HOOP VIR DEPRESSIE

Toe my huwelik die eerste keer op die rotste beland het, het ek so ongelooflik seer gehad, dat ek nie kans gesien het vir die lewe nie. Ek het daagliks geworstel met selfmoordneigings en ja ongelukkig 'n paar keer selfmoord probeer pleeg. Die antidepressante het my net erger laat voel en ek het geen hoop aan die einde van die donker tonnel gesien nie. Ek het my man oor en oor gesmeek om net huis toe te kom en as hy nie huis toe wou kom nie, wou ek nie meer aangaan met die lewe nie, maar daar was hoop: God.

Uittreksel uit die boek: Hoe God jou huwelik kan en sal herstel:

God se Voorskrif
God het ‘n voorskrif vir die geneesing van ‘n nasie of ‘n gesin. Hy sĂȘ
as “
My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid en
vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit
die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” (2 Kron.
7:14).

Kyk na Jesus en styg uit bo jou storm. Wanneer jy in ‘n vliegtuig sit,
in die midde van ‘n storm, is dit baie stamperig terwyl jy stuig tot
bokant die wolke. Maar as die vliegtuig eers bokant daardie swart
wolke is, is die vlug glad, die son skyn en jy kan amper sien en voel dat
God daar is! Snaaks genoeg, vanaf daardie posisie, lyk die wolke onder
jou sag en wit!

Hoe GOD Jou Huwelik Kan en Sal Herstel: ‘n Boek vir Vroue Deur Iemand wat al daardeur was! (Afrikaans Edition)

Ek weet my Hemelse Man het toegelaat dat ek deur die rou seer gaan (en vandag is dit nie meer 'n rou seer nie en ek wil lewe), sodat ek vir ander vrouens kan vertel daar is hoop en as jy vandag dalk so hopeloos voel, wil ek vir jou sĂȘ selfmoord is nie die oplossing nie, daar is hoop! Vind jou hoop in God, Hy wil jou herstel!

JEREMIA 29:11 AFR83

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sĂȘ die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “HOOP VIR DEPRESSIE”

  1. Dankie Janine, wow dit is toevallig. Net gister toe vertel ek vir die kinders van ‘n storie wat ek gehoor het. Dit is iets wat iemand gesĂȘ het van koeie wat weghardloop van die storm af en buffels wat na die storm toe hardloop. Die koeie raak moeg en afgemat wat hulle bly voor die storm probeer uithardloop terwyl die buffels deur die storm hardloop, ja vir ‘n oomblik is dit moeilik, maar dan is hulle aan die anderkant uit. Dit het my baie laat dink aan hoe ons dinge doen met ‘n Hemelse Man, hoe meer ons weghardloop hoe moeĂ«r word ons, maar as ons Sy hand vat en saam met Hom deur die storm loop is ons aan die ander kant uit en kan ons die rustigheid geniet van die groen gras.

    1. Dankie Yvonne dat jy die storie gedeel het, as ons net van die begin af Sy hand vat en saam met Hom loop, sal die beproewings soveel makliker wees om deur te kom!

  2. So waar liefste Yvonne, ek kyk selfs as ek iets soek in die huis, soos vanoggend met my sleutels en ek net opgee en my Hemelse Man vra om my te help en dit dan so vinnig kry, besef ek as ons dit net met alles doen. As ons net rerig met als oorgee en Sy hand vat, gaan ons vinniger aan die ander kant uitkom. Ek kan rerig getuig dat als in my lewe so lank gevat het oor ek nie net Sy hand gevat het nie.

  3. Dankie Janine dat jy hierdie gedeel het, depressie is so epidemie en daar is ‘n kuur daarvoor, net soos jy gevind het: ons Hemelse Man wat altyd gereed staan om te luister en ons so graag uit die donker put van depressie wil trek. Ek self het al deur tye gegaan wat ek depressief gevoel het, tye wat ek ook net nie meer wou nie, maar elke keer het ek aan Hom vasgegryp en het Hy my uitgetrek en my daardeur laat kom. Ja ons gaan almal deur moeilike tye, seer tye, maar ons het ‘n Wonderbare Raadsman wat altyd daar is en aan Wie ons net moet vasgryp.

    1. Ons het ‘n Wonderbare Raadsman liefste Adina en ek bid dat elke vrou dit besef en Hom vind en vasgryp. Want wat Hy vir ons gedoen het, wil Hy vir ander vrouens ook doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui