Lees Antonia se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Hy het My Gedruk en Geloop"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 16 “Sleutels van die Koninkryk van die Hemel” 
 

“En Ek sal jou die sleutels van die
koninkryk van die hemele gee
” 

Matt. 16:19.

Jesus het vir ons die sleutels van die hemele gegee om die aarde mag te “bind” en die hemel te “ontbind”. “En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.” (Matt. 16:19).

Boei eers die sterk man. Soek ‘n vers wat van toepassing is op wat jy wil verwyder. Wanneer iemand in sonde “geboei” is, moet jy eerstens daardie “sterk man” of sonde bind, wat die persoon vir wie jy bid in sonde vashou. Soek ‘n vers wat jy kan bid. Hier is die beginsel: “Niemand kan in die huis van ‘n sterk man ingaan
 as hy nie eers die sterk man boei nie
” (Mark. 3:27). Bind en breek die sonde wat die persoon gebonde hou. “Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.” (Spr. 5:22).

Vervang die sonde met iets goeds. Dit is baie belangrik! “Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sĂȘ hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit uitgevee en versierd. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.” (Luk. 11:24–26).

Indien jy nie vervang nie. Indien jy nie vervang wat jou verwyder het nie, sal die situasie baie erger word as wat dit aanvanklik was voordat jy begin bid het. Jy moet altyd iets boos vervang met iets goed. Dit is die rede hoekom baie mense wat ‘n dieet volg eintlik net vetter word. Hulle stop om die slegte te eet of probeer glad nie eet nie.  Hulle vervang nie dit wat weggeneem is met iets goeds nie, byvoorbeeld, gebed, om te stap, oefening of om iets te eet wat goed is vir hulle.  ‘n Ander voorbeeld is wanneer iemand ‘n baie vetterige vel het.  Sy was haar gesig met seep en sit miskien iets op om die olie uit te droog.  Dan, na ‘n paar ure is dit meer olierig.  DermatoloĂ« sal sĂȘ jy moet die olie wat jy verwyder het vervang met ‘n room.

Vervang die leuens met die waarheid. Die waarheid kan net in God se Woord gevind word. Tensy wat jy hoor, wat jy lees, of wat iemand jou vertel saamstem met die beginsels wat jy in God se Woord vind, is dit leuens!

Vervang die “arm van die vlees” met die “Here.” Vervang vertroue in “die arm van die vlees” (jousself, ‘n vriendin, wie ookal) met volle vertroue in die Here. “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.” (Efe. 6:10).

Vervang weghardloop met na die Here hardloop! “God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoĂ« mate beproef.” (Ps. 46:2). Hardloop na die boek van Psalms! Lees Psalms (en Spreuke) elke dag. Lees die Psalm wat ooreenstem met die dag van die maand, tel dan elke 30ste Psalm totdat jy by die einde van die boek kom, lees dat die hoofstuk van Spreuke wat ooreenstem met die datums (b.v., elke 5de dag van ‘n maand, sal jy Psalms 5, 35, 65, 95, 125 en Spreuke hoofstuk 5 lees.) ‘n Maklike manier om dit te onthou is om te skryf waarheen jy volgende moet gaan lees onder aan die bladsy van elke Psalm (b.v., einde van die 6de Psalm sal jy “36,”skryf en aan die einde van die 36ste Psalm sal jy “66”skryf.  Wanneer jy by Psalm 126 kom, sal jy “Spr. 6” skryf.) Aangesien Psalm 119 so lank is, kan dit op die 31ste van elke maand gelees word.

Vervang uitroep aan ander mense met na God uitroep! Hy belowe om jou te hoor en jou onmiddellik uit jou omstandighede op te tel! Maar jy moet eers uitroep! Moenie vir jousself dink, “Wel, God het my nog nooit voorheen gehelp nie!” Indien Hy nie gehelp het nie, is dit dood eenvoudig omdat jy nie gevra het nie. “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind
” (Matt. 7:7).

 Berei voor vir Oorlog

Sit daagliks jou wapenrusting aan soos beskryf in EfesiĂ«rs 6:10–18.

Bly staande teen die liste van die duiwel. “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.”(Efe. 6:10–11). Onthou wie die regte vyand is: Satan, en nie jou eggenoot nie.

Volle wapenrusting van God. “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wĂȘreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.” (Efe. 6:12–13). Weerstaan die vrees wat veroorsaak dat jy weghardloop of moed opgee.  Staan vas! Psalm 37 is goed om te lees wanneer jy vol vrees is. 

Staan dan vas. “Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord
” (Efe. 6:14). Mense praat oor – “uitstap in geloof”.  Hou op beweeg en staan vas.  Dit kan die verskil wees om God te vertrou.  Soms voel dit of ons geloof het maar eintlik gooi ons onsself van ‘n hoĂ« rots af soos Satan vir Jesus gesĂȘ het om te doen. 

Ons moet nie ‘n stap in geloof vat nie maar eerder stilstaan in die geloof.  Ons moet staan en glo wat reg is.  As ons ‘n stap in geloof vat kan ons dalk afval van die hoĂ« rots. Maar later in die les sal jy opmerk dat God ons partykeer vra om uit die skuit te klim en op die water te loop. Oordeel word hier benodig. Een reĂ«l wat dalk kan help is die dringendheid van die situasie. Ons “vlees” bring gewoonlik daarmee saam ‘n dringendheid, maar God sĂȘ gewoonlik ons moet wag.

God se geregtigheid. “
met die borswapen van die geregtigheid aan
”(Efe. 6:14).God praat van Sy geregtigheid en nie joune nie. Hy vertel ons in Sy Woord dat al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed is. (Jes. 64:6).

Evangelie van vrede.  “en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.” (Efe. 6:15). Jy kan hierdie belofte aangryp in Matteus 5: “Salig is die vredemakers!” Wees rustig met almal ten alle tye!

Die skild van geloof. “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.” (Efe. 6:16). Jy moet geloof hĂȘ—nie in jouself nie—geloof in God alleen!  Omstandighede het niks met geloof te doen nie.  Glo in Sy Woord alleen vir die waarheid van jou situasie. 

Helm van verlossing. “En neem aan die helm van verlossing
” (Efe. 6:17). Jy moet een van Sy kinders wees om die Geestelike stryd te oorwin. Dit is so maklik as om nou hier te sit en met God te praat. Vertel Hom net in jou eie woorde dat jy Hom baie nodig het, doen dit nou. Vra Hom om Homself vir jou te wys. Gee vir Hom jou lewe, ‘n lewe wat jy ‘n totale gemors van gemaak het en vra die Here om dit te vernuwe. 

Vertel Hom dat jy sal doen wat Hy vra, aangesien Hy nou jou Here is. Vra Hom om jou sondes te vergewe. Dankie dat Hy gesterf het aan die kruis en vir jou sondes betaal het. Jy kan glo dat jy nie meer alleen is nie en dat God altyd daar is vir jou. 

Swaard van die Gees. “Vat
die swaard van die Gees--dit is die woord van God
” (Efe. 6:17). Gebruik Sy Woord om die stryd te wen.  Wanneer die stryd die Here s’n is, is die oorwinning ons s’n.  Skryf die versies neer wat jy nodig het om jou te help in jou stryd.  Hou dit altyd by jou.  Wanneer jy voel vrees oorweldig jou, lees die versies. (Sien Romeine 8:15 en Psalm 23 vir wonderlike verse teen vrees.)  Roep uit na God.  Staan sterk in die geloof. “Laat staan en weet dat Ek God is” (Ps. 46:11).

Bid by elke geleentheid in die Gees. “Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees” (Efe. 6:18). Bid uit die dieptes van jou Gees.  Bid drie maal ‘n dag.  Dit is waarom DaniĂ«l in die leeukuil gegooi is.  Moenie bekommer nie – as jy in die leeukuil gegooi word sal God die leeus se bekke toesluit!

Waak met alle volharding. “
en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.” (Efe. 6:18). Bid vir iemand anders wanneer die vrees jou oorweldig. “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (2 Kor. 12:9–10). Nadat jy vir iemand gebid het, bel hulle en vertel hulle daarvan.

Bid vir diegene wat jou vervloek. God vra dat ons moet bid vir ander mense: ons vyande, elkeen van hulle. Bid vir hulle en vra God om jou te wys wat jy moet doen om hulle te seen. Dit was eers nadat Job gebid het vir sy vriende, dat die Here vir hom teruggegee het wat hy verloor het. “En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.” (Job. 42:10). “Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet jul vyande liefhĂȘ; seĂ«n die wat vir julle vervloek
” En Jesus gaan aan om vir jou te vertel hoekom jy dit moet doen. “
sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is.” (Matt. 5:44–45).

Ken God se Woord

Sy Woord sal nie leeg terugkeer nie. Jy moet God se Woord ken en verstaan – daardeur sal jy die beloftes van God sien. Die grondslag is uit Sy Woord en wanneer ons met Hom praat deur Sy Woord en gebed sal dit nie kragteloos terugkom nie.   

Dit is God se belofte aan jou! “So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” (Jes. 55:11). Sy begeerte is dat jy die bose oorwin. Jy moet doen wat Godself waarborg. Aanvaar geen namaaksels of afbeeldings.

Soek grondslae in die Bybel. Soek wysheid. God sĂȘ dat as jy soek sal jy vind. Deur God se woord kry jy wysheid. Hoe dieper jy na iets kyk hoe beter sal jy dit verstaan. “En Ek sĂȘ vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.” (Luk.11:9). Sodra jy weet wat om te doen kan jy dit toepas in jou lewe. “Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.” (Spr. 24:3–4).

Lees die Bybel met diepe insig. Merk die verse in jou Bybel. “Verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.” (Ps. 37:4). Merk die versies sodat jy dit vinnig kan kry as jy dit nodig het (of wanneer jy ander na die waarheid lei). In Luk. 4:4–10, hoe het Jesus geantwoord toe Satan Hom probeer tempteer? “Maar Jesus antwoord en sĂȘ vir hom: ‘Daar is geskrywe’
 ‘Daar is geskrywe’
 ‘Daar is geskrywe
’” Gebruik ‘n spesifieke kleur potlood vir die verskillende beloftes.

Memoriseer. Oordink Sy wet dag en nag. Memoriseer die beloftes wat by jou bly sodat dit diep in jou hart insink. Jy moet God se beloftes ken indien jy alleenlik op Hom wil staat maak. “Maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink Sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” (Ps. 1:2,3).

Maak nie saak hoe erg dinge lyk nie – God is altyd in beheer. Ons kan ons berus in die wete dat God in beheer is—ons is nie en Satan defenitief ook nie. “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.” (Luk. 22:31–32).

Beproewing. Jesus het geweet wat die uitkoms gaan wees, maar Petrus moes nogsteeds deur ‘n tyd van beproewing gaan, om gereed te wees vir God se roep op sy lewe. Sal jy gereed wees wanneer Hy jou roep?  “Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.” (Jak. 1:4).

Geestlike Oorlog

Neem elke gedagte gevangenne. Jou stryd sal gewen of verloor word in jou gedagtes. “Terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.” (2 Kor. 10:5–6). Moenie toelaat dat die vyand jou manipuleer nie. Wees versigtig waaroor jy dink. Neem jou gedagtes gevangene!

Die Krag van Drie

Wanneer twee of drie saamstaan. Kry twee ander vrouens wat saam met jou kan bid. “En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste. Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ‘n klip geneem en dit onder hom neergelĂȘ, dat hy daarop kon sit. En AĂ€ron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.” (Eksod. 17:11–12). 

Vra vir God om twee ander vrouens oor jou weg te stuur wat saam met jou kan staan sodat jy nie te moeg raak nie. Vra vir God om vir jou twee geskikte persone te help kies.

Die krag van drie. “En as iemand die een aanval, kan altwee hom teĂ«stand bied; en ‘n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.”(Pred. 4:12).

Om jou maat op te tel. “Twee is beter as een, want hulle het ‘n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ‘n tweede is om hom op te tel.”(Pred. 4:9–10).

Hy is in hul midde. “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” (Matt. 18:20). “Toe het koning NebukadnĂ©sar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesĂȘ: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sĂȘ aan die koning: Sekerlik, o koning! Hy antwoord en sĂȘ: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos diĂ© van 'n godeseun!’” (Dan. 3:24). Jy is nooit alleen nie!

Stem saam. “Weer sĂȘ Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.”(Matt. 18:19). Wanneer jy sukkel om vrede te hĂȘ, kry iemand wat glo om saam met jou te bid.

In die bres staan. “En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.”(Esek. 22:30).

Bid vir mekaar. “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.” (Jak. 5:16). Belydenis is die beste manier om ‘n suiwer hart te kry.

Doen belydenis. Esra het geweet wat om te doen terwyl hy bid: “En terwyl Esra bid en hy wenende neerval en belydenis doen voor die huis van God
” (Esra. 10:1). Hou aan om die waarheid te bely.

Wanneer hou jy op met bid? Nooit! Ons het ‘n wonderlike voorbeeld daarin, dat God nie altyd nee sĂȘ wanneer ons gebede nie onmiddellik beantwoord word nie.

Groot is jou geloof. Die Kanaanitiese vrou het aangehou om Jesus te vra om haar dogter gesond te maak. Die resultaat: “Toe antwoord Jesus en sĂȘ vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hĂȘ. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.” (Matt. 15:28). Wanneer ons vir iets bid volgens God se wil en dit lyk of Hy nie die gebed verhoor nie of ons dink Hy sĂȘ “nee”, wil God dalk hĂȘ ons moet aanhou vra, pleit, vas en glo!

Die stryd is vir sy siel. Die stryd in jou huis is vir jou man se siel! Onthou dat jy hierdie belofte het: “
en jou hele huis gered sal word.” (Hand. 11:14). Onthou, ‘n man is geheilig deur sy vrou. “Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou... Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red?” (1 Kor. 7:14–17).

Gebed en Vas

Gebed en vas.  Jesus het Sy apostels vertel, “Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.” (Matt. 17:21). As jy vurig gebid het en gekyk het of jou bedoeling rein is, dan is vas dalk die volgende stap. Daar is verkillende maniere om te vas:

Drie dae vas. Dit is hoe Ester gevas het. “Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag;  ek ook met my dienaresse sal net so vas.” (Ester 4:16). Hierdie vas (of die sewe dag vas) het ook ‘n ander voordeel, vir die twisgierige vrou, of die wat te veel praat: jy sal te swak voel om te stry of argumenteer!!

Dag vas. Die dag vas begin in die aand na u aandete. Jy drink net water totdat die 24 uur verby is, dan eet jy die volgende dag se aandete. Jy vas en bid. Dit kan ‘n paar keer ‘n week gedoen word. 

Sewe dag vas. Die vas is sewe dae lank (sewe dae beteken gewoonlik die einde van iets). “En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel.” (Neh. 1:4). Gewoonlik wanneer jy in diep smart is vas jy vir sewe dae.

My knieĂ« knik van vas. Wanneer jy honger of swak is, maak tyd om Sy Woord te lees en te bid. “My knieĂ« knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.” (Ps. 109:24).

Deur mense gesien kan word. Wanneer jy vas moet jy dit so stil as moontlik hou. Moenie kla of enige aandag op jousself vestig nie. “En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sĂȘ vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” (Matt. 6:16–18).

Baie mense sĂȘ hulle kannie vas nie. As dit om mediese redes of swangerskap is kan jy enige goeie ding vas.” Dit is nie ‘n verskoning om nie te kan vas omdat jy werk nie!

Bly staan en aanskou. Wanneer jy klaar gebid het, doen dan wat die Bybel sĂȘ: “Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die Here by julle.” (2 Kron. 20:17).

Niemand mag roem nie. God sĂȘ ons is hardnekkig. Wanneer die geveg gewen is of die oorlog verby is moet ons trots wees op God. Laat ons nederig bly. “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efe. 2:8–9). 

 “Moet dan nie in jou hart spreek en sĂȘ: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid
 verdryf die HERE hulle voor jou uit. Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie
 want jy is 'n hardnekkige volk. 
was julle wederstrewig teen die HERE.” (Deut. 9:4–7). 

Ons het almal sonde en het nie genoeg lof vir God nie. Ons moet dit onthou wanneer die geveg gewen is. Ons geregtigheid is soos 'n besoedelde kleed. Loof die Here!

Die krag van jou beproewing is ‘n teken dat jy naby aan oorwinning is. Jou beproewings mag kragtig wees wanneer jy naby aan oorwinning is. “Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Open. 12:12).

Jy moet stry op die regte manier. Doen wat God sĂȘ; dit sal werk! Moenie probeer om jousself te verdedig nie, dit veroorsaak meer kwade gevoelens. “En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik. Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seĂ«n inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seĂ«n kan beĂ«rwe.” (1 Pet. 3:8,9). Stap daardie ekstra tree en seĂ«n jou eggenoot.  Vra vir God hoe Hy jou eggenoot wil seĂ«n.

Hierdie is ‘n geestelike oorlog. “Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?” (Matt. 26:53). Ons Hemelse Vader sal al die engele bymekaar roep om oorlog te doen in die “hemele”. Dit is daar waar die ware oorlog is. “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wĂȘreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Efe. 6:12). 

Jou eggenoot is nie die vyand nie. “Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie ĂČf van die sonde tot die dood, ĂČf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?” (Rom. 6:16). Iemand wat vol sonde is, is ‘n slaaf van die duiwel. 

Ons mag dink dat een wat sonde het buitengewoon is, maar so is ons ook as ons aanhou wraak neem. (Onthou, dit behoort aan God alleen!) “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp.” (2 Kor. 10:4). Laat ons eerder by die wortel van die kwaad begin as die simptoom.

Wees bedrewe. Wees bedrewe en los die uitslae oor aan God. “As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit jou hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.” (Dan. 3:17,18). 

Die seuns het geglo dat God hulle sal oorgee maar hulle het steeds God gehoorsaam. Al sou hulle self sterf, sou hulle steeds gedoen het wat God wou gehad het hulle moes doen. Die seuns het nie doodgegaan, die tou wat hulle vasgehou het het losgegaan toe hulle in die vuur stap. Het jy ‘n tou wat jou bind (sondes, bekommernis) – God sal help. Dit is Sy oorlog! Roep na die Here; Hy is ons verlosser.

Persoonlike verbintenis: om die “sleutels” van die hemele te gebruik. ““Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek my om die sleutels van die koningkryk van die hemele te gebruik om oorlog te doen. Ek sal nie in die vleeslike veg nie, maar gebed en vas gebruik om dit te beveg wat teen my huwelik, familie en my is.”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui