Lewensles Week 56

"Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink.” E3:20

Met die lees van Lewensles Week 56 het ek geleer dat ons elke oggend wakker moet word en die dag, as ons Kosbare Here se perfekte uitgesoekte geskenk aan ons, moet oop maak. Lees asseblief hierdie baie belangrike vraag wat dan aan ons gevra word en hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die les: 

Liewe bruid, lewe jy soos dit? O, ek hoop beslis jy doen.

Beteken dit dat ek nooit moeilikhede of struikelblokke ervaar nie? O Weë, NEE! Ek doen! Ek staar baie, baie van hulle in die gesig, maar die verskil is, ek (en jy) is in staat om oor, onder, om en deur hulle te navigeer terwyl ons Sy hand vashou. Daar was tye in my lewe (nie onlangs nie) toe Hy my moes optel en in Sy arms dra. Maar selfs toe het ek ontdek dat my kop op Sy bors rus so ek kon die klop van Sy hart hoor.

Kosbare liefste vrou kom ons sien elke dag as die perfekte uitgesoekte geskenk aan ons. En ja moeilikhede en struikelblokke gaan daar beslis in ons lewens wees, maar kom ons kies om hand aan hand saam met ons kosbare Here daardeur te gaan. En as jy voel jy kannie meer nie, laat toe dat die Here jou optel en in Sy arms dra en rus dan sag op Sy bors en hoor Sy hartklop.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 56”

  1. Dankie liefste Janine Ja ek is as klein dogterjie geleer elke ogend wat ons waker word is dit n gesken van die Here en n seening. Ek erken party keer wanneer ons in ons woestyne is dink ons nie meer so daar aan nie. En dit hoekom ek baie graag wanneer ek my oë oop maak met n dankie Here begin.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Kristy. Ek het gesien hoe dit my lewe verander om in alles dankbaar te wees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui