HERSTELDE Huweliksgetuienis: “Ek Moes My Hart Gee”

♕Belofte van vandag: "Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie." Jeremia 33:3

☊ HHG Lofverslag

Carina, hoe het jou herstel eintlik begin?

Die Here het my eerste herstel, ek was 'n twisgierige, manipulerende vrou, ek wou hê alles moes op my manier gedoen word. Ek wou altyd die besprekings wen en die besluite is deur my geneem.

Carina, hoe het God jou situasie verander, terwyl jy Hom heelhartig gesoek het?

My Here het vir my gewys dat solank ek nie my hart en my huwelik aan Hom gegee het nie, niks sou verander nie. Ek het begin deur die Bybel te lees, wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie, ek het die psalms gemerk wat tot my hart gespreek het, dié wat ek geweet het vir my was. Van daar af het ek vrede in my hart begin kry.

Carina, watter beginsels, uit God se Woord (of deur ons hulpbronne), het die Here jou tydens hierdie beproewing geleer?

Sy woord het my elke dag bemoedig en die verse waarop ek altyd geleun het, was die volgende:

Psalm 126:5 "Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring." Jeremia 33:3 "Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie." Psalm 91.1 "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet."

Carina, wat was die moeilikste tye waardeur God jou gehelp het?

Die moeilikste oomblik in hierdie beproewing was toe my suster probeer uitvind het of Loyd nog 'n kind het. In hierdie bediening het hulle my geleer dat ek nie die vyand moet glo nie. Ek het my suster gevra dat as sy die waarheid uitvind, dat sy dit vir haarself sou hou, want ek wou dit nie weet nie.

Carina, wat was die "keerpunt" van jou herstel?

Teen die tyd wat my dogter getroud is, was die haatmuur af en het dinge vriendeliker met Loyd geraak. Sonder om eers met mekaar te praat, het die kleur van my rok by die kleur van sy das gepas. Dit was maar een van baie dinge wat my Geliefde gebruik het om vir my te wys dat alles op die regte pad is.

Carina, vertel ons HOE dit gebeur het? Het Loyd net by die voordeur ingestap? Carina, het jy vermoed of kon jy sien dat jy naby aan herstel was?

Teen Kersfees was ons verhouding nog gesonder, maar niks wat gewys het dat hy van plan was om terug te keer huis toe nie. Eendag het my dogter my by die werk gebel en vir my gesê dat haar pa vroeg by die huis was. Sy het vir my gesê: “Ma, ek dink pa wil huis toe kom”. Toe ek die middag ná werk daar aankom, was hy reeds daar. Hy het my toe gevra of hy kan bly en ek het geantwoord: "Natuurlik, dit is jou huis." Ek het 'n idee gehad dat herstel naby was, maar ek het altyd alles in die hande van my Hemelse Man gelos.

Carina, sal jy veral enige van ons hulpbronne aanbeveel wat jou gehelp het?

Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel was baie nuttig op my herstelreis. Hierdie verse uit Sy woord was ook nuttig om my elke dag te bemoedig.

Psalm 126:5 "Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring." Jeremia 33:3 "Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie." Psalm 91.1 "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet."

Carina, sal jy belangstel om ander vroue te help aanmoedig?

Ja

Carina, hoe dit ook al sy, watter soort aanmoediging sal jy graag ten slotte by vroue wil laat?

Liewe Bruide, ons Hemelse Man het ons lief en dit is Hy wat ons vir 'n kort tydjie van ons aardse mans skei om ons aandag te trek. Hy moet eerste in ons lewens wees en ons moet aan Hom getrou wees.

Lees Meer Getuienisse in ons
Deur die Woord Van Hul Getuienis Boek 1.

IS JOU Huwelik HERSTEL

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui