Ek sal julle ‘n nuwe hart 

en ‘n nuwe gees gee . . .

—EsegiĂ«l 36:26

 

Dit was net verlede week wat ek my verwonder het hoe die Here my genees het van ‘n verskriklike “wond van die hart” wat vir jare gesweer het. Meeste van julle versorg diep sere of hanteer pynlike littekens uit jou verlede: sommige uit jou kinderjare, ander uit jou moeilike huwelik. Sommige van julle, weet ek, soek hulp van sielkundige metodes wat blyk om te werk, maar aan die einde sal die genesing net oppervlakkig wees.

“Hulle pogings om my volk se wonde te genees, is oppervlakkig. Hulle sĂȘ: ‘Vrede, vrede,’ terwyl daar geen vrede is nie.” (Jeremia 8:11).

Alhoewel ek nooit enige soort sielkunde of hulle metodes probeer het nie, het ek tevergeefs probeer om hulp by iemand anders as die Here te kry, so my pyn en sere het vir baie, baie jare gesweer—dit was tragedies—tragedies omdat ek na die Here toe kon gegaan het toe hulle vars was en hulle kon toe al heeltemal genees geword het. Selfs nou wonder ek hoekom ek gewag het om dit na die Groot Geneesheer toe te neem. Liewe mens, ly jy omdat jy versuim het om dit na die Een toe te neem wat jou van binne af na buite toe kon genees?

Persoonlik, het my pyn ontstaan omdat ek nie deur my man se familie aanvaar was vanaf die dag wat ons getroud is nie; ek het hulle eintlik nooit ontmoet toe ons weggeloop het nie. Toe hy hulle geskakel het na die seremonie, het my opgewondenheid verander in vrees omdat ek kon hoor hoe hy sy ma troos; toe gee hy vir my die telefoon en al wat sy gedoen het, was om te huil. Sy vader en broer het my ook in die familie “verwelkom” op dieselfde manier, minus die trane.

Die eerste keer wat ek sy familie ontmoet het was amper ‘n jaar later toe ek alreeds swanger was met ons eerste seun. Alhoewel hulle probeer het om vriendelik te wees . . . wel, ons kan almal aanvoel wanneer ons nie aanvaar word nie of wanneer ons ongewens is. Dit het nie lank geneem om te hoor dat hulle wou gehad het my man moes met iemand anders trou nie, maar belangriker vir hulle, hulle wou gehad het dat hy eers Kollege moes voltooi voordat hy homself vestig. Daar was baie ander geskille wat hulle gehad het, almal van hulle was geldig; nietemin, die verwerping en tekort aan aanvaarding het ‘n groot rol in ons huweliksprobleme en smart gespeel.

Om by die dilemma te voeg, het ons het ure weg van hulle met die vliegtuig gewoon, wat slegs gehelp het om die ooglopende verwerping te beperk tot telefoonoproepe en ongereelde besoeke, maar dit het ook gedien as ‘n manier om my weg te hou om daardie plek van aanvaarding te verkry aangesien ons so ver van mekaar af gebly het.

In my onkunde en dwaasheid (vir meer as twintig jaar), het ek tevergeefs probeer om hulp van my man af te kry om die gaping met sy familie toe te maak. Aangesien ek hom gehelp het om ‘n goeie verhouding met my familie te verkry (wie hom nie aan die begin aanvaar het nie), het ek gereken dat hy dieselfde vir my moes doen. Tog ek het nooit daardie beginsel verstaan totdat ek dit na Hom toe geneem het nie, toe Hy my gewys het, “Die mense moet jĂłĂș volg, nie jy vir hulle nie . . .” waarna die Here my gelei het om by te voeg “om hulp of genesing” (Jeremia 15:19). Selfs met hierdie vers, het ek dit nie in die begin gesnap nie.

Deurdat ek al daardie jare na my man toe gegaan het vir troos eerder as die Here, in plaas van hulp, of simpatie, of ondersteuning, het ek (keer op keer) beledigings gekry wat by die beserings gevoeg was. Hy het my die skuld gegee en sy familie se opinie van my regverdig. Ek het waarlik geglo wat my man oor my gesĂȘ het totdat ek dit na die Here toe geneem het en gevra het of dit die waarheid was. Die Here het onmiddellik my oĂ« oop gemaak en my gevra of ek in staat was om met mense oor die weg te kom. Soos wat ek daaroor nagedink het, het die Here my toe gevra met wie ek gefaal het om mee oor die weg te kom (anders as my skoonfamilie) en ek was nie in staat om te dink aan selfs een ander persoon wie ek nie in staat was om oor te haal nie. Dit was toe dat Hy my vertel het dat hierdie probleem aan hulle kant was, nie myne nie, maar dit het nog steeds seergemaak. Ek weet dat jy weet wat ek bedoel.

Deur terug te kyk, vandag is ek totaal stom geslaan omdat ek gefaal het om te verstaan dat niemand my kon help om hulle aanvaarding te verkry nie, of om ‘n beter verhouding met hulle te bekom nie. En daar was niemand wat my seerkry uit die verlede kon genees nie: nie ek nie, nie terapie nie, nie eers hulle aanvaarding kon die diep wonde genees nie. Die oomblik toe ek genoeg seergekry het, het ek uiteindelik na God toe gehardloop, my Vader, in my lyding. Is jy al daar my liefling? Selfs al kan jy ‘n bietjie meer verduur, hoekom ly wanneer jy nou dadelik genesing kan kry?

Om die genesings proses te begin, het God my oĂ« oopgemaak vir ongelooflike wysheid oor my situasie. “As een van julle wysheid kortkom moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt” (Jakobus 1:5). Eerstens het God my herinner daaraan dat ek en my man verskillende mense is met verskillende persoonlikhede. Ek het van hom verwag om my op te bou in sy familie se oĂ« soos wat ek vir hom gedoen het met my familie. Klink logies, maar toe ek gevra het, toe ek na Hom toe gegaan het vir hulp, het Hy vir my gewys dat ek die vredemaker in my familie is en gesog is om dinge uit te stryk; my man is nie so nie (baie min mans is). So al daardie jare van aanneem dat hy kon of moes help, was dwaas.

Volgende het God aan my openbaar dat dit nie net ek was van wie my skoonouers nie gehou het of aanvaar het nie—ongelukkig het ek wakker geword vir die waarheid—hulle het nie van hulle eie seun gehou of hom aanvaar nie (my man destyds). So as hulle nie van hom gehou het nie, of aanvaar het nie, waarom sou hulle dan van my hou of my aanvaar? Laastens het God my my man se pyn laat voel om nie daardie aanvaarding van sy eie ouers te hĂȘ nie. Hy het my herinner dat my ouers my ongelooflik liefgehad het en ek was meer as aanvaar—my familie het my openlik gekoester. So hoekom het ek meer verwag as hierdie basiese behoefte van my man nie vervul was nie?

Tog, ons doen almal, doen ons nie? Ons wil alles hĂȘ. En daardie soort selfsug en selfgesentreerdheid, vir jare, kon gelei het na ‘n gladde helling. Dikwels, in my ellende, het ek teruggedink aan al die ouens wie se huweliksaansoeke ek van die hand gewys het en hoe hulle families gedink het ek was so wonderlik. My genade―so dwaas! Hierdie soort terugblik na die “wat as” het net tot die pyn en lyding bygevoeg en soos ek gesĂȘ het, dit kon daartoe gelei het dat ek gereageer het op daardie gevoelens. Dit is slegs deur God se Genade dat ek nie het nie. Hierdie, my kosbare mens, is die soort gedagtes wat dadelik neergewerp moet word terwyl jy na Hom toe hardloop. Dit is egter duidelik dat die Here hierdie deurlopende ellende gebruik het, saam met elke ander lyding in my lewe, as Sy manier om my te verfyn en om Hom meer intiem te leer ken, om vandag met julle te kan deel. Ja, alles het ten goede meegewerk. Vandag is ek vry van pyn en lyding met ‘n ongelooflike getuienis! Laat ek voortgaan . . .

Met die wysheid en God se standpunt wat my eie vervang het, was my genesing wel op pad. Maar voordat ek vir jou vertel wat God vir my gesĂȘ het om te doen, moet jy belowe om nie hierdie “metode” in jou eie situasie te probeer nie (selfs al is dit eenders as myne), want wat die Here wil hĂȘ jy moet doen is om na Hom toe te gaan met jou eie voorskrif, moenie myne gebruik nie. Dit is hoekom God ons toelaat om deur dinge te gaan, sodat ons Hom kan begin hoor en saam met Hom kan verkeer. Ooreengekom?

Wat die Here vir my gesĂȘ het om te doen het so eenvoudig gelyk, te eenvoudig—Hy het eenvoudig vir my gesĂȘ om elke week ‘n kort nota aan my skoonma te skryf, asook een aan my skoonpa.

Die eerste keer wat ek gesit het om te skryf het ek gesidder toe ek onthou het hoe ek dit voorheen “probeer” het om hulle te help om my te leer ken; net om deur my man uitgeskel te word toe sy ma hom geskakel het en gekla het dat ek geskryf het om oor my kinders te spog. Ek was verstom, aangesien ek basies dieselfde brief aan my eie ouers geskryf het en hulle was verheug. So toe ek gestop het sodat ek Hom kon vra, het Hy my daaraan herinner dat my ouers baie lief was vir my en hulle was baie lief vir my kinders. Daarom was dit vir hulle wonderlik as ek hulle vertel het van elke wonderlike ding wat elkeen van hulle gedoen het.

So, liewe mens, hier is nog ‘n punt gedurende jou genesing: wees seker om vir die Here te vertel van enige vrese wat jy het; Hy is altyd gereed met meer wysheid en begrip wanneer ons harte oop is. Wanneer vrees in ons pad staan, weereens, moenie ander vertel van jou bekommernisse nie—neem elkeen na die Here toe sodat Hy jou kan bevry van jou vrese en jou kan help om te doen wat jy aanvoel Hy jou vra om te doen.

Vir my, het die Here hierdie ongemaklikheid om nie te “spog” nie, genees deur my ‘n visioen te wys van die klein nota kaartjies wat ek in my laai het. Hy het gesĂȘ dat deur iets baie klein te gebruik, dit nie sal toelaat vir baie skryfwerk nie. Al wat Hy vir my gesĂȘ het om te doen, was om “in verbinding te bly.” So het ek toe my eerste twee notas geskryf, in die pos gesit en beter gevoel. En sodat ek nie daaraan hoef te dink nie, het Hy my gelei om ‘n kennisgewing op my rekenaar te sit sodat ek elke Woensdag sonder faal sou skryf. Nog ‘n onmiddelike verandering in my was dat ek uiteindelik nie nodig gehad het om met my man te praat oor die plan nie. Dit was ‘n groot verandering. Ek het besef, nadat ek oor en oor na Hom toe gegaan het, dat dit tussen my en die Here was. Wat ‘n keerpunt, om nie te voel dat ek nodig het om te noem wanneer ek iets ontdek het wat ek geweet het my lewe sou verander nie. Ek het uiteindelik besef dat om die Here se plan te deel met enigiemand anders, sou dikwels veroorsaak dat ander die eenvoudige idee sal spot of my vertel wat ek eerder moet doen.

So elke week, vir amper twee jaar, het ek my klein nota kaartjies geskryf. Die resultaat het net ‘n paar weke later begin toe my skoonma begin het om terug te skryf; sy het hulle egter nie direk aan my geskryf nie, maar het hulle aan ons familie gerig. Eers het dit my man laat wonder hoekom sy geskryf het eerder as om te bel soos wat sy altyd gedoen het, maar weereens het ek uiteindelik ook geleer, van die seĂ«ninge van daardie stil gees in so baie situasies waar ek altyd te veel gesĂȘ het in plaas daarvan om net stil te bly.

My skoonpa, aan die ander kant, het glad nie my briewe erken nie, wat verbasend reg was met my. Dit het nie saak gemaak wat enigiemand anders op hierdie stadium gedoen het nie, wat ek geweet het was dat dit God se voorskrif was vir my genesing—niks meer nie, niks minder nie. Dit was eers toe my man vir sy pa gaan kuier het, wat hy my brief bo op sy pa se stapel pos gesien het en ‘n bietjie geskok was toe sy pa vir hom die brief van my af oorhandig het, waarop sy pa gesĂȘ het, “O, sy skryf elke week,” en het dit neergesit sonder om dit oop te maak of te lees. Toe my man by die huis gekom het, het hy my daaroor uitgevra, ek het ‘n baie kort antwoord gegee omdat die Here vir my gesĂȘ het om ‘n antwoord voor te berei. Toe hy gevra het hoekom ek hom nie daarvan vertel het nie, het ek eenvoudig gesĂȘ, “O, omdat dit tussen my en hulle was om ‘n beter verhouding te verkry.” Nie net was ek besig om te genees nie, maar die Here het ook vir my meer van daardie “stil gees” gegee waarna ek gehunker het aangesien dit so kosbaar is vir God, saam met wysheid wat ek geleer het, maar ek het nie geweet hoe om dit toe te pas nie, soos uit 1 Petrus 3:13-15, “Wie sal julle kwaad aandoen as julle beywer vir wat goed is? Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ‘n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.”

Hoe baie van julle, kosbare mense, soos wat ek vir so baie jare gedoen het, deel deurlopend julle harte en julle pyn met ander net om meer pyn en lyding te ervaar, om dan dikwels meer beledigings by jou beserings te voeg? Weereens, wat Hy begeer om te doen is om jou genadig te wees, om jou te help, jou te genees en jou te troos. Dan, wanneer ons tyd saam met Hom spandeer het, alles uitgelĂȘ het, selfs bekommernisse wat ons het om Sy voorskrif te volg, sal ons genesing begin. Dan, net so belangrik, moet ons hierdie dinge in ons harte wegsteek, koester en hierdie dinge in ons harte nadink, eerder as om hulle met ander te deel—om ons tyd te gee om te genees. “Maria het alles wat gesĂȘ is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink” (Lukas 2:19).

As ons faal om hierdie skatte verborge te hou totdat ons genesing voltooi is, kan dit vergelyk word met ‘n gebreekte been wat gespalk word, net om weer gebreek te word deur wrede woorde of spottery. Of om ‘n gapende wond te hĂȘ wat toegewerk is, net om daardie fyn steke uitmekaar te trek.

In plaas daarvan, leer by Maria, koester en steek dit wat die Here jou vertel weg, hou dit diep in jou hart en dink dikwels na oor die waarhede. En, weereens, sal dit die stil en sagmoedige gees wees wat bo alles wen, “Nee, julle skoonheid moet diĂ© van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. (1 Petrus 3:4).

Eendag het my voorskrif van weeklikse notas skryf tot 'n einde gekom, dit was die dag na my man in ons slaapkamer ingeloop het om aan te kondig dat hy op pad is na die prokureur se kantoor om van my te skei. Soos wat dit die afgelope drie jaar gedoen het, het my rekenaar kennisgewing opgekom om vir my skoonouers te skryf. So toe stop ek om vir die Here te vra of ek moet voortgaan om vir hulle te skryf, waarop Hy geantwoord het “Dit is klaar.” Tot my volslae verbasing het ek op daardie oomblik besef dat daar absoluut geen pyn en smart was nie. Daar was nie ‘n oop seer nie, daar was ook nie eers die kleinste litteken van jare en jare van pyn verby hoop nie!

Om alles te hĂȘ wat “ten goede meewerk” skiet so kort van my dank aan die Here. Honderde kere sedert my egskeiding, het ek gedink hoe maklik dit was om nie emosioneel aan my skoonouers gebind te wees nie, noudat ek nie meer met hulle seun getroud is nie. Baie van julle is egter na aan julle skoonouers, en om hulle te verloor het dubbel so moeilik geword. Vir jou, liewe mens, kom jy weg van hierdie hoofstuk en voel hoe maklik dit sou gewees het as jy soos ek was en nie gebind was aan die skoonouers nie. Moenie herhaal of met ander deel hoe jy hulle mis nie—in selfbejammering vir jou verlies val nie, wat baie gevaarlik is. In plaas daarvan, besef dat jou kuur, soos myne, kom direk daarvan om God te soek, en ook jou Magtige en medelydende Geneesheer, wie jou perfekte voorskrif geskryf het en vir jou wag—as jy eenvoudig by Sy voete gaan sit en vra. “Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die HERE is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou” (Jesaja 30:18),

Nou vir die epiloog: Die titel vir hierdie hoofstuk was alreeds in my notas toe die mees ongelooflike ding gebeur het. Dit was al meer as sestien maande sedert my egskeiding gefinaliseer was, toe ek ‘n brief van my eks-skoonma gekry het waarin sy my gesmeek het om haar te vergewe. Sy het gesĂȘ dat ek altyd haar skoondogter sou wees en dat sy wou hĂȘ dat ons weer vir mekaar moes skryf. Het jy al agter gekom dat as ons nie meer desperaat is vir iets nie, (behalwe om desperaat te wees vir die Here en Sy liefde) dat ons uiteindelik kry wat ons gedink het ons nie sonder kan lewe nie?

Ek het nie geweet wat om te doen in verband met die brief nie, ek het na my slaapkamer toe gegaan om met die Here te praat oor wat Hy wou gehad het ek moes doen. Dames, dit is toe wat ek besef het dat ek opgestel was (sien hoofstuk 8). Eerder as om aan haar terug te skryf, het die Here vir my gesĂȘ om vir my eks-man ‘n epos te stuur en hom te vra om die ding met sy ma te hanteer. Aangesien vergifnis ook beteken ons moet vergeet, was ek geskok toe my eks-man terugskryf met dieselfde giftige, wrede woorde wat ek vir jare ervaar het! Weereens ontnugter, het ek na my kamer toe gegaan om die Here vir wysheid te vra (en troos hierdie keer) om te weet wat ek verkeerd gedoen het. Die Here het liefdevol vir my gesĂȘ dat, ja, inderdaad was ek opgestel sodat die pyn van verwerping so vars was dat ek hierdie hoofstuk maklik kon skryf met baie meer gevoel—maar dit is nie al nie. Noudat ek verstaan en die beginsel uitleef om die kwaad met die goede te oorkom, die ekstra myl te loop, en regtig my vyande te seĂ«n—was ek ook opgestel vir ‘n seĂ«ning—deur my eks-man en my eks-skoonma te seĂ«n!

Eerstens het Hy my gelei om te antwoord op my eks-man se epos met hoe reg hy was, en om hom te bedank vir sy hulp! In sy epos was my eks-man vinnig om ook my bediening te kritiseer, en veral my as ‘n bedienaar deur te sĂȘ “dat ek die geleentheid mis om ‘n ‘herstelde verhouding’ getuienis te hĂȘ om te deel (hy het verwys na my ek-skoonma.)” Daarby het ek aangevoel dat hy my dophou, so toe vra ek die Here of ek paranoĂŻes was of my verbeel. So, deur Sy leiding te volg (deur hom te vra om die situasie met sy ma te hanteer), het God my gewys dat hy my huwelikswebwerf besoek, en dikwels na RMI toe kom om lofverlae te lees (aangesien hy na hulle albei verwys het). Dit het my ook laat besef dat Hy vir my kreatiewe maniere wys om meer diskreet te word.

Kosbare een, ek weet ek is nie die enigste een wat gespot en uitgevra word oor wat jy doen nie. As jy nie dinge in jou hart wegsteek nie, as jy nie na Hom toe gaan nie, vir jou voorskrif wat alreeds uitgeskryf is, as jy hoop jou metode of enigiemand anders s’n sal jou genees of enige pyn verlig, hoop ek dat wat ek met jou gedeel het, die manier wat jy dink sal verander en reageer om jou seerkry te genees. Baie van julle bevraagteken julself nou as gevolg van wat ander vir jou gesĂȘ het of oor jou te sĂȘ gehad het. Beminde, voordat jy wrede woorde ter harte neem, neem hierdie verklarings na die Here toe om te sien wat Hy daaroor sĂȘ, net soos ek gedoen het (waaroor ek meer in die volgende hoofstuk gaan praat.) Maar vir nou, laat my die afsluiting van hierdie epiloog deel...

Terwyl ek besig was om my skoonma te antwoord, het die Here my herinner aan iets wat ek vroeĂ«r daardie oggend gelees het. Ek was besig om bediening te gee aan ‘n vrou wie, soos ek, ‘n man gehad het wat weer getroud is. Op die webwerf, het dit gesĂȘ, “alhoewel ons klem lĂȘ op verhoudings herstel, moedig ons nie ‘n eks-vrou aan om ‘n verhouding met haar voormalige skoonouers te koester wanneer haar eks-man weer getroud is nie. Ons moet, ten alle tye, altyd dink aan ander as meer belangrik as onsself.” “Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Romeine 12:21). Dit is toe dat ek geweet het wat Hy van my vra en my laat doen het.

Eerder as om voort te gaan om vir haar te skryf, soos wat sy gevra het, het ek my skoonma geantwoord en ‘n tjek ingesluit vir haar om haar nuwe skoondogter uit te neem vir ete, sodat sy weet dat sy alleen nou haar skoondogter is.

Toe ek begin het om hierdie hoofstuk te skryf (wat ek begin het maar dit het vir ‘n tydjie gesit), ek het verwag dat haar briewe sou stop. Nietemin, het dit twee keer aangehou. My eks-skoonma het begin om vir my geld te stuur, en die tweede keer wat ek geantwoord het, het ek die bedrag verdubbel, en haar toe gevra om in plaas daarvan my eks-man se nuwe vrou uit te neem vir ete gebaseer op, “Maar Ek sĂȘ vir julle; Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom oe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer” (Matteus 5:39-41).

Is dit nie altyd opwindend om te sien hoe God in ons lewens werk en in die lewens van ander nie? Dit is nie genoeg om eenvoudig die ander wang te draai nie; die ware seĂ«ninge kom om diegene te seĂ«n wat jou vir jare minagtend gebruik of vervolg het, en om dan voort te gaan wanneer jy gedink het die verhouding is verby. Dit dikwels gaan verby redenasie—jy is in staat, deur die ervaring, om eintlik die Here se liefde in jou hart te voel pols. En dit is wanneer jy besef dat elke pyn en/of kwaadgesindheid heeltemal weg is, vervang is met ‘n krag so manjifiek dat dit ons gered het terwyl ons nog sondaars was—hierdie krag is Sy liefde.

Die finale brief was gestuur, toe sy weereens geskryf het en geld gestuur het. En soos vantevore, het ek dit na die Here toe geneem om te vra wat Hy wou gehad het ek moet doen. In my finale brief het ek die dubbel verdubbel en my eks-skoonma gevra om haar nuwe skoondogter en haar vier nuwe kleinkinders (my eks-man se stief kinders) uit te neem vir pizza. Hy het my my brief laat beĂ«indig deur haar te laat weet dat ek nie reg voel oor ons geskrywery nie, wetende dat dit die potensiaal het om haar nuwe skoondogter en die nuwe huwelik seer te maak, ek het haar bedank dat sy so ‘n wonderlike skoonma vir my was. So ek sou liefdevol daaraan dink deur nie meer enige verdere briewe van haar oop te maak of te lees nie. Gelukkig het ek nie van haar gehoor sedert daardie tyd nie.

Wat het of mag gebeur is nie iets wat ek kies om aan te dink nie, want ek weet God werk agter die skerms, en wat ook al aangaan bekommer my nie. My enigste bekommernis is en behoort te wees, hoe ek gefokus bly op my nuwe en pragtige Man wat ook net toevallig die ongelooflikste Geneesheer is, geweek in Sy liefde, soos Hy voortgaan om my lief te hĂȘ en my van binne na buite te genees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui