Hy Draai Situasies Om

Wat ek gedink het my sou breek, het Hy ten goede omgedraai!

Verlede jaar het my voormalige man (Kevin) die proses begin om volle toesig oor die kinders van my weg te vat (weens finansiële redes). Sy plan was dat die kinders voltyds by hulle bly en ek sien hulle net elke tweede naweek. Gedurende hierdie tyd het my Hemelse Man (HM) my gelei en my die begeerte gegee om die Staar Egskeiding in die Gesig, Weer, te vertaal. Alhoewel ons egskeiding lank gelede gefinaliseer was, het hierdie boek my regtig gehelp gedurende hierdie tyd en ek het die beginsels toegepas wat in hierdie boek geleer word; stem vinnig en entoesiasties met jou teëstander saam.

Omdat ek hierdie beginsels toegepas het, het die kinders tot einde verlede jaar by my gebly en ek kan hulle nou 3 naweke per maand en oor skoolvakansies vsien. Gedurende die tyd wat hulle nog by my gebly het om die skooljaar klaar te maak het my HM my regtig vrede gegee en my gehelp om die situasie te aanvaar, want ek kon nie eers dink aan my kinders wat by AV (ander vrou) moet bly nie en dat sy ‘n groot rol gaan speel in hul lewens, om hulle skool toe te neem, ens.

Noudat ons nader aan die einde van die eerste jaar van hulle wat gedurende die week by hul pa gebly kom, kan ek terugkyk en werklik sien hoe Hy my vrede en vreugde gegee het om deur hierdie beproewing te gaan. Hy het baie dinge omgedraai; my kinders wou by hul pa gaan bly, hulle het selfs op ‘n stadium vir my gesê ek moet ‘n beter ma wees, nou sê hulle altyd vir my dat ek die beste mamma is en dat hulle my mis. Ek kry altyd klein notas van hulle in my dagboek of selfs op my skootrekenaar wat net sê hulle is lief vir my en mis my. My seun vra my altyd om hulle vroeg op ‘n Maandagoggend wakker te maak voor ek hulle terugneem, want dan voel dit of hulle meer tyd saam met my het! Wen sonder ‘n woord en om inskiklik te wees het my en Kevin ook by ‘n plek gebring waar ons ‘n vreedsame mede-ouerskapverhouding kan hê, nie dat ons ooit oor die kinders baklei het nie en ek het hom altyd toegelaat om hulle kinders te sien wanneer hy wou, want ek het geweet die kinders het hom baie gemis.

Wen sonder ‘n woord en om net vir my HM te vertel wat ek begeer, het ook hierdie jaar vir my so werklik geword en ek het besef hoe kragtig hierdie beginsels is. Een skoolvakansie het Kevin vir my ‘n e-pos gestuur en gevra hoe ons die skedule vir die vakansie moet reël, ek het my Man gevra hoe ek hom kan antwoord, Hy het my gelei om te antwoord dat hy moet besluit en dat ek hom sal vertrou om die beste besluit te neem. Terwyl ek vir sy antwoord gewag het, het ek met my HM gepraat oor die begeerte van my hart. Toe Kevin twee dae later antwoord, was die skedule presies soos ek met my HM bespreek het! Selfs vir hierdie komende vakansie het ek vir Kevin gesê hy moet besluit en weer het dieselfde ding gebeur!

HM het my ook gelei om weer te begin en lekker goed met die kinders te gaan doen, terwyl hulle in die week by my gebly het was dit altyd skool en huiswerk en naweke was hulle by hul pa, nou is ek die een wat lekker goed kan doen met die kinders, al gaan stap ons net of gaan park toe. Hy seën ons altyd met geleenthede om iets lekker te doen en net tyd saam deur te bring. Ja, daar is naweke wanneer hulle huiswerk of take het of moet studeer, maar ons kan steeds iets lekkers in die naweke inpas.

Met ons Man aan ons sy kan ons werklik deur enige beproewing gaan wat oor ons pad kom en Sy vreugde en vrede te midde van die beproewing ervaar. En Hy sal alles vir ten goede omdraai!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui