GOD HOOR DIE GEBED VAN ‘N MA

Ek gee God al die lof en eer.

Ek en my suster het op skool baie vasgesit en dit het voortgeduur na skool. Ek is seker of laat ek eerder sê ek weet my ma het baie gebid dat ek en my suster oor die weg moet kom, want ek weet dit het haar baie ontstel wat te verstane is.

God het my ma se gebede beantwoord en vandag loof en prys ek God, want ek en my suster is beste vriendinne en nie net vriendinne nie, maar 'n span wat saam bid soos nog nooit. En daarom wou die vyand natuurlik keer dat hierdie twee sussies saamstaan, want hy't geweet so hard as wat ons kon baklei, so hard gaan ons kan bid!!!

Een van ons gunsteling Bybelverse as ons saamstem in gebed:

MATTEUS 18:19-20 AFR83
Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

Moet nooit ophou om op God te vertrou nie, GOD HERSTEL.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “GOD HOOR DIE GEBED VAN ‘N MA”

  1. Dankie my liefste Janine, dit is so pragtige vers en kyk hoe mooi herstel Hy ons verhoudings met die mense om ons. So pragtig!

  2. Dankie Janine vir die mooi boodskap. Ek en my broer het op skool net so erg vasgesit, eintlik kon ons mekaar nie verdra nie :), maar met tyd het ons verhouding verbeter en vandag praat ons omtrent elke liewe dag met mekaar. Ons is mekaar se steunpilare en bemoedig mekaar. Ons Hemelse Man herstel alle verhoudings in ons lewe. Mal oor daardie vers wat jy gedeel het.

    1. Liefste Adina, eks so bly jy en jou broer kom nou so goed oor die weg. Amen ons Hemelse Man herstel beslis alle verhoudings.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui