Ek Gaan Nie Meer Sê Ek Kan Dit Nie Bekostig Nie

♕Belofte van vandag: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus…” Filippense 4:19

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Ons moenie soos die wêreld dink, praat en glo dat ons in armoede verkeer en niks kan bekostig, daar te veel skuld is en ons op 'n streng begroting lewe nie. Die Here sê in Sy woord dat Hy sal voorsien en Hy belowe dit. Jesus het vir ons aan die kruis gesterf sodat ons gered kan word, hoeveel te meer sal Hy nie voorsien wat ons nodig het nie?

Hoofstuk 1, [“Die Armoede Mentaliteit Gedefinieer”], het my geleer dat ons die Here moet vertrou met alles wat ons nodig het en nie heeltyd vir almal sê, of selfs glo, dat ons niks kan bekostig nie. Deur dit te sê toon ons nie vertroue in Hom nie en dit wys ook vir ander dat ons Hom nie vertrou nie, al noem ons onself Sy Bruid of 'n Christen.

En as jy 'n enkelouer word is dit ook maklik om in die armoede mentaliteit te verval en te dink dat dit beteken jy gaan finansieel swaar trek en tekort hê. Maar as Sy Bruid is dit glad nie hoe ons moet dink of redeneer nie!

Ons is ook geneig om te "lyk" asof ons nie geld het nie, ou klere, uitgegroeide hare ens. want ons kan nie "bekostig" om versorgd te lyk nie. Ons moet dit wat Hy vir ons gee oppas, want om te lyk asof jy nie geld het nie, wys jy weereens vir ander dat jy Hom nie vertrou met al jou behoeftes nie.

Vra Hom vir alles wat jy nodig het en vertrou Hom, Hy sal voorsien. Dit beteken nie ons kan uitgaan en onverantwoordelik wees en die winkels gaan leegkoop nie! Ons moet net versigtig wees om nie soos die wêreld te begin dink en optree nie.

In my eie lewe het ek al baie ervaar hoe Hy wel finansieel deurkom wanneer my bankrekening leeg is of iets moet betaal word. Vandat ek geskei is kon ek nog elke maand betaal wat moes betaal word en daar was elke aand kos op die tafel. Ek kan selfs vir my en die kinders nuwe klere koop, of bydra om vir die kinders klere te koop.

En dit is maklik om vir jare met dieselfde klere te loop omdat jy dink jy kan niks nuuts kan bekostig nie, maar wat ek ondervind het is dat as jy winkels toe gaan om klere te koop en Sy leiding volg, kry jy dit wat jy wil hê en meestal teen afslag pryse! Of as ek kos moet koop en net soveel geld het, is dit wat ek nodig het beskikbaar teen afslagpryse of dis op promosie! Dan kan ek als kry wat ek nodig het plus ekstra!

Ek gaan dit uitleef deur Hom te vertrou met wat ek nodig het, en nie meer sê ek kan dit of dat nie bekostig nie.

Liewe Bruide,

Ons het 'n wonderlike Hemelse Man/Vader wat in al ons behoeftes wil voorsien. Ons moet net glo en vetrou dat Hy ons sal help en in al ons behoeftes sal voorsien en Hy belowe dit in die Bybel. Moenie glo dat jy in armoede leef en dit uitleef of spreek nie, vertrou Hom, Hy sal voorsien!

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lee

Armoede Mentaliteit is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!