Sy Krag Wys Wanneer Dinge Onmoontlik Lyk

♕ Belofte van vandag: “...soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” Jesaja 55:9

Luister na Adina se ☊ Joernaal

Liewe Bruide,

Ek wil graag my joernaal vir Leef die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 1: Kan Dit Sy Plan Wees?, met julle deel:

Om verander te word, vir ons om verander te word, moet ons eers uitgerek word voordat ons geseën word. Ons moet eers teen die Rooi See gedruk word voor Hy dit vir ons oopmaak. Dit is om Sy krag te wys wanneer dinge onmoontlik lyk, maar ook om ons geloof te toets. Dit is alles deel van Sy plan vir ons, die Oorvloedige Lewe wat Hy vir ons het.

Hy sal ons uitrek todat ons voel ons gaan breek voordat Hy die weg oopmaak, ons seëning stuur. Dinge moet hopeloos lyk om Sy mag te wys, om vir Hom 'n wonderbaarlike getuienis te gee. En in die proses wat ons gerek word, word ons geloof getoets en leer Hy ons. Hy leer ons om slegs na Hom te kyk, slegs van Hom afhanklik te wees en by Hom te skuil.Ons moet in totale oorgawe aan Hom en Sy wil lewe, ons moet alles oorgee. Sy planne is groter en beter as wat ons onsself kan indink.

Wanneer ons Hom tot so mate met alles kan vertrou, sal dinge lyk asof dit nie uitwerk nie, of dit al hoe slegter lyk, maar dit is deel van Sy plan...wanneer ons deur als gaan, met ons oë gerig op hom, sal ons die eindstreep bereik en die prys verkry. Hy is ook vir ons wie ons nodig het in ons lewens, as jy 'n vaderlike figuur nodig het, is Hy vir ons 'n vader. As ons 'n man nodig het, is hy vir ons 'n man.

My herstel reis voel op die oomblik vir my soos 'n situasie waar ek gerek en gerek word. Dinge begin al hoe slegter en onmoontliker lyk. En dan is daar nog ander gebiede soos finansies wat ook "afdraande" gaan. Maar nou is die tyd om na hom te bly kyk, by Hom te skuil, tot Hy die Rooi See oopmaak. Dit is moeilik om dinge so te sien, maar die hoofstuk het dinge so mooi verduidelik en my oë oopgemaak.

Liewe Bruide,

Sy planne vir ons is die beste, Sy wil is die beste. Alles is deel van Sy plan wat ons dalk nie nou verstaan nie, maar ons moet vashou aan Hom deur al die beproewings, wegkruip by Hom en weet Hy gaan die Rooi See op presies die regte tyd oopmaak!

 “...soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” Jesaja 55:9

“Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar.” Deuteronomium 32:4

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #LOL Tag om die LOF uit hierdie lewensveranderende boeke te lees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!