, te sien. Sing vir God ‘n nuwe liedjie, ‘n loflied aan ons God!


🎈20 Oktober

“En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee . . .” (Ps. 40:4). 

Geliefde kind, watter lied sing jy as jy wakker word? Is dit die nuwe lied wat Hy wil hĂȘ jy moet sing, 'n loflied aan die Een wat jou gered het? Is jy gefokus op die belofte, met die wete dat Sy genade elke oggend nuut is? Hierdie waarheid kan beslis 'n glimlag op jou gesig en 'n lied in jou hart sit!

Sing 'n nuwe lied en loof Hom die hele dag lank. Laat Sy goedheid jou hart vergroot en uitbars in sang. Dit is wanneer jou gesig verlig sal word, en ander sal na jou lig getrek word—almal sal kom om die lig te sien wat van binne jou uitstraal. Sing vir Hom 'n nuwe lied, 'n loflied tot eer van ons God!

21 Oktober

“Geloofd sy die Naam van die HERE..." (Ps. 113:2).

Beminde, loof die naam van die Here!  Kom ons verhef Sy heilige naam, want Hy is goed en waardig om geloof te word. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig. Hy het my gered van my vyand wat sterk was, van my haters toe hulle vir my te magtig was.

Beminde, is jy in diep waters? Het jou situasie veroorsaak dat jou siel bang is? Roep na die Here en Hy sal jou red!  Hy is hier. Jy is nie alleen nie. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal! As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie. Daarom, wag. Wees sterk. Hou goeie moed. Ja, vertrou op die Here.  Hy is goed en waardig om geloof te word! Halleluja!! 


🎈21 Oktober

“Die Naam van die Here moet geloof word . . .”” (Ps. 113:2).

Geliefde kind, seën Sy Naam! Onthou hoe Hy jou uit baie waters getrek het, waters wat te kragtig was vir jou. Hoe Hy jou hoog op 'n Rots gesit het, jou voetstappe stewig gemaak het. Hoe Hy jou verhef het bo jou vyande toe hulle te sterk was vir jou.

Geliefde kind, verdrink jy in diep waters? Het jou lewe jou hart laat vrees? Roep tot die Here, en Hy sal jou red! Hy is hier. Jy is nie alleen nie. Baie is die moeilikhede van die regverdiges, maar die Here belowe om jou uit hulle almal te verlos! O, sĂȘ saam met my, “Ek sou moedeloos gewees het as ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here in die land van die lewendes sou sien nie. Daarom sal ek wag. Ek sal sterk wees in Hom. My hart vat moed.

Ja, geliefde kind, ons sal op die Here wag en sing!

22 Oktober

“Maar ek – op u troue liefde vertrou ek; my hart wil juig oor u verlossing” (Ps. 13:6).

Beminde, vertrou jy in die Here se goedertierenheid teenoor jou? Hy is goed en Sy goedertierenheid duur, hou, en bly vir ewig! Hy en Sy goedertierenheid is wat sal toelaat dat jy vas en stewig staan. Maak nie saak of die berge in die see val nie, jou hart sal standvastig en verseker in Hom wees. 

Beminde, ken jy die goedertierenheid van die Here? Het jy geleer om in Sy liefde teenoor jou te bak? Vandag, vanoggend, sit in Sy teenwoordigheid. Sit en dink aan Hom. Laat Sy Gees van liefde jou toevou. Laat Sy liefde jou hart binnedring. Dan, sal jou hart verbly in Hom en in Sy redding. Geseënd is die naam van die Here, wat nie Sy hart of Sy ore van ons roepstem af weggedraai het nie.


🎈22 Oktober

“Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat u gee, juig my hart” (Ps. 13:6).

Geliefde kind, het jy vertrou op die Here se goedertierenheid teenoor jou? Hy is goed en sy goedertierenheid duur, hou en bly vir ewig! Hy en Sy goedertierenheid is wat sal toelaat dat jy nooit geskud word nie. Maak nie saak of dit lyk of die berge in die see val nie, jou hart sal standvastig en seker in Hom wees.

Geliefde kind, ken jy die goedertierenheid van die Here? Het jy geleer om te bak in Sy liefde vir jou? Vandag, vanoggend, sit in Sy teenwoordigheid. Sit en dink aan Hom. Laat Sy Gees van liefde jou omvou. Laat Sy liefde jou hart binnedring. Dan sal jou hart bly wees in Hom en in Sy redding. Geloofd sy die Naam van die Here wat sy hart en Sy ore nie van ons geroep afgewend het nie.

23 Oktober 

“Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae” (Ps. 23:6).

Beminde, goedheid en Sy oneindige goedertierenheid sal jou deur al die op en af van jou lewe volg. Glo jy dit? Is jou hart gevestig, standvastig en ferm, in hierdie kosbare en kragtige belofte? Indien nie, dan moet jy dit aangryp—dit is Sy goedertierenheid wat al die vrees uitdryf, want volmaakte liefde, Sy liefde, is kragtig genoeg om elke vrees wat jou pla te verdryf. 

Beminde, die Here is lief vir jou bo alles.  Jy is kosbaar in Sy oĂ«. Jy is die appel van Sy oog—soos ‘n Vader wat met vreugde na Sy kosbare seun of dogter kyk. Hy is lief vir jou met ‘n ewige liefde. Dit beteken dit kan nie eindig nie. Dit is Sy belofte aan jou. Neem Sy belofte; neem Hom op Sy Woord, want God kan nie lieg nie. Hy is lief vir jou en koester jou. Vertel Hom vandag, vanoggend, hoe baie jy Hom liefhet en vra Hom dan om jou te wys hoe Hy oor jou voel. Jy sal nooit dieselfde wees nie.


🎈23 Oktober

“U goedheid en liefde sal my hele lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae” (Ps. 23:6).

Geliefde kind, goedheid en Sy oneindige goedertierenheid sal jou deur al die op- en afdraandes van jou lewe volg. Glo jy dit? Is jou hart vas, standvastig en ferm in hierdie kosbare en kragtige belofte? Indien nie, dan moet jy dit begryp—dat dit Sy liefderyke goedhartigheid is wat alle vrees sal uitdryf, want volmaakte liefde, Sy liefde, is kragtig genoeg om elke vrees wat jou pla, uit te dryf.

Geliefde kind, jou Vader het jou bo alles lief. Jy is kosbaar in Sy oĂ«. Jy is die appel van Sy oog—jou Vader is verheug oor Sy kosbare seun of dogter. Aangesien Hy jou liefhet met ewige liefde, beteken dit dat Hy belowe het dat Sy liefde nooit kan eindig nie. Vertel Hom vandag, sommer dadelik, hoe lief jy Hom het, en vra Hom dan net om vir jou te wys hoe Hy oor jou voel om vir altyd verander te word.

24 Oktober 

“Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel met diĂ© wat sy verbond en verordeninge bewaar” (Ps. 25:10).

Beminde, al die paaie waarop die Here jou sal lei, sal met Sy goedertierenheid en Sy waarheid gevul word. Met hierdie kennis van Sy waarheid, sal jy nie bang wees vir die toekoms of enige aanslag van die bose wanneer dit kom nie. Maar jy moet getrou wees om Sy verbond te hou en Sy getuienis te volg wat Hy gestuur het om jou te lei.

Beminde, dit is om die Here se oneindige en kragtige liefde vir ons te ken en verstaan wat ons in staat stel om daardie pad te volg. Vir die wat dit weet, daarin bak, in hulle harte daaroor nadink, dit dag en nag oordink—dit is hulle wat die Here op die nou pad na herstel volg. Hulle het niks om te vrees maar vrees self nie. Want vrees sĂȘ vir ons dat ons opgehou het om te verstaan en onsself te omring met die Here se goedertierenheid.   

Soek die Here terwyl Hy gevind mag word. Moenie vanoggend gejaagd wees of vanaand gaan slaap sonder om die Here toe te laat om Sy liefde in jou hart te giet nie.


🎈24 Oktober

“Al die paaie van die Here is troue liefde en waarheid vir hulle wat hou by sy verbond en sy bepalings” (Ps. 25:10).

Geliefde kind, al Sy leiding is om jou vir ewig gevul te laat wees met Sy goedertierenheid en Sy waarheid. Dan, saam met Sy kennis en waarheid, sal jy nie meer die toekoms vrees nie.

Geliefde kind, om die oneindige liefde van jou Vader te ken en te verstaan, bemagtig dit jou om Sy pad te volg. Almal wat Sy liefde ken en verstaan, verlustig hulle daarin en oordink dit dag en nag. Met niks om te vrees nie, behalwe vrees self, is ons omring deur die Here se goedertierenheid.

Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is. Moenie vanoggend uitstorm of vanaand gaan slaap sonder om die Here te vra om Sy liefde in jou hart uit te stort nie.

25 Oktober

“Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou” (Ps. 26:3).

Beminde, wat is voor jou oĂ«?  Kyk jy na jou situasie en die hopeloosheid van jou toekoms? O, hoe sal dit jou siel tot in die put neerwerp. Dit is daar waar die vyand wil hĂȘ jy moet bly, om deur vrees gevange te bly.

Beminde, kyk in die oĂ« van jou Redder; kyk hoe Hy Sy arms wyd oopmaak, wyd genoeg om al ons oortredings aan die kruis vas te spyker. Is dit nie die oĂ« van Iemand wat ons lyding en pyn ken as gevolg van ons sondes nie? LĂȘ hulle by die voete van Hom wat gesterf het en Sy bloed gestort het om ons sondes te bedek, want liefde bedek baie sondes sodat Hy hulle nie meer onthou nie—hulle is so ver as die ooste van die weste is, van ons verwyder. 

Nou, plaas Sy goedertierenheid voor jou oĂ« en loop in die waarheid dat jy nie net vergewe is nie, maar ook bemin word met ‘n ewige liefde! Loof die Here!!


🎈25 Oktober

“Want ek hou u troue liefde voor oë en ek leef volgens u waarheid” (Ps. 26:3).

Geliefde kind, kyk in die oĂ« van jou Verlosser; kyk hoe maak Hy sy arms wyd genoeg oop om al ons oortredings aan die kruis vas te spyker. Sien jy hoe Sy oĂ« die spesiale Iemand weerspieĂ«l wat met jou hartseer bekend is? LĂȘ alles by Sy voete neer waar Sy gestorte bloed dit bedek en Hy onthou nie meer jou oortredings nie – dit is so ver as die Ooste van die Weste af is.

Nou, geliefde kind, gaan voort om volgens hierdie vreedsame waarheid te lewe!

26 Oktober

“Ek wil jubel en juig oor u troue liefde; U was nie onverskillig teenoor my ellende nie; U het die bedreiging van my lewe raakgesien . . .”  (Ps. 31:8).

Beminde, sal jy jou verheug en bly wees oor die Here se goeie en perfekte goedertierenheid teenoor jou? Kan jy ieder en elke keer onthou wat die Here jou ellende gesien het en jou siel uit die put van wanhoop en hopeloosheid gered het? Jubel dan! Dink aan die dinge wat Hy gedoen het. Skryf dit alles neer en repeteer dit oor en oor. Dit sal veroorsaak dat die vyand van vrees en moedeloosheid op die vlug slaan. Juig!!

Beminde, die Here sien jou ellende; Hy ken die probleme van jou siel. Maar verlossing en ontvlugting sal gevind word nie wanneer jou toetse en beproewings ophou nie, maar wanneer jy te midde van jou beproewings in die Here kan jubel. Dit is deur die Here se goedertierenheid  teenoor ons te ken en te oordink, wat sal veroorsaak dat ons jubel, reg in die middel van die vlamme. Halleluja!


🎈26 Oktober

“Ek sal juig en bly wees omdat U doen wat U belowe. Ja, U het gesien dit gaan sleg met my, U weet dat ek swaarkry. . .”  (Ps. 31:8).

Geliefde kind, vier jy God se goedheid en volmaakte goedheid teenoor jou? Maak seker dat jy stilstaan ​​om te dink oor elke keer wat die Here jou lyding gesien en vir jou gesorg het, en vier dan fees! Dink aan die dinge wat Hy gedoen het deur dit neer te skryf en dit oor en oor te lees, wat die vyand en vrees laat vlug het!!

Geliefde kind, die Here sien jou lyding en ken die benoudhede van jou hart. Noudat jy weet, begin om te peins oor die Here se goedertierenheid teenoor jou. Binnekort sal jy reg in die middel van die vlamme fees vier!

27 Oktober

Die goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou, diĂ© omvou Hy met sy liefde” (Ps. 32:10).

Beminde, is jy vol smart? Dan het jy daardie vertroue in die Here verloor. Jy hoef nie in jou omstandighede te vertrou nie, wat hopeloos lyk, omdat jou vertroue in Hom is. Jou smart is ‘n groot muur wat die Here se goedertierenheid nie kan binnedring nie. Keer na Hom; erken die goedertierenheid van die Here. Dit is jou smart wat veroorsaak dat jy in Hom twyfel.  Keer jou oĂ« weg van jou situasie af. Draai jou ore weg van diĂ© wat jou vertel dat dit hopeloos is. Kyk eerder na die Een wat jou lief gehad het met die goedertierenheid wat jou in staat gestel het om gered te wees en in die familie van die Here te kom.

Beminde, die krag van Sy goedertierenheid sal jou red uit jou smart, want ons vertroue is in Hom, nie in onsself nie. Vandag, vanoggend, laat toe dat Sy goedertierenheid jou omsingel. Laat Sy liefde toe om jou te omsingel soos ‘n skild. Bly agter hierdie skild van geloof en moet nooit daarvan afdwaal nie. Oordink Sy beloftes en die getuienisse van ander wat bewys dat Hy, sonder twyfel, jou familie in elke manier sal en kan herstel. GeseĂ«nd wees die naam van die Here!!


🎈27 Oktober

"Dit gaan baie sleg met 'n mens wat verkeerd doen, maar die Here doen wat Hy belowe het vir die mens wat in Hom glo.” (Ps. 32:10).

Geliefde kind, is jy vol hartseer? Hou op om te vertrou op enigiets wat hopeloos lyk, want jou vertroue is in Hom. Moenie toelaat dat hartseer jou in Hom laat twyfel nie. Draai jou oĂ« weg daarvan om na jou situasie te kyk. Maak jou ore toe vir enigiemand wat vir jou sĂȘ dat dit hopeloos is. Kyk eerder in die oĂ« van die Een wat jou liefgehad het met die onfeilbare liefde wat jou gered het en ook jou gesin sal red.

Geliefde kind, die krag van Sy onfeilbare liefde sal jou van jou smarte verlos. Vra Hom vandag, vanoggend, om jou met Sy onfeilbare liefde soos 'n skild te omring. Bly weggesteek agter jou skild van geloof terwyl jy peins oor Sy beloftes en die getuienisse van ander, wat bewys dat Hy jou gesin in elke opsig kan en sal herstel. Geseënd is die Naam van die Here!!

28 Oktober

“Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U” (Ps. 33:22).

Beminde, is jou hoop in Hom? Sy Woord het ons keer op keer vertel dat alles wat gebeur, of dit goed of sleg is, sal wees “volgens” ons geloof en soos wat ons in die Here gehoop het.

Beminde, as hoe jy nou dink en glo nie is hoe jy wil hĂȘ dinge moet uitwerk nie, as jy nie in Sy goedertierenheid teenoor jou hoop nie, as jy nie glo dat goedheid en goedertierenheid jou al die dae van jou lewe sal volg nie, dan moet jy Sy kosbare en pryslose beloftes aan jou vind en dit oordink.  Spandeer meer en meer en meer tyd in Sy Woord. Sit alle ander leesstof neer. Sit die televisie af wat jou sal beroof van die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Verorber en neem groot dele van Sy Woord in om diep in jou siel te begrawe.  Laat die Here se goedertierenheid op jou wees. Amen.


🎈28 Oktober

“Mag u troue liefde oor ons wees, Here, terwyl ons op U wag! ” (Ps. 33:22).

Geliefde kind, is jou hoop op Hom? Sy Woord belowe dat alles wat gebeur, goed of sleg, “volgens” ons geloof sal wees en soos ons op die Here gehoop het.

Geliefde kind, as jy nie op Sy konstante liefde hoop nie, as jy nie glo dat goedheid en goedertierenheid jou al die dae van jou lewe sal volg nie, begin dan om Sy kosbare en pryslose beloftes aan jou te soek en te vind en te mediteer. Spandeer meer en meer en meer tyd om Sy Woord te lees. Skakel alles anders af wat jou sal beroof van die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Laat die Here se konstante liefde jou omvou!

29 Oktober

“Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, u geregtigheid tot op die hoogste berge” (Ps. 36:6).

Beminde, waar kan jy wegkruip van die goedertierenheid van die Here? Jou siel kan neergewerp word na die bodem van die see, maar Sy goedertierenheid is daar. Hoe ver is die hemel bo die aarde? Niemand kan die afstand peil nie, tog Sy goedertierenheid strek uit na die hemele en Sy getrouheid teenoor ons bereik die lug.

Beminde, as ons ons gedagtes en harte sal vestig op die oneindige krag en outoriteit wat die Here se liefde oor al ons angs het, sal ons ophou om ons te bekommer. Dit is kommer en vrees wat die werking van die Heilige Gees sal teenwerk, en die vyand weet dit. Maar met die waarheid in hand, die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, kan ons teen hierdie vyand kom en vrees eens en vir altyd vernietig. Dit is die volmaakte liefde van die Here wat alle vrees verdryf. 

Weet en verstaan hoe baie God jou liefhet, soveel so dat Hy Sy enigste Seun, wie Hy liefhet, gegee het om vir jou te sterf sodat jy in Hom en Sy liefde vir jou mag lewe.


🎈29 Oktober

“Here, tot aan die hemel reik u troue liefde, u getrouheid tot aan die wolke.” (Ps. 36:6).

Geliefde kind, waar kan jy wegkruip vir die onfeilbare liefde van die Here? Jou hart kan op die bodem van die see wees, maar Sy onfeilbare liefde is daar. Hoe ver is die hemele bo die aarde? Niemand kan hierdie afstand begryp nie, tog strek Sy onfeilbare liefde verby die hemele en Sy getrouheid teenoor ons reik verder as die wolke.

Geliefde kind, vestig jou gedagtes en hart op Sy onfeilbare liefde sodat jy nie meer bekommerd sal wees nie. Bekommernis en vrees versmoor die vuur van Sy liefde, en die vyand weet dit. Maar met die waarheid, die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, kan jy vrees eens en vir altyd stop. Dit is Sy volmaakte liefde wat alle vrees stop.

30 Oktober

“Hoe kosbaar is u trou, o God! Die hele mensdom vind skuiling in die skadu van u vleuels” (Ps. 36:8).

Beminde, ken jy die kosbaarheid van die Here se goedertierenheid teenoor jou? Neem jy elke oggend die tyd om Hom te soek, Sy aangesig en Sy liefde, sodat jy gevul kan word tot oorvloed? Dit is vroeg wat ons Hom moet soek omdat Hy weet dat ons Sy liefde in ons harte nodig het sodat ons gesigte die liefde van die Here kan uitstraal. Dit is in ons aangesig wat ander kan sien dat wat ons het, hulle nodig het—Hom!  

Beminde, sit hierdie kosbare tyd eenkant om in die Here te bak en om ten volle bekend te wees met die skadu van Sy vleuels. Want in die dag van benoudheid sal Hy jou wegsteek.  Nietemin, die wat hulle tyd beperk of toelaat dat dae verby glip sonder hierdie tyd van goedertierenheid, vind dat hulle geskud word wanneer die aanslag van die bose kom. In hulle paniek hardloop hulle verkeerd. Maar dié wat die Here voortdurend soek, hardloop na die skuiling in die skadu  van die Almagtige se vleuels. Soek Hom terwyl Hy gevind mag word.


🎈30 Oktober

“Dit is vir ons kosbaar, o God, dat U doen wat U belowe het. Mense weet dat U hulle sal beskerm.” (Ps. 36:8).

Geliefde kind, het jy die konstante en onfeilbare liefde wat God vir jou het gevoel? Beplan jy elke oggend genoeg tyd om Hom te soek Sy aangesig en Sy liefde te soek, sodat jy oorloop?

Wanneer ons vroeg na Hom toe gaan en Sy liefde vasgryp sodat ons gesigte die liefde van die Here weerspieĂ«l – stel jou voor wat ander sal aanskou – hulle sal weet dat wat ons is, is wat hulle nodig het. Hulle het Hom nodig!

31 Oktober

“Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.” (Ps. 36:11).

Beminde, ken jy die Here? Is jy ten volle bekend met Sy goedertierenheid teenoor jou? Want as jy eers hierdie ongelooflike beginsel aangryp; is daar niks, nie een ding, wat vir jou pyn en lyding kan veroorsaak nie. Dit is in die wete dat jy veilig is van alle bose bedoelings. Die Here is meer as genoeg vir my; is Hy meer as genoeg vir jou?

Beminde, neem alles wat die Here vir jou het; spandeer tyd, kwaliteit tyd en baie tyd, elke dag saam met Hom. Beskerm dit met alles wat jy is, want dit is in die redding van jou siel, jou gees, jou vreugde, jou herstel. Dit is in Sy geregtigheid wat jy die opregtheid van hart sal verkry wat jou toekoms sal verseker. Niks wat jy vandag doen sal meer beteken as die tyd wat jy nou saam met Hom spandeer nie. Spandeer vanoggend en mĂŽre oggend en elke oggend hierdie week, om die goedertierenheid wat die Here teenoor jou het, te voel en te ken.


🎈31 Oktober

“Laat u goedheid bly by diĂ© wat U erken en u regverdigheid by diĂ© wat opreg is” (Ps. 36:11).

Geliefde kind, ken jy die Here? Ervaar jy Sy goedertierenheid? Gryp styf vas aan hierdie ontsagwekkende beginsel sodat niemand en niks jou pyn of vrees kan veroorsaak nie. Deur te weet dat jy veilig is van alle kwaad en dat die Here meer as genoeg is vir jou om Sy krag te gebruik, bring vrede.

Geliefde kind, bewaar jou tyd saam met Hom en kry die krag van Sy liefde om verseker te voel van jou toekoms. Niks wat jy vandag doen sal meer beteken as die tyd wat jy saam met Hom spandeer nie. Spandeer vanoggend en mĂŽreoggend en elke oggend hierdie week om die liefdevolle goedheid wat die Here teenoor jou, Sy geliefde kind, te ken en te voel.