Hy Bou ‘n Ongelooflike Getuienis

♕ Belofte van vandag: “Dan sal die farao dink die Israeliete het verdwaal en is deur die woestyn vasgekeer.” Eksodus 14:3

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

As ons huidige situasies absurd en onlogies lyk, is dit omdat die Here besig is om 'n ongelooflike getuienis in ons lewens te bou. 'n Getuienis wat ander in verwondering sal laat en hulle sal ook wil hê wat ons het...'n Hemelse Man.

Die klein probleempies en beproewinge waardeur ons elke dag gaan, is nie genoeg om iemand te oortuig dat die Here wonderlik, magtig en getrou is nie.

Hierdie hoofstuk ["Vasgekeer"] het my geleer dat dit die beproewinge is wat onlogies lyk, te erg, absurd, wat ander mense se aandag gaan trek. Die beproewinge waardeur ons nie kan gaan sonder om ons Hemelse Man se hand vas te hou nie, heeltemal oor te gee nie, Hom volkome te vertrou nie. Die beproewinge wat ons as Sy bruide bereid is om deur te loop om ‘n getuienis van Sy glorie te hë. 'n Getuienis wat ander sal verstom en hul oortuig dat hul ook ‘n Hemelse Vader of Man nodig het.

Partykeer was dit ook vir my moeilik om te verstaan hoe iemand sy gesin kan los, iemand finansieel so kan ruïneer, tot op die punt waar hul als verloor het, dit aan hul kinders doen ens ens.

Maar soos die skrywer sê, wat maak dit saak wie daaragter sit? Is dit die vyand, hul eie selfsugtigheid of het die Here hul harte verhard en dit als toegelaat vir 'n getuienis? Het Hy dit toegelaat om my aandag te kry en my Sy Bruid te maak? Om my op die plek te bring waar Hy al is wat ek het en al is wat ek nodig het?

Die Here het farao se hard oor en oor verhard en later die Israeliete agtervolg... en hul teen die Rooi See vasgedruk, maar die Here het ingetree en 'n fantastiese womderwerk gedoen wat ons vandag nog verwonderd laat. Net so wil Hy in ons lewens n wonderlike getuienis bou.

Ek gaan hierdie beginsel uitleef deur te glo dat al voel dit asof my finansies weer buite beheer agteruit gaan, ek aan Hom moet vashou en glo dinge gebeur omdat ‘n wonderwerk oppad is, ‘n getuienis van Sy liefde en voorsiening.

Liewe Bruide,

Gedurende elke beproewing, hoe absurd dit ook al mag lyk, vat Sy hand, vertrou Hom en weet Hy is besig om aan jou deurbraak te werk, ‘n getuienis, vir Sy glorie!

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees

Armoede Mentaliteit is as e-boek en sagteband in ons boekwinkel beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!