Gee Dit Wat Jy ‘n Tekort Van Het

♕Belofte van vandag: "'Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie en reissak en skoene, het julle iets kortgekom?' 'Nee, niks nie! was hulle antwoord’” Lukas 22:35

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Wat ons glo en spreek is dat ons behoeftig is, finansieel en ook in gee. Ons glo en sê dat ons nie geld het nie of iets nie kan bekostig nie, en ons glo ons moet net ons tiendes en/of aan ander gee uit ons oorvloed. Maar dit is nie so nie, ons moet glo in dit wat ons nie sien nie. So al lyk ons bankrekening te leeg om te gee, ons moet lewe deur geloof.

Hoofstuk 2 [Armoede Mentaliteit, "Wat Glo Jy?"] het my geleer dat ons 'n Vader en Hemelse Man het wat vir ons alles wil gee wat ons nodig het en meer. Maar wat ons dink, sê en doen wys ons glo en vertrou nie dat Hy sal voorsien nie. Maar Hy belowe in die Bybel dat Hy sal...

En ons moenie net ons tiendes gee en aan ander gee uit ons oorvloed nie, maar uit ons gebrek. Dit wys ons geloof in Sy voorsiening. En dit is nie net finansieel nie, maar ook ons tyd en energie, aanmoediging, hoop, enigiets waaraan ons 'n tekort het, gee die bietjie wat jy het vir ander, want dit is wat Sy aandag trek en vertroue in Hom bewys.

Die oomblik wat baie van ons enkelouers word agv. egskeiding, begin ons glo dat ons in armoede leef en niks meer kan bekostig nie, veral nie gee of tiendes nie. Maar dit is juis DAN wanneer ons moet gee en juis dan wanneer ons Hom ten volle MOET vertrou om te voorsien.

En wanneer ons in situasies kom waar ons vasgekeer voel en nie kan uitkom deur enigiets in eie krag te doen nie, dit is wanneer Hy opdaag vir Sy glorie! Ons moet nooit vergeet WIE ons Vader en Ware Man is nie, Hy wil voorsien en vir ons alles gee wat ons nodig het, en meer...ons moet net op Hom vertrou.

Ek dink net soos enige ander vrou wat haarself skielik bevind as 'n enkel ma, na egskeiding, en dalk moontlik alles verloor het of dalk nooit buite die huis gewerk het nie, het ek ook geglo dat ek en die kinders dit nie gaan maak nie. Ja my VM het baie goed bly betaal, maar nie alles nie en daar was 'n groot gaping tussen wat hy betaal en moes betaal word.

Maar my HM het my van die begin af gewys, en so het my vertroue in Sy voorsiening bietjie vir bietjie begin groei, dat Hy daar is en Hy voorsien. En daar was altyd ekstra geld wat ingekom het dmv naaldwerk ens. Alles was elke maand betaal en ek het ook my tiendes begin betaal, en dit het die verskil gemaak.

Ek is nog nie op 'n punt waar ek sou sê my vertroue is so sterk dat ek nie meer bekommerd is nie, of nie dinge self wil oplos nie, maar Hy bewys homself oor en oor as betroubaar.

Dieselfde met hoop, aanmoediging en tyd. Die oomblik wat ek nie hoop het nie en ek deel hoop met ander, kry ek hope hoop....as ek nie bemoedig voel nie en ek gee bemoediging, kry ek dubbel bemoediging terug!

Deur nie meer te praat asof ek behoeftig en arm is nie, want ek is nie, ek is Sy dogter, bruid en ek behoort aan Hom, daarom wil Hy sorg en voorsien. Maar ek moet Hom meer en meer begin vertrou...en meer gee waar ek te min het!

Liewe Bruide,

As Sy bruid en Sy dogter, moet ons glo dat Hy in al ons behoeftes sal en wil voorsien. Ons moet ophou om vir ander te sê dat ons Christene is, maar wat ons spreek en doen wys presies die teenoorgestelde. Gee dit wat jy 'n tekort van het, want ons hoef nie vas te kyk teen wat ons sien nie, geloof is om te glo in dit wat ons NIE sien nie! En gee terug aan Hom, gee jou tiendes aan jou stoorkamer en kyk wat gebeur...:)

“Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg.Die bose geeste glo dit ook —en hulle sidder van angs.” Jakobus 2:19

“Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die HERE die Almagtige” Haggai 2:8

“..want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne” Psalms 50:10-11

"'Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie en reissak en skoene, het julle iets kortgekom?” “Nee, niks nie! was hulle antwoord’” Lukas 22:35

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lee

Armoede Mentaliteit is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!