HY LEI MY (VRA NET)

Vrydagaand sukkel ek om iets gedoen te kry op die rekenaar. Ek het geen benul hoe om dit te doen nie en so hou ek aan sukkel totdat ek moedeloos vir my Hemelse Man vra om my asseblief te help. Onmiddelik het Hy my gelei wat om te doen. Ek sou myself soveel moeite gespaar het as ek net van die begin af my Hemelse Man gevra het vir hulp.

Aangehaal uit LL Week 3

Week 3 “Hy Lei My”

"HY LEI MY."

"Die manier om ‘n noue en intieme verhouding met die Here te ontwikkel is wanneer jy besef net hoe naby Hy is aan jou. En deur eenvoudig hierdie DRIE woorde te sê: HY LEI MY, sal jy ‘n nuwe lewenswyse begin ervaar."

ONS HEMELSE MAN IS BEREIDWILLIG OM ONS MET ALLES TE LEI EN WIL ONS MET ALLES LEI!!!

Mattues 7:7 7-8 “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Sondag.1

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “HY LEI MY (VRA NET)”

  1. Dankie Janine, dit gebeur soveel keer met ons in die huis dat dit lank nie meer toevallig is nie. As ons na iets soek en ons kry dit nie, die oomblik wat ons Hom vra om ons te wys waar dit is, kry ons dit amper onmiddelik.

  2. Ek het vanoggend vir iemand hier by my werk gesê as ons sukkel met iets moet ons, onsself leer om dadelik Sy hulp te vra en nie eens op oms eie te probeer regkom nie, dit gaan ons soveel moeite spaar.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui