Elke Beproewing Lei Na ‘n Seëning

♕ Vandag se Belofte: “Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: ‘Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?’ En hulle sê vir hom: ‘Dit is so, U Majesteit!’ Hy sê toe: ‘Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos 'n hemelwese!’” DANIËL 3:24-25

Luister na Atarah se ☊ Lofverslag

Dierbare Vriendin, terwyl ek HOGTW, Beginsel 10 gelees het, het ek ook besef hoe belangrik dit vir ons is om te deel waaroor ons lees en leer, asook wat ons Hemelse Man vir ons doen.  Dit is vir ons moontlik om te deel deur eenvoudig ‘n Lofverslag, toewyding of skrifgedeelte te deel in WhatsApp, wat dalk dinge kan verander vir ‘n vriendin, familielid of enigiemand wat ons Hemelse Man in lewens geplaas het.

Die fantastiese ding is dat wanneer ons gedeel het, loop ONS bemoedig en opgebeur weg!

“Ons almal weerspieël [reflekteer; of lyk; of besin] die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem [Met 'n onthulde gesig..]. Ons word al meer verander [getransformeer] om aan die beeld van Christus [in dieselfde beeld] gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe [of is van een graad van heerlikheid tot 'n ander; is van heerlikheid tot heerlikheid]. Dit doen die Here wat die Gees is.” 2 KORINTIËRS 3:18 (AFR83)

Deur ons beproewings word ons getransformeer, ons verander. Elke beproewing lei na ‘n seëning wat ons ten volle kan geniet en ons kan die hand van ons Hemelse Liefde sien en wat Hy gedoen het en hoe ver Hy ons gebring het. As ons terugkyk besef ons, soos die skrywer sê, dat ons nie ‘n enkele ding sou verander nie!!

“Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: ‘Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?’ En hulle sê vir hom: ‘Dit is so, U Majesteit!’ Hy sê toe: ‘Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos 'n hemelwese!’” DANIËL 3:24-25

~ Atarah in Suid Afrika
Volg #Atarah Follow #Atarah
I’m a tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!