‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 3 VERVOLG

NEW-COVER-WW-AFR-Front

Hoofstuk 3 vervolg…
Bitterheid. Om iemand nie te vergewe nie, veroorsaak bitterheid. Die definisie van bitterheid is “gif”! “Moet nie verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.” Efe. 4:31. Deur iemand anders nie te vergewe nie, vreet aan jou, nie die ander persoon nie. “Net ‘n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed.” Spr. 14:10. “Hy ken immers die geheime van die hart.” Ps. 44:21.

Ek kan daarvan getuig dat bitterheid soos gif is. Ek het vir so lank met bitterheid geloop, ek het gedink dat ek vergewe het deur net te maak of die seer nie bestaan nie en te probeer om my hard te verhart en daardeur vir myself geflous en gesê dat ek wel vergewe het. Ek kon ook nooit verstaan hoe ek so kort van draad was nie, maar vandag weet ek dat dit oor bitterheid was, want die gif het deur my hart gevloei.

My wonderlike Hemelse Man is so genadig, die oomblik wat ek Hom gevra het om my te help vergewe, het die bitterheid verdwyn en help Hy my om te verander, want ‘n feit is, dat ek niks op my eie krag kon of kan doen nie.

Asseblief moenie met bitterheid rondloop nie, vergewe gou en die beste van alles is, jy hoef dit nie op jou eie krag te doen nie, vra die Here om jou te help.

En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. 2K12:9

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui