Hy genees my (hulle het dit nie)

In plaas van vernedering en minagting sal my volk ’n dubbele deel ontvang van voorspoed en ewige vreugde.“Want Ek, die Here, het geregtigheid lief. Ek haat diefstal en misdaad. Omdat Ek getrou is, sal Ek my volk beloon vir hulle lyding. Ek sluit ’n verbond met hulle wat vir altyd sal bestaan. ‭‭‭‭J‭61:7‭-‬8‬NLV‬‬

Mag die Here, die Bron van vrede, self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. Mag die Here met julle almal wees. 2T‭3:16‬NLV

‬‬Toe ek die les "He Healed Me, They Don't Have It" gelees het, het ek die volgende geleer:

  • Die een wat my seer gemaak het kan nie my seer weg vat nie.
  • ń Ander persoon kan nie my seer weg vat nie.
  • Dit is net die Here wat my seer kan genees.
  • Niks en niemand het wat ek nodig het nie, net die Here het wat ek nodig het.

Ek moet hierdie vir die Here sê:

Here, Jy is al wat ek wil he.

Here, Jy is al wat ek nodig het.

Here, Jy is al waarvoor ek lewe!

En wanneer ek my Hemelse Vader nodig het kan ek dit so sê.

Vader, Jy is al wat ek wil he.

Vader, Jy is al wat ek nodig  het.

Vader,  Jy is al waarvoor ek lewe!

Waar ek nou op my reis is en vandat ek die waarheid geleer het deur RMI wou ek baie graag vry/genees wees van rook, deur die les het die woorde my gehelp om my gedagtes te hernu. Elke keer wat ek voel ek soek na 'n sigaret, sê ek die woorde:

Here U is al wat ek nodig het.

Here U is al wat ek wil  hê.

Here U is al waarvoor ek lewe!

Sigarette kan nie vir my gee wat ek nodig het nie. Dit het nie wat ek soek nie. Dit is nie waarvoor ek lewe nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Hy genees my (hulle het dit nie)”

  1. Dankie dat jy deel wat jy geleer het kosbare Kristy en die pragtige beloftes. Ek is so dankbaar dat ons kosbare Here besig is om jou vry te maak van sigarette en ja net ons kosbare Here het wat ons werklik nodig het en net Hy kan ons die vrede gee, wat alle verstand te bowe gaan, waarna so baie nog opsoek is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui