HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 3 VERVOLG….

Onsekerheid sal jou vernietig
Indien jy ‘n probleem ondervind met dubbel-hartigheid, moet jy God se Woord lees en op God se Woord mediteer, want dit is die enigste waarheid! Jy moet ook jouself afsonder van enigiemand wat vir jou aanhou vertel dat jou huwelik nooit kan of sal herstel word nie, of iemand wat aanhou om vir jou te vertel dat wat jy wil doen verkeerd is. En jy moet die “waarheid” aan almal vertel oor jou geloof in God om jou huwelik te herstel.

Hoe om jou Geloof te vermeerder God se Woord.
Hoe kan ons, ons geloof vermeerder? “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.” (Rom. 10:17). Lees God se Woord en die getuienisse van ander. Omsingel jouself met vrouens wat baie gelowig is en saam met jou sal glo. Daardie vrouens wat glo in God se beginsels sal by jou staan en jou help. Baie keer as jy voel dat jy nie meer geloof oor het nie, moet jy die bietjie wat jy het, ook weggee. Bel iemand wat aanmoediging nodig het en gee vir haar die laaste druppel van jou geloof. Jy sal die telefoon neersit en verheug wees omdat God jou gevul het met geloof. Lees 1 Konings 17:12–15 om te onthou hoe die weduwee haar laaste stuk brood vir Elia gegee het en die wonderwerk wat sy ontvang het!

In my eie lewe het ek ervaar dat dit die heel beste is om met so min as moontlik mense te praat oor jou situasie. Ek het vir die God gevra vir 'n goeie vriendin, wat dieselfde as ek geglo het en God het my gebed verhoor. En God het selfs nog verder gegaan en my by hierdie bediening uitgebring, waar ek sommer nou baie vriendinne het.

God se woord is so belangrike beginsel in jou stap. God se woord is weriklik kragtig, lewendig en skerper as enige tweesnyende swaard, so lees en mediteer op God se woord, ek weet dit het my lewe verander. Saam met God se woord help dit my so ongelooflik baie om ander se getuienisse daagliks te lees, want dit het nog elke keer gehelp om my geloof te versterk.

Die beginsel om iemand aan te moedig juis as jy nie meer baie geloof het nie, is net so belangrlike beginsel, dit versterk altyd my geloof want baie keer is mens so self gesentreerd oor jou eie seer, dat jy vergeet daar is so baie seer reg rondom ons en wie weet dalk bemoedig jy iemand want heeltemal wou opgee en saam met dit word jou eie geloof versterk.

Herstel Jou Huwelik

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 3 VERVOLG….”

  1. Liefste Janine,
    Ek is al lank so besig met hierdie reis maar eindelik begin ek nou eers! Dit het my baie lank gevat om so baie dinge te verstaan maar elke dag openbaar God dinge aan my.
    Ek het vandag besluit om Kursus 1, Les 3 deur te gaan en presies wat jy gese het, is ook in die les!
    Dubbelhartigheid … ek dink dis presies waar ek is! Ek het geglo dat God my huwelik KAN herstel maar ek het nie geglo dat Hy hom SAL herstel nie. Ek het nie genoeg geloof gehad nie!
    Ek was ook vandag in ‘n situasie oor ietse wat ek gehoor het oor my man en die AV. Dit was nie vir my lekker om dit te hoor nie, maar vir die eerste keer het ek nie daarop reageer nie en dit dadelik vir God gegee. Ek kan nie glo dat die gevoel so vinnig verby gegaan het en nie my hele dag omgekrap het nie!
    Baie dankie vir hierdie bemoediging!

    1. Wow liefste Col, is dit nie fantasties hoe die Here ons antwoord en vir ons leiding gee, selfs deur ‘n les. En die skrywer sê juis ons geloof word versterk deur iemand anders aan te moedig en jou post het my nou aangemoedig. Ons dien ‘n wonderlike God en kyk hoe openbaar Hy daagliks dinge aan ons.
      En dis natuurlik nooit lekker om iets van die AV te hoor nie, maar ons wonderlike God is so getrou, want kyk wat doen Hy die oomblik toe jy dit vir Hom gee en die vyand kry nie reg om jou dag om te krag nie, want God is in beheer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui