Die Besluit is Uit My Hande Geneem

Vandag se Belofte:  “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 'Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?'" Matteus 7:7-11

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

Die Here is net fantasties! Somtyds voel dit of my hart net wil oorloop van liefde en vreugde.

My kinders word nog tuis onderrig, maar die skool ondersteun ons. Vanaf ons in "lockdown" gegaan het, is ons hele ouerskap plan by die venster uitgegooi, nie dat ons altyd daarby gehou het nie, maar ten minste was die kinders in skool, so hulle moes by die huis gewees het.

Wat nou gebeur het is dat die kinders somtyds vir 2 weke en langer by my Vorige Man is en dan somtyds net vir 'n week by my. Ek het nooit nee gesê nie, want ek het regtig geglo dit is die regte ding om te doen.

My seun het baie goed gedoen in meeste van sy vakke, maar Wiskunde het hy nie so goed gedoen nie en dit is gewoonlik een van sy beste vakke. Ek het geworstel met die Here, want het ek die verkeerde ding gedoen om net die hele tyd ja te sê.

My Hemelse Man, so absoluut wonderlik soos wat Hy is, het my so mooi gelei. Ek is besig om deur die boek Handelinge te werk en die Here het my so baie dinge geleer.

Ons moet so versigtig wees om die nou paadjie te loop, maar ons kan ook weet dat as ons die verkeerde ding gedoen het, Hy is so genadig en het dit klaar in Sy plan ingewerk. Jy het Hom nie onkant betrap nie!

Dit beteken natuurlik nie dat jy aspris moet sondig nie, maar somtyds gebeur daar iets en jy is nie seker of jy die regte ding doen of nie.

Ten spyte van die feit dat ek al baie naby aan oortuig was dat ek die verkeerde ding gedoen het om die heeltyd net ja te sê en sodoende my kinders daaronder te laat lei het, was ek nogsteeds nie heeltemal seker nie.

Ek het met die Here gepraat en gesê dat as Hy wil hê ek moet nee sê volgende keer wat die kinders by my Vorige Man wil tuisonderrig kry in plaas van by my, moet Hy my help, want om so iets te sê kan baie nagevolge hê.

Die kinders was weg met vakansie vir 'n week al is dit nie skoolvakansie gewees nie, wat beteken hulle het alweer 'n week se werk wat hulle moet inhaal. Dit is die tweede keer wat dit gebeur en dit plaas soveel druk op die kinders.

Ek het Hom gevra as dit wat aan my geopenbaar is, regtig van Hom is, moet Hy asseblief die besluit uit my hande neem sodat ek weet dit is van Hom af.

Wow, dames laat ek julle vertel, Hy is so getrou! 'n half uur later laat die skool my weet dat hulle nog 'n punt kort vir my dogter vir 'n vak en dat sy asseblief die Maandag 'n taak moet inhandig.

Die besluit is uit my hande geneem!!! Prys die Here! Hy het gemaak dat my kinders die naweek terugkom huistoe sonder dat ek iets hoef te gesê het.

Is Hy nie net so wonderlik in hoe Hy werk en hoe Hy dinge bevestig nie? 

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 'Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?'" Matteus 7:7-11

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!