MY BEMINDE – 3 MEI

3 Mei

“Daardie oggend het Abraham vroeg opgestaan en na die plek toe gegaan waar hy in die teenwoordigheid van die Here gestaan het . . .” (Gen. 19:27).

Beminde, het jy ‘n plek waar jy voor die Here kan gaan? Hy het ons toestemming gegee om Sy poorte binne te gaan met danksegging en lof. Beminde, ons het toestemming om na die Koning van konings en die Here van die heersers toe te gaan wanneer ons die begeerte het. Dit is te groot om te peil, te wonderlik om te glo. As ons president of die koning van ‘n magtige nasie vir jou toestemming gee om hom te sien, sal jy nie elke oggend vroeg soontoe gaan nie? Wetend wat ‘n voorreg dit is, sal jy dit nie benut nie?

Beminde, as ‘n kind van God, kom jy nie as ‘n dienaar nie, alhoewel ons is, maar as ‘n seun of dogter. Ons gaan nie net in nie, ons omhels Sy gesig soos wat Hy ons in Sy arms vashou. Moenie die voorreg van hierdie plek afskeep nie. Gaan vroeg en ontmoet die Een wat die hele heelal regeer. Hy wag vir jou.

Ons is so bevoorreg om enige tyd na die Here toe te kan gaan. Ek het nou die dag vir iemand gesê dat dit soos met enige verhouding werk, as ons die verhouding afskeep gaan ons die gevolge dra. Ek onthou toe ek groot geword het, het ek gedink dat ek net met die Here kan praat as ek op my knieë gaan bid, maar vandag weet ek dis nie al wanneer ek met die Here hoef te praat nie, Hy is nou hier saam met my elke oomblik as my Hemelse Man en ek kan enige tyd met Hom praat.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “MY BEMINDE – 3 MEI”

    1. Ja liefste Adina, jy is reg, ons moet ook luister. Ek sal nooit vergeet toe ek een oggend parkeer het en my Hemelse Man gesê het ek moenie meer vorentoe ry nie en ek nie geluister het nie en my kar lelik gekrap het en my Hemelse Man daar vir my gesê het kyk die gevolge oor ek nie geluister het nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui