Saaityd en Oestyd

Liefste bruide daar buite, as dit voel of jy moed wil verloor asseblief moet nie, die Here weet beter, sy tyd nie ons sin nie. Ek het vanoggend iets gelees, ek voel ek wil dit graag deel:

As jy nie kan vlieg nie, hardloop. As jy nie kan hardloop nie, stap. As jy nie kan stap nie, kruip. Wat jy ook al doen, hou net aan vorentoe beweeg. — Martin Luther King, Jr.

Soms voel dit makliker om net moed op te gee. Ons probeer en probeer en raak so moeg van al die probeerslae, veral as ons nie enige resultate of vrug op ons arbeid sien nie. Dan besluit ons om op te hou probeer, al hoop ons desperaat dat ons een of ander positiewe uitkoms sal sien.

Ons “saai” óf goeie óf slegte dinge in ons lewe. Ons plant sade wat sal opkom en ‘n goeie opbrengs lewer, of ons laat toe dat onkruid in ons lewens wortelskiet. As ons eerlik is, sal ons erken dat dit makliker vir onkruid is om in ons lewens wortel te skiet as vir plante wat vrug dra.

Galasiërs 6:9 sê: “Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” (NLV) Dis moeilik om die regte ding te doen, te kies om aan te hou as ons nie resultate sien nie. Maar as ons ‘n “oes wil inbring” kan ons nie tou opgooi nie.

As jy net vir een week gimnasium toe gaan sal jy nie ‘n nuwe, gesonde liggaam kry nie. Ons moet dit aanhou doen, week na week, om die gevolge van ons harde werk te kan sien. Ons kan nie verwag dat ons gebroke huwelik sal herstel as ons net een dag vriendelik teenoor ons eggenoot is nie. Ons moet moeite doen en dag na dag in ons huwelik belê, en God ten volle vertrou om die verandering te laat gebeur.

Jy oes nooit direk na jy iets geplant het nie. Boere weet dit. Hulle plant in een seisoen en oes tydens ‘n ander seisoen. As jy dus wonderlike resultate in jou lewe wil sien, moet jy aanhou doen wat reg is. Jy kan nie moed verloor en nogtans ‘n oes verwag nie. Dis so maklik om so te dink. Ons verwag dat God ons sal seën met ‘n vrugbare lewe, terwyl ons lankal moed verloor het. Ons moenie mismoedig raak op hierdie reis nie, want ons sal oes wat ons saai.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Saaityd en Oestyd”

  1. Dankie vir die deel kosbare Mila, ja ons moet beslis nooit in ons stap met die Here opgee nie en saam met Hom kan ons nie anders as om vorentoe te beweeg nie, Hy is werklik net te onbeskryflik vir woorde. En ja dis net Hy die Here, wat die werklike verandering en werklike genesing sal bring.

  2. Dear Mila, thank you for this encouragement😘

    “It’s hard to do the right thing, to choose to keep going, if we don’t see results. But if we want to “bring in a harvest” we cannot give up.”

    It is indeed hard to keep going. After another conflict with EH i cry a lot. It is a long time that i did not sleep for a whole night. Before I went to bed I asked for encouragement. ask our Lord to give me strenght and comfort to not give up. Your post is just what i needed.

    Much Love🌹

    Liewe Mila, dankie vir hierdie aanmoediging😘

    “Dit is moeilik om die regte ding te doen, om te kies om voort te gaan, as ons nie resultate sien nie. Maar as ons ‘n oes wil inbring, kan ons nie tou opgooi nie.”

    Dit is inderdaad moeilik om voort te gaan. Na nog ‘n konflik met EH huil ek baie. Dit is ‘n lang tyd wat ek vir ‘n hele nag nie geslaap het nie. Voor ek gaan slaap het ek vir bemoediging gevra. vra ons Here om my krag en vertroosting te gee om nie moed op te gee nie. Jou pos is net wat ek nodig gehad het.

    Baie Liefde🌹

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui