Hy Sit Net Die Regte Woorde in My Mond

♕Belofte van vandag: "Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom" Filippense 1:6

~ Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Sjoe, hoe begin ek die lofprysing... Vir julle om te verstaan hoe groot die Here is, al weet julle dit alreeds, moet ek so bietjie terug gaan. Kom saam asseblief:)

'n Paar jaar terug het ek en 'n vriendin gebid dat ek van die huis af werk en dat ek die kinders tuisonderrig gee. Dit was die begeerte van my hart, maar ek het daai dag saam met haar gebid en dit vir die Here gegee.

Jare later kry ek toe die geleentheid om van die huis af te werk en met die epidemie, begin ek toe my kinders tuisondderig gee. Die Here is fantasties is Hy nie?

Die vorige week was die kinders by hulle pa met vakansie vir 'n week en ek het heerlikste week saam met my Hemelse Man gehad. Dit was 'n week van vrede en sommer net ons tyd saam geniet. Toe die Vrydag kom het ek geweet dat daar 'n moontlikheid gaan wees vir my vorige man om my te bel, en ek het vir die Here gevra, net nie vandag nie asseblief. En hy het nie daai dag gebel nie, toe hy my die volgende dag bel, sê hy, hy het probeer om my die Vrydag te bel, maar kon my nie in die hande kry nie. Hahahaha, hoe getrou is my Hemelse Man?

Toe die kinders die Maandag terugkom, omdat ek so baie tyd saam met die Here spandeer het, het ek geweet iets is oppad, ek het nie geweet wat nie, maar iets. Die Maandag oggend toe sê my vorige man vir my, hy dink daaraan dat ons seun dalk volgende jaar hoërskool toe moet gaan. My binneste het koud gevoel, maar my uiterlike het kalm gebly, want dadelik het die Here vir my gesê dat Hy die goeie werk sal voltooi wat Hy begin het. My vorige man het my laat weet dat hy in die week 'n vergadering met my sal reël om dit te bespreek.

Die hele week het my kop gemaal met wat ek alles vir hom gaan sê, maar elke keer het ek met my Hemelse Man gepraat en dit vir Hom gegee. Hy sal op die regte tyd woorde in my mond plaas.

Die Vrydag oggend bel hy my sodat ons oor die tuisondderig kan praat en so getrou soos die Here nog altyd was, bly Hy natuurlik en sit net die regte woorde in my mond. My vorige man was 'n speurder en werk dus op feite en bewyse en ek kon vir hom al die feite en bewyse gee, maar terselfde tyd erken dat ek nie 'n professionele onderwyseres is nie en nee, dalk het ek nie die ondervinding om my seun te leer nie.

Die storie is baie langer as dit, maar ek moet net vir julle een stukkie vertel sodat julle kan verstaan dat niks van dit ek was nie, want ek kon dit nie in my krag doen nie. Ek het gevra, waar kom die vandaan, want ons het mos klaar besluit die is 'n permanente reëling. Iemand wat hy ken is 'n hoërskool onderwyser en sy het gesê sy dink nie ek gaan die mas opkom nie.

My eerste reaksie sou gewees het: "Wat het dit met haar te doen?", maar die Here se reasksie was: "Ek kan verstaan hoekom sy so voel, dit maak sin dat sy bekommerd sal wees." Hahaha, ek het die wind uit sy seile gevat en hy het vir my geluister terwyl ek al my feite op die tafel lê. Het ek gesê wat ek wou, het dit 'n argument geword. Weereens, net Sy goedheid en trou!!!

Kom die Maandag, toe ek hom vra, of hy al gedink het oor wat ons gepraat het. Ja, hy het en hy dink ons kan maar aangaan met die tuisonderrig tot in graad 9! En dit is natuurlik nie al nie, met Hom is daar altyd meer!

Sou die kinders dalk sukkel met Wiskunde, kan hulle op 'n naweek hulle boeke saambring en dan sal hy hulle ook help.

Die Here is so wonderlik, ek het nie woorde vir hoe getrou Hy is aan ons nie. My hart vloei oor van dankbaarheid.

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #WbdH om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Werkers by die Die Huis is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!