“Die man wat ek liefhet, is myne en ek syne . . .

Skaars was ek by hulle verby of ek het

hom wat ek liefhet gekry.

Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie . . .

sê vir hom die liefde verteer my.”

—Hooglied 2:16; 3:4; 5:8

 

Toe ek hierdie hoofstuk begin het, ongekend danksy Sy liefde, het ek gesukkel om dit geskryf te kry. Ek het geweet waarheen ons op pad was, en ek het ook geweet dat dit vrees was wat my huiwering veroorsaak het. Alhoewel daar 365 keer in die Bybel vir ons gesê word om nooit enigiets te vrees nie en soos wat ek voorheen geskryf het, veral nie vrees vir wat ander mense dink nie, het ek nog steeds gehuiwer en afgestel om hierdie hoofstuk te skryf. My bekommernis was dat ek geweet het wat ek te sê gehad het, het die potensiaal gehad om vreesaanjaende emosies in sommige van julle op te wek wie tans huwelik herstel soek, wat dan potensieel deur die vyand gebruik kan word om jou te ontmoedig.

Terselfdertyd, is wat ek op die punt staan om te deel, so opwindend uit my perspektief, ek wil dit letterlik van die dakke af skreeu en die hele wêreld vertel. So maak nie saak hoe dit begin ontvou nie, my begeerte om hierdie hoofstuk te skryf is om jou te help om te verstaan dit was jou hart wat ek in gedagte gehad het. Dit is my hoop dat dit jou nie, op enige manier, sal ontmoedig of bekommerd laat voel nie, of dat enige ander negatiewe emosie oor jou sal spoel nie.

Die manier wat dit jou nadelig kan affekteer is dat ons so dikwels die reis wat ander geroep is om te neem sien en nie kan help om te wonder “Hoe gaan dit my affekteer?” nie. Is dit iets wat Hy my ook gaan laat deurgaan?” Die waarheid is, dikwels is die antwoord, Nee, en Hy gaan jou nie roep om dieselfde roete te neem wat Hy my (of ander) gevra het om te neem nie. So enige tyd wat jy begin om bekommerd te raak, stop en laat Sy liefde en versekering jou vrese stil maak, want daar is geen manier dat Sy plan vir jou toekoms nie bedoel is om helder, opwindend en geweek in Sy liefde te wees nie. Onthou, Hy het gesterf om vir jou die Oorvloedige Lewe te gee, reg?!

So, om te begin, wees net ‘n bietjie langer geduldig met my omdat ek van koers gaan verander voordat ek begin. Dit is omdat ek onlangs ‘n boek gelees het deur ‘n skrywer en ek het myself so verlore gevind met amper die helfte wat sy geskryf het. Dit is omdat sy dit met haar “gereelde volgelinge” of bewonderaars in gedagte geskryf het en ek was nie een van hulle nie—so ek het geen idee gehad waarvan sy gepraat het nie. So dit beteken dat ek hierdie hoofstuk moet begin deur gou my persoonlike situasie uit te lê, sodat diegene wie nuut is met my boeke, of Erin se bediening, nie deurmekaar raak deur wat ek op die punt staan om te deel nie.  

Een van die moeilikste dinge waardeur ek gegaan het toe my man my gelos het en weer van my geskei het, het te doen gehad met die feit dat my persoonlike bediening en ook om RMI te help, ontstaan het toe my eie huwelik herstel was. Na jare wat ek God gesoek het om my huwelik te herstel, het Hy my gebede beantwoord, toe ek God vertrou het om my huwelik te herstel, terwyl ek die herstel beginsels wat ek by RMI gevind het, geleer en ywerig nagevolg het, wat ek alreeds bevestig het deur hulle in my eie Bybel op te soek. Gevolglik, kort nadat my huwelik herstel was, het vrouens in my kerk na my toe gekom vir hulp en leiding en die gevolg was dat ek ‘n bediening binne my kerk gehad het. Later het dit ook vir my deure oopgemaak om regoor die wêreld te praat—hoop aan vrouens te bring wat in ‘n huwelik krisis en ondraaglike pyn was en wie hulle huwelike ook herstel wou hê. 

“Hy het SY hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou My woorde in jou mond gelê. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig” (Jeremia 1:9-10)

So, toe my man my weereens gelos het en van my geskei het, na veertien jaar van herstel (wie ek gedeel het, een van die pastore by die kerk was waar ek bediening gegee het) het baie vroue ons gemeenskap verlaat so vinnig as wat hulle sou as ‘n skip sink—maar wie kon hulle blameer? Diegene wat agtergebly het, was verstom, geskok en geruk omdat hulle nie kon help om aan hulle eie huwelike te dink nie en hulle was bang dat hulle herstel ook nie sou “hou” nie. Verbasend, het baie verwag dat ek vir hulle aanmoediging en ondersteuning moes gee gedurende ‘n tyd in my eie lewe toe ek dit beleef het, wat my ook ‘n bietjie verwilderd gelos het, omdat ek geen idee gehad het wat regtig vir my voorgelê het nie, of my bediening, of my kinders, of my finansies, of my toekoms.  

So vreemd soos dit mag klink, dit was toe dat Hy vir my deure begin oopmaak het om te reis (eintlik net drie weke na my egskeiding finaal was). Ek het uitnodigings van etlike kerke gekry, waar hulle baie vrouens gehad het met vrae oor hoe dit hulle herstel sou verander. En, een van die gewildste vrae het te doen gehad met navrae oor my toekomstige “huwelik herstel”—wanneer en hoe dit “hierdie keer” sou plaasvind. Wat ek geleer het om deur my man se tweede verlating te gaan, (en jy sal meer verstaan as jy my boek Staar Egskeiding In Die Gesig—Weer, lees), was dat ‘n krisis van hierdie omvang ‘n manier het om sy slagoffer op ongelooflike maniere te verander. Dit het my nie net tot ‘n vlak van intimiteit met die Here gebring wat ek nooit kon droom ek sou hê nie; maar dit was ‘n dieper intimiteit as wat ek ooit gedink bestaan het of ooit gehoor het iemand oor praat, nie eers iets waaroor ek iemand hoor sing het nie.

Ek het gou gevind dat hierdie nuut, verbeterde verhouding die hoof fokus van my lewe geword het. Ek het nie meer na my toekoms of enige ander detail van my lewe gekyk nie, beslis nie na enige soort huwelik herstel nie. Wonderbaarlik, het my aandag uitsluitlik gekeer na die Een wat ek gevind het my meer bemin as wat ek ooit sou kon dink. Toe dit gebeur het, het ek besef dat ek desperaat was om aan Sy teerheid vas te hou, maak nie saak wat nie. Die desperasie het eintlik begin om ‘n obsessie te word, veral wanneer dit bedreig gevoel het. Enige tyd wat ek ‘n epos gekry het, of deur iemand gevra was: “Michele, ek is opgewonde om te weet wanneer jou volgende herstel gaan plaasvind? Het God jou vertel hoe dit gaan gebeur?” Wanneer enigiemand my gevra het oor my toekomstige herstel met my eks man, het ek gevind dat ek myself dieper in die hart van my Beminde grawe uit vrees dat iemand sou probeer wegneem wat ek gevind het—HOM en Sy liefde. Liefde waarin ek elke dag geweek het en veral gedurende die nag in gerus het.  

Gedurende hierdie tye wat ek bedreig gevoel het, wanneer ek Hom gevra het om my nooit te laat gaan nie, het Hy my dikwels gelei om te lees, “Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag. Dit alles sê ek vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe en in onverdeelde toewyding aan die HereTog is sy na my mening gelukkiger as sy ongetroud bly; en ek dink dat ek ook die Gees van God het” (1 Korintiërs 7:34-40).

Aanvanklik toe ek enige vraag oor my volgende of tweede huwelik herstel beantwoord het, het ek myself basies in outomaties gevind of soort van in ‘n dwaal. Waarmee ek gesukkel het, het te doen gehad met my bediening. Vir jare het ek saam met Erin gewerk om vrouens te help wat desperaat was (soos wat ek was) om hulle huwelike te herstel, so natuurlik was dit op daardie tydstip my hoof- en enigste fokus van my bediening.   

So, met die omkeer van sake in my lewe, het ek baie gou geweet dat ek sekerlik my posisie met RMI kan verloor en ook my hele gemeenskap wat ek gevestig het in my kerk, saam met enige afsprake as spreker (en wat sou beteken dat ek enige en al my inkomste sou verloor, wat alreeds onder my begin verbrokkel het), ek het gevoel dat ek heeltemal deursigtig moes wees en my ware gevoelens moes deel—ek het nie meer herstel gesoek nie en om die waarheid te sê, ek wou dit nie gehad het nie.

“Die man wat ek liefhet, is myne en ek syne . . . Skaars was ek by hulle verby of ek het hom wat ek liefhet gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie . . . sê vir hom die liefde verteer my.” (Hooglied 2:16; 3:4; 5:8).

Destyds toe dit gebeur het, was hierdie konsep nooit ooit bespreek binne die bediening nie, maar gelukkig, is geen stelling daaroor (dat ek nie my huwelik herstel wil hê nie) so skokkend soos wat dit eens op ‘n tyd was nie. Ongelukkig, aangesien ek die eerste een was wat sulke laster geuiter het, het ek toegekyk hoe baie vrouens hulle rug op my gedraai het. Die nuwe fokus van my bediening was meer as wat hulle kon verduur en ongelukkig het hulle verkeerdelik begin glo dat ek nie meer in huwelik herstel geglo het nie, aangesien ek dit nie vir myself gesoek het nie.

My dilemma het aangegaan en op ‘n punt, vroeg een oggend terwyl ek nog in die bed was, het ek aan die Here uitgeblaker dat ek gehoorsaam sou wees en enigiets doen wat Hy my vra, maar...ek sou nie my huwelik met my eks man herstel nie, omdat ek Hom nooit sou los nie! Ek het die kombers oor my kop getrek en binne sekondes het ek begin huil om te dink hoeveel ek my Man gegrief het met my aaklige houding. Met trane het ek Hom gevra of Hy teleurgesteld was in my. Wat ek gehoor het, het my verbaas en ek glo dit sal jou ook verbaas. Hy het gesê dat dit Hom op geen manier gegrief het nie, maar in plaas daarvan het dit Hom geseën en Sy hart aangeraak!!

Verstom, het Hy voortgegaan om my te herinner hoe Josua teen God se bevel gerebelleer het om van Sionsberg af te bly (aangesien enigiemand wat te naby gekom het, dood gemaak sou word) terwyl Moses opgegaan het om Hom van aangesig tot aangesig te ontmoet. Josua wou meer van God gehad het en het meer van God nodig gehad—maak nie saak wat dit hom sou kos nie. Toe later, kan jy onthou, dit was Josua wie oorgeneem het toe Moses se woede veroorsaak het dat hy nooit in die Beloofde Land sou ingaan nie? So, wat hy gedoen het, deur om teen God se bevel te gaan, was beloon.  

Volgende het Hy my herinner aan Rut toe sy geweier het om Naomi te verlaat en terug te gaan na haar mense toe. Rut het vereis en nee gesê, sy sou by haar skoonma bly—en dit is toe God haar geseën het en sy Boaz se vrou geword het—om nie eers te praat van die feit dat sy in Jesus se voorgeslagte was nie!

Volgende het die Here my herinner aan Elisa wat elke keer geweier het as Elia hom probeer oortuig het om agter te bly. God het hom geseën soos wat ons later in die Bybel sien dat dit Elisa was wat ‘n groter salwing gehad het, meer as wat Elia ooit gehad het. 

Dit blyk asof God verheug is oor onsterflike lojaliteit, toewyding en ‘n soort liefde wat weier om Sy teenwoordigheid te verlaat.

Selfs al het ek baie beter gevoel, was ek nog steeds angstig en bang dat die Here my eendag sou vra om my huwelik met my eks man te herstel, moontlik vir Sy glorie. Toe een noodlottige dag terwyl ek in Suid Afrika was, het my liewe, dierbare gasvrou my gevra of sy my ‘n persoonlike vraag kon vra. Toe sy gevra het, was dit basies dieselfde soort vraag wat blykbaar op almal se gedagtes was, “Sal jy ooit jou man terugvat?” Ek het haar op dieselfde manier geantwoord as wat ek ontelbare kere vantevore geantwoord het:

“Maak nie saak wat God my vra om te doen nie, ek sal dit doen . . . maak nie saak wat dit is nie.”

Daardie aand terwyl ek in die bed gelê het, het ek iets gedoen wat so eenvoudig gelyk het, tog het ek nooit voorheen daaraan gedink nie, tot daardie oomblik. Ek het vir die Here gevra: “Liefling, wanneer iemand vir my daardie vraag vra, hoe wil Jy hê moet ek dit beantwoord?”

Wat ek Hom hoor sê het, het my verbysterd gelaat; “Sê net vir hulle jy kan nie.”

Vir die volgende paar weke het baie Bybelverse deur my gedagtes gehardloop terwyl ek desperaat probeer het om sin te maak van wat Hy my vertel het. Wat het Hy bedoel toe Hy gesê het, “ . . . jy kan nie”?

Met geen vers of beginsel wat in my gedagtes opgekom het nie, het ek gretig wakker geword en dwarsdeur my Bybel gesoek om verse te vind om my te help om te verstaan. Maar daardie oggend was ek op pad Kenya toe en ek het nie my gunsteling Bybel by my gehad nie. Toe ek omvattend begin reis het, het ek opgehou om dit te bring omdat dit gedurende een reis effens beskadig is. Ek het op my skootrekenaar Bybel staat gemaak waarvoor ek die Internet nodig gehad het. (Dit was voordat ek die luuksheid gehad het van ‘n Bybel applikasie op jou selfoon en internet waar ook al jy in die wêreld is.)

Terwyl ek terugkyk, is dit nou amper lagwekkend, omdat Hy vir my daardie aand vertel het toe ek haastig op die vliegtuig na Kenia geklim het, en dit is ‘n land waar dit amper onmoontlik was om op die Internet te konnekteer. Waar ek gebly het, het geen Internet gehad nie en daar was net een Internet kafee waar jy ‘n paar minute kon koop, wat ek gebruik het om met my kinders gekonnekteer te bly. Hoekom het Hy dit georkestreer deur my te vertel sonder om die vermoë te hê om dit te soek? Omdat die Here net wou gehad het dat ek stil moes wees en Hom soek; tyd om eenvoudig stil te sit en te luister na wat Hy self vir my wou vertel.  

Wat ek gehoor het sal jy in die volgende hoofstuk lees. Maar net soos wat die Here my ontkoppel het om nie op ‘n ander plek te soek nie, het Hy vir my gevra dat ek jou ook moet los, om jou tyd te gee om net stil te wees en die Here toe te laat om met jou te praat. Moenie net vir ‘n paar minute stop voordat jy die volgende hoofstuk lees nie, in plaas daarvan, neem ‘n paar dae, of langer, om die Here toe te laat om met jou te praat oor wat Hy vir my vertel het en wat Hy wil hê ek moet deel. Ek glo dat Hy op die punt staan om jou hart oop te maak en jou toe te laat om die oorvloedige lewe van jou drome te begin lei! 

Onthou, “God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie!” (Efesiërs 3:20 Die Boodskap).

“Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees en WIL Hy Hom oor julle ontferm: Die HERE is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou” (Jesaja 30:18).

Joernaal

1 PETRUS 3:13-16—
"Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God."

 

2 thoughts on “Hoofstuk 15 “Die Liefde Verteer My””

  1. hi Erin.My name is Anna Marie.I share today at my work place on hope and now I read your message
    I have so much in common with you and get many answers and revelation in what you share.You are not in South Africa?I will keep on reading your message.God bless you in abundance in every area of your life.You receive blessing and be a blessing to others.
    ~~~~~~
    hi Erin.My naam is Anna Marie.Ek deel vandag by my werkplek op hoop en nou lees ek jou boodskap
    Ek het soveel in gemeen met jou en kry baie antwoorde en openbaring in wat jy deel. Jy is nie in Suid-Afrika nie? Ek sal aanhou om jou boodskap te lees. God seën jou in oorvloed in elke area van jou lewe. Jy ontvang seën en wees tot seën vir ander.

    1. Ek is so dankbaar dat jy kommentaar hier kom los het kosbare Anna Marie. Kosbare Erin is nie in Suid-Afrika nie, sy is in die VSA. En ek weet waarvan jy praat, dit wat sy skryf is absoluut deur die Here gelei en het my lewe so geraak en doen nog daagliks.
      Besoek asseblief ook ons Afrikaanse blog, waar ons daagliks iets bemoedigend plaas wat ons uit die lesse leer en daar word ook getuienisse geplaas – https://uiteindelikhoop.com/blog/
      Dis die eerste keer wat ek jou hier sien kommentaar lewer en sal jou graag meer wil sien, jy kan ook ‘n Huwelik Evaluasie Vraelys invul sodat ons jou beter kan leer ken – https://uiteindelikhoop.com/hev/
      Ek hoop om jou meer gereeld te sien kommentaar lewer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui