Herstel Jou Huwelik – Hoofstuk 16

Uittreksels uit die boek Herstel Jou Huwelik

Hoofstuk 16 Sleutels van die Koninkryk van die Hemel

“En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee…” —Matt. 16:19

Memoriseer. Oordink Sy wet dag en nag. Memoriseer die beloftes wat by jou bly sodat dit diep in jou hart insink. Jy moet God se beloftes ken indien jy alleenlik op Hom wil staat maak. “Maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink Sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” (Ps. 1:2,3).

https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/

Hierdie is vir my so belangrike beginsel want ons is geneig om te veel oor ons lewens te praat en boonop te veel negatiewe dinge oor ons lewens te sê. Om God se woord te memoriseer was vir my van baie groot waarde toe ek depressie gehad het.

Kosbare liefste vrou verander jou woorde oor jou lewe, memoriseer ons wonderlike Here se beloftes, want "Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21

Lees hierdie kragtige vers wat my so geraak het:

‘So seker as Ek leef,’ sê die Here, ‘Ek sal met julle maak soos Ek julle hoor sê het. N14:28

Die Woord is vol pragtige beloftes, vul jouself daagliks met Sy Woord deur dit te memoriseer totdat deel is van jou hele wese. Ek deel graag weer een van my gunsteling verse:

...ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg. J35:10

Luister asseblief na nog beloftes wat ons wonderlike Here vir my gegee het in my seerste tyd en dit het my met soveel hoop gevul wat ek weet dit vir jou ook sal doen: https://youtu.be/EinwajbNIMI

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “Herstel Jou Huwelik – Hoofstuk 16”

  1. Ja liefste Janine sy woord en beloftes wat Hy in sy woord gee vir ons is al wat ons deur die dag en nag bring wanneer ons selfs op ons laagste is en als te veel voel en sy liefde wat Hy self deur Sy word vir ons gee.

    1. Hello liefste Kristy.
      Dit is so waar wat jy hier se, die liefde en beloftes wat Hy is sy woord gee is wat my ook deur trek! Ons Here is so wonderlik. 😊

    2. Ja kosbare Kristy dit dra ons en ek’t self gesien eers is dit net ‘n kop ding, maar hou aan die pragtige beloftes memoriseer want dan word dit diep in ons harte gegraveer.

  2. Dankie vir hierdie mooi herinnering vandag! Ek voel ek het ‘n oomblik weer in die woestyn rond gedwaal, maar vandag probeer ek weer. Ek gaan nie ‘n sekond mors nie, ek gaan nou dadelik my wonderlike HM soek en net woord spreek oor my lewe en oor my omstandighede waarin ek op hierdie oomblik is. My lewe voel so deurmekaar hierdie laaste 3 dae, maar die Here se woord is ‘n belofte. HY LEI MY! 💕

    1. Ja kosbare Mila, ek het so negatief hierdie week gepraat omdat dit nie my hartsbegeerte was om te trek nie en toe herinner ons wonderlike Here my weer aan my woorde en ek Hy my uit depressie gehelp het deur Sy woord te verklaar oor my lewe en ek weier ook om ‘n sekonder verder te mors op enige negatiewe woorde oor my lewe.
      “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” ‭‭IIK‭1:20‬ ‬‬- https://www.bible.com/af/bible/6/2CO.1.AFR83

    2. dear Mila, In times when so much is coming our way, it is best that we cling to our Heavenly Beloved. One thing I have learned here in this ministry is that the greater the struggle, the greater the testimony to His honor and glory. But also certainly the greater the blessings you will receive. No, our days are not always easy, but He has told us that He has left us His peace and has already overcome the world. There are so many Bible verses that pop into my head right now. The one I would like to share with you is:

      [19] The Lord is near to those who are broken in heart, and He saves those who are crushed in spirit. [20] Many are the calamities of the righteous, but the Lord delivers him from them all; Psalm 34:18
      ‭‬‬
      [17] But I cry to God, and the Lord will save me. [18] Evening, morning, and noon I complain and groan; He hears my voice. [19] He delivers my soul in peace from the war against me, for there are many against me. [20] God hears, and He will humble them – He who sits enthroned from of old – Selah those who are unrepentant and do not fear God. Psalm 55:17

      I would also like to recommend this lessons to you. https://loveatlast.org/fc/living-the-abundant-life/chapter-3-the-wave-of-adversity/ AND https://loveatlast.org/fc/living-the-abundant-life/chapter-4-when-do-i-give-up/
      When I read it, it gave me so much wisdom and strength not to resist every trial but to simply praise our Lord.

      Much love 🌹
      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
      Liewe Mila, In tye wanneer soveel oor ons pad kom, is dit die beste dat ons vashou aan ons Hemelse Geliefde. Een ding wat ek hier in hierdie bediening geleer het, is dat hoe groter die stryd, hoe groter die getuienis van Sy eer en heerlikheid. Maar ook seker hoe groter die seëninge sal jy ontvang. Nee, ons dae is nie altyd maklik nie, maar Hy het vir ons gesê dat Hy Sy vrede vir ons nagelaat het en reeds die wêreld oorwin het. Daar is soveel Bybelverse wat nou in my kop opduik. Die een wat ek graag met jou wil deel is:

      Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. P34:19
      Maar ek, ek roep God aan, en die Here sal my verlos. Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem. Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my. God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie. P55:17-20

      Ek wil ook hierdie lesse vir jou aanbeveel.
      https://uiteindelikhoop.com/lewe-die-oorvloedige-lewe/h3/
      https://uiteindelikhoop.com/lewe-die-oorvloedige-lewe/h4/

      Toe ek dit lees, het dit my soveel wysheid en krag gegee om nie elke beproewing te weerstaan ​​nie, maar bloot ons Here te loof.

      Baie liefde 🌹

      1. Dankie kosbare Kristien, dit is beslis die beste om aan ons wonderlike Here vas te hou.
        Dankie vir die deel van hierdie pragtige beloftes.
        ~~~~~~~~
        Thank you precious Kristien, it is definitely best to hold on to our wonderful Lord.
        Thank you for sharing these beautiful promise

  3. Liefste Janine. Ek is so maklik om negatiewe woorde uit te spreek sommer net in my daaglikse gesprekke. Vandag het jy my herinner aan hoe kragtig ons tong is en dat ons versigtig moet wees wat ons spreek want lewe en dood is in die mag van die tong. Dankie vir die bevestiging. Van vandag af spreek ek net lewe oor my en almal om my en ek sal God se beloftes oor my lewe bid.

    1. Ek moet ook erken kosbare Betty, ek het self veral met die trekkery en toe het ons wonderlike Here my laas nag weer herinner toe ek depressie gehad het en Hy my geleer het om my woorde te verander en hoe my lewe verander het. En vandag sê ek, ek is opgewonde oor my reis saam Hom, want ek trek dan saam met Hom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui