‘n Toekoms Van Hoop

"Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het." H10:23

Met die lees van vanoggend se pragtige oggendtoewyding is ek net weer herinner dat ons kosbare Here ons toekoms ken.

Kosbare liefste vrou jou toekoms mag dalk onseker vir jou lyk, maar jou toekoms is nie onseker nie, want ons het 'n toekoms van hoop juis omdat ons toekoms in ons kosbare Here se hande is.

Kosbare liefste vrou mediteer vandag op hierdie pragtige beloftes:

"Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee." J29:11

"En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!" R15:13

"Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou." H10:23

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “‘n Toekoms Van Hoop”

  1. Wees sterk, en laat julle hart moed skep, almal wat op die Here hoop” (Ps. 31:24). Dankie liefste Janine ja ek en my meisie kind hom saam gelees op my Geliefde kind. Ek dankbaar dat my Geliefde my lei waar om die verse te kry wat maklik is vir haar om te leer lees met n verse.

    1. Dis baie kosbaar dat jy en jou pragtige dogter dit saam die oggend toewyding lees op so jong ouderdom. Sy sal dit verewig saam met haar dra en dit wat in haar lewe ingesaai word. Dis ‘n pragtige belofte kosbare Kristy.

  2. Ek wil graag die volgende vers deel wat die Here die laaste 2-3 weke heeltyd in my gedagtes sit:

    “My gedagtes is nie julle gedagtes nie.” – Jesaja 55:8

    Ek het al voorheen die vers gelees, maar die laaste paar weke staan hierdie vers vir my uit, dit is die regte oggend om dit ook te deel want dis is van toepassing op vanoggend se lof: God weet wat ons toekoms inhou, Hy beplan vir ons voorspoed! In Hom is daar hoop.

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige vers met ons deel kosbare Mila, ja dit is so gepas vir vandag se oggend toewyding en ek het hierdie vers ook al baie gelees, maar vandag praat ons kosbare Here met my ook deur hierdie vers.

  3. Dankie liefste Janine, een van die dinge wat ek aan die begin van my reis moes doen was om my planne te laat gaan en my wil neer te le vir SY wil. Dit was nie maklik nie, maar nou weet ek Sy planne is beter as myne in elk geval!

    Ek wil graag die AFR2020 weergawe van J29:11 deel:
    ‘ Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die Here. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle ‘n toekoms en hoop te gee. ‘
    Jeremia 29:11
    https://www.bible.com/af/bible/3499/JER.29.11

    1. Ek weet kosbare Adina, vir my was dit ook glad nie maklik nie, maar ja Sy planne is beslis veel meer beter as wat myne ooit kan wees en tog is dit so bevrydend om als net op te gee en oor te gee aan ons kosbare Here.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui