💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Ons lewe, dié hou Hy in stand, ons voete laat Hy nie struikel nie." P66:9

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

Jesus het nie belowe om die omstandighede rondom ons te verander nie, maar Hy het groot vrede en pure vreugde belowe vir diegene wat wil leer om te glo dat God eintlik alle dinge beheer.

Kosbare liefste vrou ons moet net die Here vertrou. Ek kan getuig dat dit my werklik groot vrede en pure vreugde verskaf om ons kosbare Here in alle dinge te loof en prys, want Hy weet hoekom Hy sleg in ons lewens toelaat. Dit is altyd vir 'n groter doel en tot ons voordeel, want onthou die Here het werklik vir ons planne van voorspoed.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Vanogend is ek dankbaar vir als wat ek het. Ek is dankbaar dat my Geliefde Hemelse Man elke dag by my is en my help deur als. Ek is dankbaar vir nog n gebed wat die Here beantwoord het. Ek is dankbaar vir als en al Sy liefde.

  2. Ek is dankbaar dat die Here vandag saam met ons die sleutels gaan gee het van die plek waar ek vir oor die 18 jaar gebly het en dat die koop heeltemal deur is (dit was hartseer maar my hoop is in die Here).
    Ek is so ongelooflik dankbaar dat die Here my hoop is.
    Ek is dankbaar dat die Here vir my die voorreg gee om my ouers rond te ry.
    Ek is dankbaar dat ek sulke goeie ouers het en dat dit nou my voorreg is om na hulle te kyk.
    Ek is dankbaar dat die Here my Hemelse Man is en so mooi vir my voorsien.
    Ek is so ongelooflik dankbaar dat ek op die Here kan staatmaak, dat ek niks ooit weer sonder Hom hoef te doen nie.

  3. I am grateful that my Heavenly Husband provided new brake pads and discs. For a reliable mechanic who installed my new tires for free.
    I am grateful for the fun time I had with my youngest children this week.
    I am grateful for the provision of a new washing machine.
    I am grateful that My Heavenly Husband loves me so much that He protects me and my children from all dangers
    I am grateful that He helps me to no longer join my colleagues in the negative talk. He clear my name.
    I am grateful that I can show more and more fruits of patience in my family.
    I am grateful that He has promised to never leave me.
    I am grateful that my Heavenly Husband and Maker knows how to heal me. I am emotional getting better.
    —————-

    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man nuwe remskoene en skywe voorsien het. Vir ‘n betroubare werktuigkundige wat my nuwe bande gratis geïnstalleer het.
    Ek is dankbaar vir die lekker tyd wat ek hierdie week saam met my jongste kinders gehad het.
    Ek is dankbaar vir die voorsiening van ‘n nuwe wasmasjien.
    Ek is dankbaar dat My Hemelse Man my so lief het dat Hy my en my kinders van alle gevare beskerm
    Ek is dankbaar dat Hy my help om nie meer saam met my kollegas die negatiewe praatjies te maak nie. Hy maak my naam skoon.
    Ek is dankbaar dat ek meer en meer vrugte van geduld in my gesin kan toon.
    Ek is dankbaar dat Hy belowe het om my nooit te verlaat nie.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man en Maker weet hoe om my te genees. Ek is emosioneel besig om beter te word.

    1. Ek is so dankbaar saam met jou kosbare Kristine, dat die Here besig is om jou emosioneel te genees en vir Sy voorsiening in jou lewe. Dankie dat jy alles kom deel het waarvoor jy dankbaar is, ons kosbare Here is die Beste Voorsiener ooit en Sy liefde vir ons onbeskryflik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui