Ek Is Nog Steeds Die Rykste Vrou Op Aarde

♕Belofte van vandag: "Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige.Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie." MALEAGI 3:10

~Mercy in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Mercy

Terwyl ek vanoggend besig was om koffie te maak , het ek nagedink oor my lewe en hoe ek eintlik "niks" besit nie. Ek besit nie 'n motor nie, ek besit nie 'n huis nie ek het klere in die kas en hoofsaaklik kostuum juwele. Ek werk as 'n vertaler vir RMI wat een van die gawes van God is waarvoor ek innig dankbaar is. Maar na alles wat ek genoem het is ek nog steeds die rykste vrou op aarde omdat my HL (Hemelse Liefde) alles besit en as Hy alles besit dan besit ek ook alles want ek is Sy erfgenaam! Ek het probeer aan 'n vriend verduidelik om dankbaar te wees vir ALLES, ek het verduidelik dat Hy alles besit wat jy het . Selfs jou kinders, kleinkinders, jou huwelik, om net 'n paar op te noem is Syne. So moet nie so styf vashou aan die goed wat aan Hom behoort nie. Hou eerder styf vas aan Hom!!

Wat my by die onderwerp bring van tiendes. Nog nooit in my lewe was ek so geseënd as toe ek my tiendes begin betaal het nie. Ek het al voorheen lofverslae geskryf oor Sy seëninge. En dit is nie net die seën nie, maar dit is ook wat Hy voorkom om met jou te gebeur. Hy voorkom dat die verslinder jou goed vat, jou besittings, jou huwelik, jou kinders om maar net 'n paar te noem.

Om 'n tiende te gee is nie 'n versoek nie dit is 'n MOET! as 'n
volgeling van Christus. Aan die einde van velede jaar het Hy my geseën met 'n lewende opvoering, Hy het my geseën met nie net 1 nie maar 2 naweke weg by die strand. Ek gaan binnekort Kaapstad toe waar ek my 80jarige pa gaan sien vir wie ek in amper 3 jaar nie gesien het nie.

Maar die grootse seën vir my vir hierdie jaar is dat ek Londen toe gaan om my 4 kleinkindres (2 wat ek nog nie ontmoet het nie) en 3 kinders en hulle eggenote en my broer gaan sien. En as alles volgens plan afloop gaan ek 'n dag toer Frankryk toe neem 'n stad wat ek my hele lewe lank al wou besoek het. Hulle noem Parys die stad van liefde. Ek sit hier met trane in my oë as ek net daaraan dink, omdat ek dit alleen met my HL wil spandeer, net die 2 van ons. Ek sal my ervarings deel wannneer ek terugkom. Ek wil jou my HL net bedank vir jou guns. Dat jy dit alles vir my moontlik gemaak het.

PSALMS 24:1 (AFR83)

"'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here"

Moenie vashou aan goed nie, hou aan Hom vas aan wie ALLES behoort!

1 KORINTIËRS 10:26 (AFR83)

“want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.”

MALEAGI 3:10 (AFR83)

"Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie."

Gee jou tiendes jy sal regtig sien wat Hy sal doen!

Volg#Mercy Follow #Mercy
En Mercy is 'n tiende vennoot. Leer meer.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!