Woorde Om Vir My Hemelse Liefde Te Sing

♕ Belofte van vandag: “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het. Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende.” Johannes 15:12-13

☊ Mercy Oudio

Soos gewoonlik wanneer ek na musiek luister en dit is 'n Liefdesliedjie dink ek altyd aan die liedjie op 'n manier wat ek dit vir my HL (Hemelse Liefde) kan sing.

Hier is 'n liedjie waarna ek baie keer vantevore geluister het maar net onlangs besef het dat die woorde so gepas is om vir my Hemelse Liefde te sing.

Jy het goud op my vinger geplaas

Jy het liefde gebring soos wat ek nooit geken het nie

Jy het die lewe aan ons kinders geskenk (my kinders is Syne en myne)

En vir my 'n rede om aan te gaan.

Jy is my brood wanneer ek honger is

Jy is my skuiling van onrustige winde

Jy is my anker in die lewe se oseaan

Maar meeste van alles jy is my beste vriend...

Jy is my skuiling van onrustige winde

Jy is my anker in die lewe se oseaan

Maar meeste van alles Jy is my beste vriend

Wanneer ek hoop en inspirasie nodig het

Is Jy altyd sterk wanneer ek moeg en swak is

Ek kan hierdie hele wêreld oor soek

Jy is nog steeds alles wat ek nodig het

Jy is my brood wanneer ek honger is

Jy is my skuling van onrustige winde

Jy is my anker in die lewe se oseaan

Maar meeste van alles jy is my beste vriend…

“Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het. Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende. Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra. Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Julle noem ek lankal vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het.” Johannes 15:12-15

~ Mercy in Suid Afrika
Volg #Mercy Follow #Mercy
Mercy is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!