Hy Verwag Gehoorsaamheid

♕Belofte van vandag: “Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes EN offergawes. Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit!” Maleagi 3:8-9

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

As ons sukkel op finansiële gebied is dit omdat ons ongehoorsaam is aan God se wette. Hy verwag nie opofferings om ons te seën nie, maar gehoorsaamheid. "Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme”’ (1 Samuel 15:22).

As ons finansieel sukkel, moet ons kyk watter geestelike wette oortree ons.

Ons moet ons tiendes gee en Hy sê ons moet Hom hierin: Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, sê die Here die Almagtige” (Maleagi 3:10-11).

Tiendes bied ook beskerming teen die sprinkane wat kom om te vernietig, nie net ons finansies nie, maar op elke gebied van ons lewens.

Waar ons ons tiendes gee is ook belangrik, ons moet dit gee waar ons geestelik gevoed word. As dit hier by Uiteindelikhoop is, is dit waar ons ons tiendes moet gee.

Enigiets wat ons meer as ons tiendes gee is offerandes. GEE is ook baie belangrik, as ons 'n tekort aan finansies het, moet ons gee wat ons het, wanneer ons 'n tekort aan tyd het, moet ons tyd gee om ander te help. Tekort aan hoop, bel iemand wat deur 'n moeilike tyd gaan en gee hoop.

Bekommernis oor finansies in plaas van vertroue en geloof in Hom wat alles besit gaan ook nie help nie, ons soek menslike oplossings vir krissise, wil harder werk, enigiets om meer te verdien, maar as ons Hom liefhet, dien en gehoorsaam is, gee Hy dit in ons slaap.

Ek het ook altyd gestres oor finansies, gesien hoe my geld net "verdwyn" en die maande langer gehou het as my salaris. Maar ek het ook die krag in tiendes en gehoorsaamheid gesien.

Selfs al lyk my bankrekening nou leeg, het ek nog elke maand deurgekom en elke dag kos op die tafel gehad. Op die wonderlikste maniere het Hy voorsien.

Ek stres nog partykeer as dinge sleg lyk, maar Hy het Homself al oor en oor as getrou bewys in my lewe.

Ek gaan hierdie beginsels (Gehoorsaamheid is Beter as Opoffer) toepas deur meer te let op gehoorsaamheid aan Sy wette. Al gee ek my tiendes en offerandes, kan ek meer gee as daar iemand is wat dit nodiger as ek het.

Liewe Bruide,

As jy sukkel, as dit voel en lyk asof jy nooit geld het nie, gee jou tiendes, al lyk dit asof daar nie is om te gee nie. Gee jou tiendes en gee dit waar jy geestelik gevoed word. Dan na jou tiendes, gee dit wat jy 'n tekort aan het. Begin om Sy wette te gehoorsaam en kyk wat gebeur.

“Dit is omdat julle die wierookoffers gebring het en teen die HERE gesondig het, omdat julle ongehoorsaam was aan die Here en nie geleef het volgens sy wet, sy voorskrifte en sy verordeninge nie, dat die ramp julle getref het soos dit vandag is!” (Jeremia 44:23)

“Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes EN offergawes. Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit!” (Maleagi 3:8-9)

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lee

Armoede Mentaliteit is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!