Lewensles Week 44

Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! E2:4-5

Ek verdien Dit Nie

Met die lees van hierdie week se lewensles het ek geleer dat dit 'n leuen van die vyand is dat hy ons wil laat glo dat ons dit nie verdien om langs ons kosbare Here te beweeg nie en daarom bly ons by die Here se voete smekend vir Sy genade en vergifnis, maar die Here wil vir ons soveel meer as Sy bruid hê. Ons kosbare liefdevolle Here het reeds vir ons die prys van ons sondes betaal sodat ons saam met Hom die oorvloedige lewe kan leef. En nee kosbare bruid, ons verdien niks op dit wat ons doen nie, maar deur ons kosbare Here se liefde hoef ons nie meer die vyand se leuen te glo nie.

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w44/

Kosbare liefste bruid deel asseblief hieronder in die kommentaar beloftes uit die Woord oor die Here se genade en liefde.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Lewensles Week 44”

  1. Liefste Janine,
    Hierdie is ietsie wat ek al vir ‘n rukkie saam met my hou. Ons verdien niks! Alles wat ons het en alles wat ons is ìs net deur God se genade en deur Sy vergifnis en ontferming. Hoe ongelooflik lief mòet Hy ons nie hê om ons te vergewe al verdien ons dit nie!
    Daàrom kan ons weèt dat Hy soveel meer vir ons wil gee as wat ons ooit kan oor droom!
    Want Hy het ons lief en wil nie eèn van ons verlore laat gaan nie.

    1. Ja kosbare Betty dis alles ons kosbare Here se genade. Ja, dit is werklik ‘n onbeskryflike liefde vir ons, want Hy vra nie gaan verander eers gou en dan kom julle terug na My toe nie, Hy vat ons net soos wat ons is en na dit alles wil Hy net vir ons die beste gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui