Ek Sal Meer As Okay Wees

♕Belofte van vandag: “Die man wat ek liefhet, is myne en ek syne . . . Skaars was ek by hulle verby of ek het hom wat ek liefhet gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie . . . sê vir hom die liefde verteer my.” Hooglied 2:16; 3:4; 5:8

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Wanneer ons gebreek word deur owespel wat teen ons gepleeg word, verwerping, verlating of egskeiding, dan kan ons so naby aan die Here kom, Sy liefde en Sy vrede dat ons niks anders as dit wil hê nie. Nie huweliksherstel of enigiets anders nie, maar ons moet ook bereid wees om Sy wil in ons lewens te laat geskied, vir Sy glorie en vir 'n getuienis.

In hierdie Hoofstuk van Leef Die Oorvloedige Lewe [Hoofstuk 15 “Die Liefde Verteer My”], het ek geleer dat net so pynlik verwerping, verlating, egskeiding of owerspel mag wees, wanneer ons gebreek word tot op 'n punt waar ons die Here met ons hele hart soek en Hom en Sy liefde begin ervaar, kan dit ons op 'n punt bring waar dit AL is wat ons soek.

Ons wil bly in Sy oneindige liefde, die vrede en vreugde wat ons net in Hom kan vind, so verlief raak op Hom dat ons niks anders wil hê nie, nie die herstel van ons huwelike nie, niks.Selfs al was huweliksherstel dit wat ons op die pad gesit het saam met die Here, wanneer Hy jou hart ten volle vul, maak niks anders saak nie.

Maar ons moet ook oop bly vir Sy wil en plan in ons lewens, as Hy ons huwelike wil herstel vir Sy glorie, moet ons gewillig en oop bly daarvoor.

Vir myself het ek op 'n punt gekom waar ek nie meer Huweliksherstel soek nie, op die plek waar ek nou op my reis is, het ek vrede en vreugde in Hom gevind, al word my beproewings groter en meer.

Ek kan net terugkyk op my reis tot dusver en Sy hand in my lewe sien, hoe Hy my vasgehou het, hoe Hy vir my en my kinders gesorg het, my trane opgevang het in 'n bottel, en ek weet dat al herstel Hy nie my huwelik nie, ek sal baie meer as okay wees. Die vrees vir my toekoms sonder my voormalige man is weg😊

Maar ek sal oopbly vir Sy plan, want al ek skram ek diep in my hart weg van herstel, weet ek dat as Hy dit doen, dit vir Sy glorie sal wees en Hy my sal gee wat ek nodig het om dit te doen.

Ek gaan hierdie beginsel uitleef deur net vas te hou aan my Hemelse Man, Hom te soek en lief te hê bo alles en die res in Sy hande te los....😊

Liewe Bruide,
Soek die Here, hou vas aan Hom en moet Hom nooit laat gaan nie. Rus is Sy plan en wil vir jou, want dit sal fantasties wees!!

“Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag. Dit alles sê ek vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe en in onverdeelde toewyding aan die Here…Tog is sy na my mening gelukkiger as sy ongetroud bly; en ek dink dat ek ook die Gees van God het” (1 Korintiërs 7:34-40).

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #LOL Kategorie om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as e-boek beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!