Ek Wil Elke Litteken Met Trots Dra

♕ Belofte van vandag: "...en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak." Lukas 9:11

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

My lofverslag vandag gaan oor hoe my Hemelse Man my genees van alles waardeur ek gegaan het in my huwelik asook my kinderdae.

Ek het so rukkie terug Leef die Oorvloedige Lewe , Hoofstuk 10 "Van Binne na Buite" gelees en die joernaal ingevul maar wat my getref het van die les is oor die genesing wat ons kan kry van ons Groot Geneesheer en dadelik, die wonde hoef nie oop te bly en te sweer nie.

Ek het my Hemelse Man toe gevra om my te genees van al my seerkry...en ek moet sê ek was vir 'n rukkie spyt daaroor:) maar as ek terugkyk was dit so die moeite werd.

Ek het begin om terugflitse te kry, goed wat ek net probeer vergeet het, en elke keer het dit gevoel hoe ek inmekaar krimp van pyn, maar toe onthou ek my gebed en wat ek Hom gevra het. So elke keer as 'n herinnering teruggekom het, het ek dit vir Hom gegee en gevra om daardie wond te genees, die herinnering uit te vee en die pyn rondom dit weg te vat.

Hy is so getrou en het sover elke herinnering se angel weggevat en as ek nou daaraan dink, AS ek daaraan dink, maak dit nie meer seer nie. Hy het my ook gewys dat Hy by my was gedurende elke insident waaraan ek gedink het, maar op daardie stadium kon ek Hom nie voel of ervaar nie.

Het my beproewinge gedurende hierdie tyd vermeerder? Ja, baie, maar ek kon elke keer daardeur kom, partykeer het dit my bietjie langer gevat, maar Hy was daar by my en het my hand vasgehou. En in hierdie proses, alwas dit by tye seer en moeilik, het Hy my nog meer verander en nog meer
gevorm.

Liewe Bruide, Hy kan elke seerkry genees, elke gapende wond gesond maak en selfs die littekens wegvat. Maar ek het Hom iets gevra, ek het op 'n stadium 'n kunsvorm gesien wat hulle gebruik om duur porselein potte ens. reg te maak met suiwer goud, so jy kan sien waar dit gebreek het, maar die krake is gevul met suiwer goud. En ek het Hom gevra om my hart so te laat lyk, want ek wil elke litteken met trots dra want dit het my gevorm en gemaak wie ek in Hom is. Elke seerkry het my op hierdie pad saam met Hom gebring en ek sal en wil dit met trots dra.

"Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee . . ." Esegiël 36:26

"Maar die mense het dit te wete gekom en agter Hom aan gegaan. Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak." Lukas 9:11

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!