GENESENDE LIEFDE – DEEL 2

Asseblief luister hoe ek en Esther verder oor 'n baie sensitiewe onderwerp gesels wat sy as kind deur is en hoe sy dit reggekry het om te vergewe.

Vergifnis is moonlik as mens dit met die Here se hulp doen, al voel ons op daardie stadium nie lus om te vergewe nie.
Ek sluit die eerste deel ook hierby in, as jy die eerste deel gemis het:

GENESENDE LIEFDE

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “GENESENDE LIEFDE – DEEL 2”

  1. Dankie liefste Esther, jy het presies beskryf hoe ek gevoel het. Ek wou nie vergewe nie, maar die onvergifnis het my so diep in myself laat inkeer. Dit het gemaak dat ek ‘n muur rondom my gebou het en niemand ingelaat het nie. Dit het my hele uitkyk oor hoe ek gedink het oor mans en wat hulle van vrouens wil hê so deurmekaar gemaak. Dit het selfs die manier wat ek aan liefde dink verander. Ek het met al die woede en verwronge idees in myself rondgeloop tot ek Hom ontmoet het. Wow, ek het nou trane in my oë, dankie dankie dankie, dat julle twee bereid was om oor die vreeslike sensitiewe onderwerp te praat. Ek kan ook getuig dat toe ek na Hom toe gaan en met Hom praat daaroor, het genesing eers plaagevind. Ek stem 100% saam dat om met ‘n berader te praat nie die oplossing is nie.

    1. Dankie dat jy gedeel het liefste Yvonne, ja oor so sensitiewe onderwerp wat tog so nodig is om te bespreek want so baie loop met daardie seer stoksiel alleen en in hulle huwelike in en besef nie altyd dat hulle na Hom toe kan gaan met dit nie.

  2. Dankie Esther vir hierdie kragtige boodskap. Dit is so waar, Hy is ons Wonderbare Raadsman, ons Geneesheer, ons alles. Ons wil so vinnig na beraders en sielkundiges toe hardloop, maar dit bring nie ware genesing nie, en soos jy gese het, dit bring net elke keer iets anders op wat ons nog verder laat afsak in die diep, slymerige put. En vergifnis is so moeilik, maar dit bring vir ons genesing en bevryding uit die tronk van verbittering en pyn. Ons moet vergewe en met Sy hulp, kan ons.

    1. Dankie liefste Adina, ja vergifnis is so moeilik, dit moet ek self ook erken, maar dis so nodig om te vergewe en ja die bevryding en genesing wat daarmee saam kom verlos ons rerig uit ‘n tronk uit.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui