Hy Herinner My Altyd Aan Sy Goedheid

♕Belofte van vandag: "Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?" Matteus 6:26-27

~Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

My dogtertjie, Mia, het skielik oornag siek geword. Ek het geen idee of dit 'n virus is of iets wat sy geëet het nie. Ons het 'n moeilike nag gehad, maar sy is nou bietjie beter, prys die Here.

My prys gaan oor die feit dat ek somtyds die gesondheid van my kinders as vanselfsprekend aanvaar. Toe ek met my Hemelse Man hieroor praat, het Hy my herinner hoe gesond my kinders is.

Ek wil Hom vandag prys en dankie sê vir ons gesondheid. Die feit dat ons vanoggend kon opstaan en die mooi bome om ons kan sien en die vars lug inasem is klaar so groot seën en dan voeg Hy net nog meer daarby.

As ek net die tyd vat om saam met Hom te sit en te luister, herinner Hy my altyd aan Sy goedheid en trou en hoe lief Hy vir my en my kinders is.

"Kyk ’n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel. Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie. Allesbehalwe!"
Mattheus 6:26-27DB

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!