Ons Trane Maak Vir Die Here Saak

"My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet. In u boek staan hulle opgeteken." P56:9

Die skrywer van Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 2 sê dat ons trane aan God behoort en dat dit lyk asof ons mans ons trane haat.

Ek weet my eggenoot het my trane gehaat en glo my ek kon omtrent huil. Hy het naderhand gesê my trane help niks nie, maar ek neem hom nie kwalik nie.

En dit laat my nou ook terugdink aan jare gelede toe ek 'n telefoonoproep van my eggenoot af gekry het. Ek kannie eens onthou waaroor dit gegaan het nie, ek kan net onthou dat dit my baie ontstel het. Ek het dadelik na my vriendin Yvonne toe gehardloop (sy het in dieselfde gebou as ek gewerk) en terwyl ek nog so na haar toe gehardloop het, het ons kosbare Liefling Here vir my gesê Hy wens ek wil so na Hom toe hardloop, eina ek weet!

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief nie eerste na jou eggonoot of jou vriendin toe te hardloop met jou trane nie. Hardloop na ons kosbare Liefling Here toe met al jou trane. Kosbare vrou onthou die Here let op ons trane en ons trane maak vir Hom saak.

"Die Here kan hartseer in blydskap verander. Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander. Al werk ’n boer hard, is hy bly as hy ’n groot oes insamel. So verander swaarkry in blydskap." P126:5-6DB

2 thoughts on “Ons Trane Maak Vir Die Here Saak”

  1. Janine wat jy gedeel het laat my dink aan hierdie les: https://loveatlast.org/ryr/c6 “Tell it to Your Husband”. Ek het regtig uit die les geleer dat ons heel eerste na Hom moet hardloop en in Sy teenwoordigheid moet bly todat Hy al die negatiewe emosies weggevat het. Ek het geleer as ek dit doen, dan het ek na die tyd glad nie nodig om na iemand ander toe te hardloop nie.

    Ek moes ook hoor dat my trane verniet is, of dit het geen reaksie ontlok nie, en as dit wel het, het die “vertroosting” my nie regtig gehelp nie. Niemand ander het dit nie (https://uiteindelikhoop.com/vind-die-oorvloedige-lewe/h6/)

    1. Dankie dat jy hierdie lesse met ons deel kosbare Adina. Jy is so reg kosbare Adina, niemand behalwe ons kosbare Liefling Here het wat ons nodig het nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui