‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5 – SLEUTELS VAN DIE HEMEL

Wag. Baie keer sal die stryd aanhou woed namens jou. Jy moet ook onthou dat daar dalk baie “gevegte” is wat geveg (en gewen) moet word in die oorlog teen jou huwelik. Onthou net; Wanneer die geveg die Here sin is, is die oorwinning ons sin! (1Sam. 17:47). Net soos regte oorloë, word al die gevegte nie deur dieselfde kant gewen nie, so moenie moed verloor as jy tekort skiet en foute gemaak het nie. Ons kan troos vind in die wete dat Hy ons onmiddelik hoor - maar daar is ‘n stryd wat gevoer word. In die boek van Daniël het ‘n engel met hom gepraat en ons hierdie insig gegee: “…van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek het gekom in antwoord op jou gebede. Die engel van die Persiese ryk het my een en twintig dae lank teruggehou.” Dan 10. 12-13. Dit kan tyd neem om die gevegte te wen; moenie moeg word nie. “Wat julle betref broers: moenie moeg word om goed te doen nie.” 2Tes. 3:13.

Hier moet ek erken dat ek nog nooit van wag gehou het nie, veral nie as nie geweet het wat aangaan nie en die wag vir my so onseker gevoel het. Maar nou probeer ek in die Here se vrede wag, want ek weet die oorwinning is in die Here. En as ons foute maak langs die pad, wat ek natuurlik baie van gemaak het, moet ons onthou dat ons foute die Here glad nie onverwags vang nie, Hy is nog steeds in beheer en dis Hy wat dit vir ons gaan doen, ons moet net wag.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5 – SLEUTELS VAN DIE HEMEL”

    1. Ja liefste Christine, prys die Here dat Hy die Een is wat in beheer is en dat ons by Hom ons vrede kan kry, daai vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui