Die Here is goed, Hy is ‘n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir die wat by hom skuil – Nahum 1:7 AFR83

Die Here is so goed, Hy is NOOIT laat nie! Sy tyd is die beste tyd, ek wil graag net deel wat die Here vanoggend vir my gedoen het. So, die laaste paar maande gaan dit nie so goed finansieel nie, ek het gister op pad huistoe met trane in my oe met die Here gepraat en vir Hom gese dat ek weet nie hoe ek dit gaan maak tot die einde van die maand nie, ek het regtig ‘n diep gesprek gehad met my Hemelse Man en hy het vanoggend vir my deur gekom! Ek wil hom al die lof gee, vanoggend trek ek ‘n baadjie aan wat ek ‘n jaar laas aan gehad het en toe ek in my sak voel haal ek R600 note uit wat genoeg is vir my tot die einde van die maand, hoe wonderlik is ons God nie, hy voorsien altyd. Daardie R600 was kontak wat ek laasjaar verloor het, maar ek het vrede daarmee gemaak dat dit weg is, maar soos ek se God se tyd is die beste tyd! Alles gebeur vir ‘n rede. Ons wonderlike Hemelse Man werk op die snaakste maniere, dit is hoekom ek vanoggend hierdie vers as die titel gemaak het ek moet dit net weer deel: “Die Here is goed, Hy is ‘n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir die wat by hom skuil”. Vanoggend op pad werk toe het ek hierdie vers as ‘n “notification” gekry van my Bybel “app”, as dit voel of jy net jou kop in die grond in wil druk want alles om jou val uitmekaar daar is een ding wat jy moet onthou JY MAAK VIR GOD SAAK, God SAL voorsien, Hy is ons toevlug in tyd van nood, Hy sal vir ons sorg as ons by HOM skuil. Hou moed, ek het nog nooit soveel vreugde ervaar in so ‘n hartseer tyd nie, daarom wil ek net vir my Hemelse Man dankie se dat hy vir my die krag gee om elke dag op te staan en van voor af te begin. God wys oor en oor vir ons dat Hy in beheer is, so hoekom twyfel ons? soos God in sy woord se ons moet in geloof bid SONDER twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. ❤️

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Die Here is goed, Hy is ‘n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir die wat by hom skuil – Nahum 1:7 AFR83”

  1. Dankie vir die mooi getuienis liefste Meagan, ja die Here is nooit ooit laat nie, wow wat ‘n wonderlike versekering is dit net nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui