Staar Egskeiding In Die Gesig

"Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie." S3:5

Toe ek die voorwoord van die boek Staar Egskeiding In Die Gesig lees het ek net weer besef hoe verkeerd ek dinge hanteer het. Natuurlik het dit my baie ontkant gevang  toe my man uittrek en ek het heeltemal verkeerd opgetree. Eers was ek baie kwaad, later het ek so ver gegaan as om die ander vrou te bel en haar te vra om asseblief my man uit te los, ja ek weet dit was die grootste fout, want dit het glad nie in my guns getel nie. Toe dit nie werk nie het ek desperaat geraak en begin huil en smeek, wat dit ook natuurlik erger gemaak het, want hy het vinnig 'n egskeiding aanhangig gemaak, wat my net so onkant gevang het en ons was baie vinnig geskei. Ja ek dink of moet ek sê ek weet ek is letterlik een van daardie vrouens wat al die foute gemaak het, maar ons genadige Here gebruik nou my foute om jou te waarsku wat om rêrig nie te doen nie.

Lees asseblief hierdie voorwoord van Erin:

Liewe Bruide,

Of die egskeiding jou onkant gevang het, of jy aangevoel het dit kom. Dit is altyd ‘n skok. Dit is hoe jy op enige skok of krisis reageer wat die uitkoms sal bepaal. MEESTE kies om terug te baklei, wat veroorsaak dat jou opponent selfs harder baklei. Om terug te baklei of te weerstaan, beteken ook dat jy baie meer sal verloor—die verhouding wat jy wil hê.

Hierdie boek en kursus is vir JOU—as jy wil hê die uitslag moet verander. Kom hoër as net Egskeiding In Die Gesig Staar, leer hoe om teenspoed te omhels—entoesiasties en sonder vrees. Wat jy gaan leer sal nie net toegepas word op die egskeiding wat jy nou in die gesig staar nie, maar in ontelbare ander beproewinge wat jy in jou leeftyd in die gesig sal staar. Leer dit nou en geniet die Oorvloedige Lewe wat Hy graag wil hê jy moet leef!!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Staar Egskeiding In Die Gesig”

  1. Kosbare Janine,
    Daardie foute het ek ook gemaak, en as ek nou terug kyk kan ek nie net sien watse verwoesting ek gesaai het nie, maar ek sak ook my kop in skaamte.
    Nèt God se weg is die regte weg en die waarheid! Ons menslike weg sal en kan niks aan ‘n situasie verander nie.
    Gee op en gee oor en wees stil en laat God, God wees en laat Hom toe om jou gevegte vir jou te veg!
    Hy wìl dit so graag vir ons doen!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui