Jy Is Vry en Skoongewas

Belofte van vandag: “'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” Johannes 10:10

~ Adina in Suid Afrika

☊ Adina Joernaal Potgooi

Hierdie Lewensles, Skuldigbevinding het my geleer dat daar partykeer dinge in ons lewens is, 'n sonde, waaroor die vyand ons sal bly aankla. Ons laat minderwaardig voel en dat ons niks verdien van die Here af nie. Maar dit is nie so nie, Hy het vir ons gesterf terwyl ons nog sondaars was, Hy vergewe ons en was ons skoon as ons belei en om vergifnis vra. Dan kan ons dit daar los en hoef nie verder gebukkend te gaan onder die las van skuldgevoellens nie.

Hy is lief vir ons en Sy genade is oneindig groot. Hy wil hê dat ons die oorvloedige lewe moet leef wat Hy gesterf het om vir ons te gee, maar ons kan dit nie doen as ons gebukkend gaan onder skuldgevoellens vir dinge waarvoor ons klaar vergifnis gevra het nie.

Hierdie skuldgevoellens kan ook ons Verhoudings met ander en die Here beinvloed omdat ons dalk onwaardig voel en dinge in ons ontlont wat tot negatiewe reaksies lei. Die vyand sal ons dinge probeer wysmaak en probeer oortuig dat agv die sonde ons niks verdien nie, veral nie SY liefde en genade nie, en ook nie verdien om vry gemaak te word van ons sondes nie.

Maar ons moet Sy leiding soek, Hom soek, en weet dat Hy ons liefhet, vergewe en vrymaak. En ons kan alles by Sy voete los.

Ek hoef nie te voel asof ek niks van Hom verdien agv sondes in my lewe nie. Hy is lief vir my, vergewe my en maak my vry. Hy wil nie hê ek moet gebukkend gaan onder sondes waarvoor ek al al vergifnis gevra het nie en ook nie dat dit my lewe en Verhoudings beinvloed nie. Maar dit is presies wat die vyand wil hê om ons sodoende gebind te hou.

Om te besef dat ek vergewe is vir alles waaroor ek konstant aangekla word. Te weet ek is vergewe, skoongewas en vrygespreek. Om te weet ek is waardig om Sy bruid te wees en Hy wil vir my ook die oorvloedige lewe gee.

Liewe bruid,

Jy hoef nie gebukkend te gaan onder skuldgevoellens nie, ons Hemelse Man het jou vergewe en skoongewas en wil vir jou die oorvloedige lewe gee. Moenie toelaat dat die vyand jou wysmaak dat jy niks verdien of nie waardig is om enigiets van Hom te ontvang nie, ook nie dat jy gebind is aan jou sondes nie. Jy is vry en skoongewas en verdien alles wat Hy vir jou wil gee. Los dit by Sy voete en weet jy is vergewe en vrygemaak toe Hy vir jou gesterf het.

“As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.” 1 Johannes 1:9 NLV

“'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” Johannes 10:10

Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!