MEDITEER OP GOD SE WOORD

As ek terugkyk of my lewe besef ek, dat ek so baie dood oor my eie lewe en my situasie gespreek het.

SPREUKE 18:21 AFR53
Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

In die boek: HOE GOD JOU HUWELIK KAN EN SAL HERSTEL, word daar verduidelik hoe ons, ons gedagtes moet vernuwe en in die gees moet veg:

Kry 3x5 kaartjies en skryf verskillende Bybelverse neer wat jy kan gebruik om jou gedagtes te vernuwe om in die Gees te veg (die Swaard van die Gees is die Woord van God), of om dit te gebruik as jy ‘n aanval van vrees, twyfel of leuens ervaar. Hou dit by jou en lees dit oor en oor. Hou op om so baie oor jou probleme te praat, luister na God en lees Sy Woord. Psalm 1 gee ‘n belofte aan jou “…maar iemand wat in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” Prakties gesproke, as jy hierdie boek lees en oorlees tot ‘n punt waar dit uitmekaar val of tyd maak om die 3x5 kaartjies te maak met die verse wat jy nodig het, sal jy nie kan help om op die Woord te mediteer nie. Omtrent elke vrou wat ek ontmoet wat ‘n gerestoreerde huwelik het, het een van hierdie dinge of albei gedoen.

My lewe het heeltemal verander toe ek op die Woord van God begin mediteer het en lewe oor my eie lewe begin spreek het. Vandag dink ek twee keer oor wat ek sê en ek spreek die Woord van God in my lewe in.

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “MEDITEER OP GOD SE WOORD”

  1. ek het hulp nodig met my huwelik man bly nou al n week by n ander vrou ons dogtertjie is 8 jaar oud.
    ek soek my man terug by ons

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui