HM het weer vir ons deurgekom

Ek wil my Hemelse Man net loof en prys omdat Hy weer vir my en my meisiekind deurgekom het en haar hondjie gesond gemaak het.

My voormalige man (Kevin) het so 3jr terug vir my dogter ‘n miniatuur worshondjie gekoop. Ek en voormalige man en skoonma deel ook toesig oor die hondjie. So die hondjie bly so tussen die drie huise :):).

So 3 weke terug was die hondjie weer vir so week by my en die Dinsdag het ek agtergekom sy is baie stil, gewoonlik blaf sy vir als en is die heeltyd in en uit die huis uit. Maar nie daardie dag nie. Ek het haar toe gaan soek en toe ek haar uit haar mandjie uithaal kon sy nie op haar agterpote staan nie. Ek weet worshondjies is geneig om rugprobleme te ontwikkel en na ek dit vinnig eers met my Hemelse Man bespreek het, het ek Kevin gebel om toestemming te kry om die hondjie veearts toe te vat. Kevin het vir my gevra om asb die hondjie dadelik veearts toe te vat en hom dan net te laat weet wat die rekening is sodat hy kan betaal.

Ek het vir my HM gevra dat dit asb nie ernstig sal wees nie want my dogter huil nou nog oor ons Jack Russell wat agv ouderdom en kanker uitgesit moes word, en sy is elke keer in ‘n toestand as ons kat Milo vir ‘n dag of twee gaan rondloop. Sy is ontsaglik lief vir haar hondjie en ek kon nie haar hart so gebreek sien as iets met Mietsie (die worshondjie) moes gebeur nie.

Die veearts het na Mietsie gekyk en haar twee inspuitings gegee en nog ‘n klomp medikasie en met streng instuksies om haar vir 10 dae stil te hou. Die eerste twee dae na die besoek was daar nie veel verbetering nie, maar die derde dag het Mietsie weer begin loop, sy kon nie die trappies by die deure op en af klim nie, ek het haar maar opgetel en oorgedra, maar sy kon al loop, PTL!!! By die 5de dag het sy weer soos voorheen geeet en vir die wind geblaf 🙂 \o/\o/. My voormalige skoonma het haar op die tiende dag kom haal om weer vir ‘n ruk by haar te gaan bly en sou haar dan ook sommer vir haar opvolg besoek vat by die veearts.

Ek kan net my Hemelse Man loof en prys omdat hy die hondjie genees het en my dogter van die hartseer gespaar het om haar hondjie nou al te verloor aangesien Mietsie nou eers 3jr oud is.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!