So groot soos ‘n man se hand

Elke keer as ek dink aan ons Afrikaanse FB-groep wat ons as die Afrikaanse span gelei gevoel het om te skep, kan ek net vir Hom dankie sê dat hy die dames na hierdie groep gelei het. Ek wil graag al die bruide wat dit lees aanmoedig om hul BNN te gebruik en hul eie FB blad of groep (Sosiale Media Bediening) te begin om hoop en bemoediging te deel aan al die desperate en gebroke dames daar buite.

Toe ek die groep geskep het, het ek dit per ongeluk ‘n privaat groep gemaak, maar ek dink Hy het ‘n plan hiermee gehad. Ek moet erken ek het nie veel hoop vir hierdie groep gehad toe ek dit geskep het nie, maar op daardie stadium het ek nie geweet wat HY beplan het nie. Ek het begin om die HJH-kursus een keer per week te deel en ‘n paar oordenkings.

Ek het ‘n paar versoeke gekry van dames wat by die groep wou aansluit wat ek aanvaar het, dit het ‘n rukkie geneem om by 100 lede uit te kom, maar toe het dit ewe skielik net geblom met amper 50 versoeke daagliks, ons is nou op 5900 dames wat by die groep aangesluit het!!! Ons hou net aan bid en vertrou dat HY die dames na die groep sal lei en in hulle harte sal werk om die kursusse te begin en hulle Huwelik Evaluasie Vraelyste in te vul, alhoewel ons ‘n paar AFR HEV’s van die groep ontvang het.

Ons het onlangs gelei gevoel om hierdie groep Engels en Afrikaans te maak, Hy het ons net daaraan herinner dat ons soveel Engelssprekende dames in Suid-Afrika het, alhoewel 13% van die bevolking Afrikaans praat (die derde mees gesproke taal in SA, met Zulu op 24 % en Xhosa op 18%. Ons het almal ENG as tweede taal en ons kommunikeer met mekaar in ENG in die werkplek en ander instellings, maar Afrikaans is ook baie mense se tweede taal.

Die groep het wel ‘n ruk gelede ‘n plato getref, maar noudat ons die groep tweetalig gemaak het, begin dit weer groei, ons deel ook die daaglikse oordenkings van die blog in ENG en AFR en deel die skakel na die ander taal ook.

Dan wil ek Hom ook bedank en prys dat hy Janine vir ons gestuur het wat graag in FB plaas en sy sit regtig haar hart daarin om met die dames in die groep te deel, ek weet Hy het GROOT planne vir Suid-Afrikaanse dames en of ons hulle bereik in ENG of AFR, sal dit tot Sy eer wees en om hoop en bemoediging te versprei aan al die seer dames in SA.

Dit laat my dink aan ‘n vers wat Yvonne oor die Afrikaanse (Suid-Afrikaanse) bediening gedeel het: “Die sewende keer kom sê die dienaar: ‘Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.’
Toe sê Elia: ‘Maak gou! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “So groot soos ‘n man se hand”

  1. Dankie Adina. Elke keer wil ek sê: “Ek kan nie wag om te sien wat Hy in Suid-Afrika doen nie”

    Vanoggend kyk ek terug en ek moet sê: “Dankie vir wat U alreeds besig is om in Suid-Afrika te doen.”

    Ek is so dankbaar vir al die dames hier wat mekaar bemoedig en lei. Vanoggend se “Streams in the Desert” het ‘n gedig gehad wat praat van mense wat voor ons is op die reis en omdraai om vir ander te sê dat hulle daardeur gekom het en dat Hy hulle daardeur gebring het. Dankie dat jy een van daai vrouens is.

    Ek is so lief vir daai versie, ek sien hoeveel ons al klaar gegroei het en weet dat dit net die begin is.

  2. Ja dit was ‘n baie treffende boodskap vanoggend in Streams. Ek besef baie hoe ver ek al op die reis gekom het en as ek terugkyk en onthou waar ek was, dan besef ek weereens hoe belangrik dit is dat ons ander moet help om hulle ook aan te moedig en hoop te gee dat hulle in Hom ook so ver sal kom op hulle reis. Dat daar genesing en ewige liefde is in en by Hom, dat ons Hom net moet aangryp en die pad saam met Hom moet stap.

    Maak nie saak waar ons nou is nie, met Hom aan ons sy kan ons aan die anderkant kom en dan iemand anders se hand vat en hulle help, soos nog ‘n gedig wat Hy my nou aan herinner, die Brug Bouer:

    Die Brug Bouer
    Oorspronklike Deur Will Allen Dromgoole,
    hersien deur Erin om aan vrouens bediening te gee.

    ‘n Ou vrou wat op ‘n verlate hoofweg gaan,
    Het, in die aand, koud en grys, gekom,
    Na ‘n kloof uitgestrek en diep en wyd.
    Deur, wat gevloei het, ‘n somber gety
    Die ou vrou het deur die pynlike warreling oorgegaan,
    Die somber gety het geen vrees vir haar gehad nie,
    Maar sy het omgedraai toe sy veilig aan die ander kant was
    En ‘n brug gebou om die gety te span.

    “Ou vrou, “ het ‘n pelgrim naby gesê,
    “Jy mors jou krag deur hier te bou;
    Jou reis sal eindig teen die einde van die dag,
    Jy sal nooit weer hier verby kom nie;
    Jy het die kloof, diep en wyd oorgegaan,
    Hoekom hierdie brug bou by aand gety?”

    Die bouer het haar ou grys kop opgelig;
    “Goeie vriend, op die pad wat ek gekom het,“ het sy gesê
    “Het daar my vandag gevolg
    ‘n Jeugdige wie se voete hier verby moet kom.
    Hierdie kloof was soos niks vir my
    Vir daardie blonde jeugdige, mag dit ‘n valkuil wees:
    Sy, ook, moet oor die pynlike warreling kom;
    Goeie vriend, ek bou die brug vir haar!”
    https://uiteindelikhoop.com/bb/

  3. Dankie liefste Adina, ons dien so wonderlike Vader en ek wil Hom al die lof gee dat Hy jou gelei het om die FB groep te begin en die leiding wat jy my gee. Die Vader straal uit jou uit en jy gee my leiding met so sagte gees.
    Ek loof en prys God vir jou en Yvonne se geestelike leiding in my lewe en vir hierdie hele bediening wat ons wonderlike Vader gebruik om soveel seer vrouens te bereid en hoop te gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui