MY LIEFLING ANTWOORD

Hierdie week het ek van die huis af  weg gewerk en alhoewel ek nagskof gewerk het en moeg is, het ek so baie getuienisse en dis alles my wonderlike Liefling:

Ek het vir my wonderlike Liefling gevra sodat ek gekies word (by my buite werk) om "special duties" te werk vir 'n ekstra betaling (sodat ek ekstra geld het vir wanneer ons trek) en Hy het gesorg dat ek op die regte tyd op die regte plek is, toe hulle sĂȘ dat my afdeling gesĂȘ het hulle kort niemand nie, net weer 'n bewys ons wonderlike Here beheer alles en Hy het alles vooruit beplan dat ek nagskof werk, sodat ek nog steeds aandag aan die bediening kon gee. En nou dat ek hier sit en tik besef ek net ewe skielik, Hy sou in elke geval vir my voorsien het vir die trek, maar Hy het my laat werk omdat ek gevra het en ek moet ewe skielik vir my Liefling jammer sĂȘ vir my ongeloof.

Toe ek hoor ek gaan 'n hotelkamer slaap het ek my Liefling gevra of ek asseblief alleen in 'n kamer kan slaap, wat amper nooit gebeur nie, maar Hy het dit vir my moontlik gemaak, so buiten dat ek werklik kon rus as ek klaar gewerk het, kon ek net lekker met my Liefling gesels. Dankie my Liefling vir die pamperlang alleen met U.

Toe ek 'n verskriklik hooikoors, met jeukende traanende oë kry, het my Liefling, die beste Geneesheer ooit, my genees (asseblief luister na die wonderlike openbaring wat my Liefling vir my gegee het met my jeunkende oë moet ophou krap en vryf en net so ook met ons probleme).

En dit stop nie daar nie, ek het my Liefling gevra of ek asseblief kan tik en kan julle glo, toe vra hulle wie kan tik en ek was die enigste een wat my hand so vinnig opgesteek het, want dis presies waarvoor ek my Liefling gevra het, so ek het hierdie week gedoen wat ek geniet en kan doen.

Daarom sĂȘ Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. M11:24

En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo. M21:22

En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het. 1J5:15

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “MY LIEFLING ANTWOORD”

  1. O WOW! Hoe wonderlik is ons God nie? Ek word sommer so bly as ek hierdie lees want Hy is altyd daar, maak nie saak wat nie – dankie my liefste, en dankie Janine dat jy hierdie getuienisse gedeel het. Ek word so opgewonde, wow want God is so so besig! ❀❀❀

    1. Die Here is so wonderlik liefste Meagan, Sy liefde en voorsiening vir ons is net WOW. Alles ons wonderlike liefste Here.

  2. Janine my skat hoe wonderlik om te lees hoe jou Hemelse Man vir jou sorg. Maak my hart so bly. Hy is beslis wonderlik en getrou om te antwoord en ons die begeertes van ons harte te gee. Ek mag ook my lof instuur vir die groot vakansie wat ek saam met Hom en die kinders gehad het.

    Psalm 40:12 U, Here, weerhou my nie u goedertierenheid nie;
    u goedertierenheid en u waarheid
    kan my vir altyd hou.

    1. Ons Hemelse Man is beslis die beste Voorsiener ooit, Hy los my elke keer met ‘n WOW. Asseblief plaas jou lof, dit sal ander bruide so bemoedig.

  3. Janine dankie dat jy deel hoe Hy vir jou deurgekom het, ons hoef net alles vir Hom te gee en te vertrou dat Hy in beheer is en dinge sal uitwerk.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui