Hy Sal Deurvoer Wat Hy Begin Het

♕ Belofte van vandag: “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” Fillipense 1:6

Luister na Mercy se ☊ Lofverslag

My ma het my geskakel en gevra dat ek asseblief vir haar na n plaaslike winkel naby my moet gaan om vir haar kapsules aan te koop. Dit is nuwe kapsules wat op die mark verskyn het wat beweer dat dit pyn wat deur kanker veroorsaak is te verlig. Sy het gese dat die kapsules R300 kos en dat ek dit asseblief vir haar moet aankoop en saambring wanneer ek weer vir haar gaan kuier. Ek het aanlyn gegaan om te bevesig dat die kapsules wel R300 kos sodat ek genoeg geld kon saam neem. Toe ek in my beursie kyk het ek R350 in note gehad en was tevrede dat ek genoeg geld sou he om die kapsules aan te koop. Tewyl ek gesit het het ek sommer besluit om die kleingeld wat ek in 'n aparte beursie hou uit te sorteer. Ek het dit toe ook getel en dit was R52 se kleingeld. Ek het dit in die ander beursie gelos wat te groot was vir die handsakkie wat ek saam my wou dra winkel toe. Op die laaste ingewing van die oomblik het ek besluit om die kleingeld uit die groter beursie te haal en dit in my klein handsakkie se "beursie" binne in te gooi.

Toe ek by die winkel kom was daar nie die soort kapsules wat sou wou he ter waarde van R300 nie maar wel van R400. Toe besef ek dat die Here dit natuurlik geweet het en dit is waarom hy my gelei het om die kleingeld ook saam te neem. So ek het toe genoeg geld gehad om die kapsules aan te koop met R2 oor!!! Ek verwonder myself daagliks hoe Hy ook vir die klein dingetjies in ons lewens sorg. Ek hoop om in die toekoms 'n lofverslag in te dien met 'n postiewe uitkoms dat hierdie kapsules haar pyn sal verlig omdat tot dusver nog geen voorgeskrewe medikasie dit kon doen nie. Hy sal deurvoer wat Hy begin het.

Fillipense 1:6

“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.”

Wanneer die Here Sy hand in 'n situasie het los Hy dit nie net daar vir jou om voort te sukkel nie. Hy dra jou daardeur en bly by jou totdat die dag wat jy Hom van aangesig tot aangesig sien.

~ Mercy in Botswana
Volg #Mercy Follow #Mercy
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!